kategorieë: Gesondheid

Is jy allergies?

MELKrooilys

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

– Alle sigbare vorms van melk soos kaas, jogurt, maaskaas, amaas, karringmelk, vla, vlapoeier, drinkmelk, kondensmelk, room, Bulgaarse jogurt, ingedampte melk, sjokolades, quiche, melktert, witsouse, pasta en geregte met ’n witsous of kaassous of béchamelsous. Party kinders is selfs vir beesvleis allergies en moet dan ook steak, maalvleis, frikkadelle, biltong en so aan uitsny.
– Vermy items met op die etiket alles met die term lacto- of lactate, casein, caseinate, kaseïen, melk of milk en dan ook whey, wei, rennin, rennet, curd, delactolosed, milk solids, milk derivatives.
– Daar is dikwels melk in spesialiteitsbrode, gekoopte koekies, beskuit, die meeste margarien, aartappelskyfies met room- of kaasgeure, talle sop- en souspoeiers, doopsouse, mayonnaise, kitsontbytpappe, koffieverromers, talle lekkers, nougat.
– Ligpunt Sommige mense kan verwerkte melk gebruik mits die proteïendeel waarvoor hulle allergies is deels afgebreek is. Laat alle suiwel eers vir ’n week weg en kyk dan of jy op Bulgaarse jogurt reageer. Probeer later kaas, en kyk waar jou grense lê.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

EIERrooilys

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

– Alle sigbare vorms van eier soos in vla, quiche, kaassous, mayonnaise, nougat, meringue, noedels met eier.
– Vermy items met op die etiket alles met
die woorde egg, ovo-, yolk en albumin, en ook egg substitute, egg solids, egg white, powdered egg, globulin, livetin, vitellin, lysozyme, lecithin, lesitien.
– Daar is dikwels eier in vleismengsels soos maalvleis, krummelkorse en gebak.
– Ligpunt Hoewel die MMR-vaksien in eiers berei word, is dit baie veilig vir allergiese kinders.

GRAANrooilys

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

– Alle sigbare vorms van koring soos brood, meel, koek, koekies, beskuit, pizza, pasta, koeskoes, broodkrummels, croissante, broodrolletjies, pasteie, pannekoek, muffins, pretzels en alle vleis in krummels soos cordon bleu-hoenderborsies en nuggets. As jy bykomend vir gluten allergies is, los rog (rye), hawermout en gars (barley) ook. Vermy items met op die etiket gluten, thickening agent, cereal binder, cereal protein, edible starch, food starch, modified food starch, hydrolysed plant protein, hydrolysed vegetable protein, textured protein, wheatened, wheatgerm, durum, triticale, bulgur, spelt, triticum, bran, emmer.
– Daar is dikwels graan in bier, lager, jogurt, roomys, mosterd, kitsvla, kitspoeding, mousse, soppoeiers, souspoeiers, klaarbereide soppe, pastasouse, sousverdikkers, wors, droëwors, maalvleis, burgers, frikkadelle, visvingers en kouevleis soos polonies en Weense worsies bevat gewoonlik meel in een of ander vorm.
– Ligpunt Jy’s veilig as die vervaardiger bestanddele soos starch of protein as non-wheat, wheat-free of gluten-free spesifiseer.

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose
Tags: allergie

Onlangse plasings

Maak vanjaar jou beste jaar

Die lewe is te kort om al jou eie foute te maak. Leer by ander…

4 hours Gelede

Skoonheidsprodukte: foute wat almal maak

Los jy jou potjies se deksels oop of staan jou skoonheidsprodukte in die son? Dan…

5 hours Gelede

Maklike gemmerbier – sonder gis

Maak hierdie maklike gemmerbier - dit bevat nie gis nie! Dis die heerlikste afkoel-drankie.

6 hours Gelede

Ken jou vonkelwyn

Vonkelwyn is ryk aan geskiedenis Die tradisie om met vonkelwyn iets te vier word histories…

9 hours Gelede

5 maniere om jou dag reg te begin

Met hierdie wenke sal jy soggens die spreekwoordelike gousblom eerder as die molshoop wees, al…

9 hours Gelede

Choux-kerskranse

Lewer sowat 9 kranse   Bestanddele   100 g (160 ml) koekmeel 175 ml water…

9 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.