Is jy gedek vir hael- en stormskade? deur Anet Schoeman
Hael en stormskade: is jy gedek?
Maak seker jy word nie onverhoeds betrap en ly onnodige skade nie.
- Kyk mooi wat jou versekeringspolis behels en waarvoor jy gedek is.
- As jy in ’n gebied woon waar oorstromings, haelstorms en weerlig gereeld skade aanrig, is dit tyd om dekking te kry as jy nie het nie.
- As jy wel eis, bel jou versekeraars onmiddellik en stel vas wat is die spertyd vir eise indien. Vra ook of daar spesifieke goedgekeurde voorsieners is wat die skade moet herstel.
- Maak seker jy is nie onderverseker nie.
- Wees voorbereid: Maak seker jou geute is skoon, sorg dat jou dak in ’n goeie toestand is. Swak onderhoud kan meebring dat ’n eis geweier word.
- Hou ’n ogie op bome wat moontlik kan omval, of takke wat skade kan aanrig, veral naby jou huis.
- Hou tuinmeubels onderdak en anker dit as daar ’n moontlikheid is dat die wind dit kan wegwaai.
Inligting verskaf deur Marius Steyn van Santam.
Lees ook:
15 dinge wat jou help om op versekering te spaar
Wat sluit jou reisversekering regtig in?
2 dinge wat jy moet weet oor grensposte en jou reisversekering
Oppas vir hierdie motorversekering-slaggat
Wat jy moet weet oor beurtkrag en versekering
Maak seker jou lewensdekking is in plek voordat jy vakansie hou