kategorieë: Leef gesondGesondheid

Is jy dalk uitgebrand? Toets jouself

Toets

1 Ek voel emosioneel dood. Dit is asof ek my werk en my kollegas op ’n afstand sien.
2 Ek het altyd my beste gegee maar nou is ek te moeg om om te gee.
3 Niemand verstaan hoe baie werk ek het nie. Ek voel oorweldig.
4 Niemand help my nie. Ek is afgesny. Ek moet al my werk alleen en sonder ondersteuning gedoen kry.
5 Ek het min beheer oor my werk. Ek is nie deel van die besluite nie. Ek moet maar net doen wat hulle sê.
6 Niemand sê dankie nie. Almal druk my vir meer.
7 Daar is te veel veranderings, en al meer eise. My werkdruk neem net altyd toe.
8 Ek tob heeltyd oor my werk. Ek skakel nooit af nie.
9 Ek stres heeltyd dat dinge gaan skeefloop en dan gaan almal mý die skuld gee.
10 Ek begin die dag moeg. Ek voel nooit vars en uitgerus aan die begin van die dag nie. Moegheid oorweldig my. Ek wens heeltyd ek kan net ’n bietjie wegkom.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Telling

• Ja’s op die eerste twee vrae: Jy het jy waarskynlik reeds uitbranding.
• Vier of meer ja’s op die volgende agt vrae: Jou kans op uitbranding is groot. Maak werk daarvan.
• Drie of minder ja’s: Jou werkstres is normaal

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

As jou telling bo vier is, is dit tyd om planne in plek te sit om jouself te beskerm – emosioneel en ten opsigte van jou gesondheid, want stres skaad ook jou liggaam.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Uitbranding: planne en oplossings

Dikwels is die probleem van uitbranding dat jou vermoë om die situasie te bestuur reeds so ernstig geknou is dat jy juis nie meer net daaruit kan klim nie. Vir perspektief, inspirasie en praktiese planne, lees die volgende artikels:

Die fases van uitbranding
Jou ferritien- en hemoglobienvlakke
Kry nuwe lewenslus
Van kommerkous tot koel komkommer

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

‘Kokkedoor Vuur & Vlam’: Net drie spanne oor ná stormagtige braai-uitdaging

In die 11de episode van Kokkedoor Vuur & Vlam, kykNET se spannende koswerklikheidsreeks, word die…

4 days Gelede

Pak jou somerlinne só weg

Die verandering van somer na herfs beteken dat somer-beddegoed deeglik gestoor moet word tot die…

4 days Gelede

Foute wat jy moet vermy wanneer jy jou slimfoon laai

Deur Jade Rhode   As jy opgemerk het dat jou foon doodgaan na 'n kort…

4 days Gelede

Was jou grimeerkwassies só

Vraag Moet ek my my grimeerkwassies was, en hoe gereeld?  - Tirsa van Staden Lees…

4 days Gelede

‘The Mommy Club’ se Ansu Viljoen: ‘Nie almal is bedoel om in jou binnekring te wees nie’

Showmax se gewilde werklikheidsreeks, The Mommy Club: Van die Hoofstad bied ’n vars, maar soms…

4 days Gelede

Suurlemoen-en-klapper-skywe

Resep deur Vickie de Beer

4 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.