kategorieë: Gesondheid

Is jou ouer depressief?

’n Weesdogtertjie met sagte blonde lokke en helder, bekommerde blou oë steel maklik ’n mens se hart en jy sal enigiets doen om haar te help as sy altyd terneergedruk voel. Wat as sy vasgevang is in ’n gerimpelde vel, dun grys hare en dowwe oë? Wie sal hierdie verskuilde weeskind in háár hartseer bystaan? Wie sal wonder of sy depressief is en gehelp kán word? As jy as volwassene, kind of self as bejaarde wonder of jou hartseer of aggressie eintlik depressie is, kyk na hierdie vraelys. As die antwoorde depressie uitwys, maak al jou moed bymekaar en gaan soek hulp. Jy sal verras wees oor hoe maklik dit is om te kry en hoe groot verskil dit gaan maak aan jou kosbare lewe.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Geriatriese depressieskaal

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Jy kan self die vraelys voltooi maar vra gerus dat iemand saam met jou daarna kyk.
Gee jouself een punt vir elke antwoord in rooi.

1. Is jy oor die algemeen tevrede met jou lewe? Ja Nee

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

2. Moes jy die afgelope tyd aktiwiteite en belangstellings opgee? Ja Nee

3. Voel jy ’n leemte in jou lewe? Voel jou dae lank leeg? Ja Nee

4. Raak jy dikwels verveeld? Ja Nee

5. Is jy meestal in ’n goeie bui? Ja Nee

6. Is jy bang dat iets erg met jou gaan gebeur? Ja Nee

7. Voel jy meestal gelukkig? Ja Nee

8. Voel jy dikwels hulpeloos? Ja Nee

9. Verkies jy om net tuis te bly, eerder as uitgaan of iets aanpak? Ja Nee

10. Voel jy dat jy meer sukkel met jou geheue as die meeste mense? Ja Nee

11. Dink jy die lewe is op hierdie oomblik lekker? Ja Nee

12. Voel jy nutteloos soos jy nou is? Ja Nee

13. Voel jy energiek? Ja Nee

14. Voel jy asof jou situasie hopeloos is? Ja Nee

15. Dink jy die meeste mense is beter af as jy? Ja Nee

Jou telling ……………..


Wat jou punte beteken: Meer as vyf punte dui op depressie.

Lees ook: Depressie: die verkeerdste maniere om dit te hanteer



Wat om te doen as ’n bejaarde depressief is:

Is daar ’n mediese fonds? Sorg dat hy/sy ’n dokter of psigiater spreek.

Is daar nie ’n mediese fonds nie? Ons kliniekstelsel diagnoseer depressie en verskaf medikasie. Bel jou naaste een en vind uit op watter dae hulle bejaardes of psigiatriese pasiënte spreek – dit verskil van provinsie tot provinsie.

Woon jou ouer (of jyself) in ’n aftreeoord? Gesels gerus met die hoof van die oord. Daar is dikwels ’n maatskaplike werker of berader wat spesifiek omsien na emosionele behoeftes onder inwoners.

Gebruik jou ouer (of jy) heelwat medikasie, onder meer slaappille? Slaappille veroorsaak depressie by talle mense. Ander medikasie kan dit egter ook aanwakker. Neem al die medikasie saam na die dokter of apteker, sodat iemand ’n slag kan kyk of daar newe-effekte of kruisreaksies is wat jou ouer se energievlakke en gemoedstoestand kan benadeel. Kyk of die betrokke medikasie met iets anders vervang kan word.

Sluit aan en skakel in. Vind uit watter ondersteuningsgroepe is geskik vir bejaardes en skakel daarby in. Enige ander tipe groep of aktiwiteit kan geweldig baie emosionele ondersteuning bied – van ’n stap- of oefengroepie tot ’n paar mense wat saam musiek luister of ’n televisieprogram volg.

Lees ook: 12 tekens wat wys dat jou depressie beter is


Wat om ook te doen vir depressiewe bejaardes

Lees Naomi Feil se boek The Validation Breakthrough as jy dit in die hande kan kry. Dit kom daarop neer dat bejaardes ’n laaste lewensfase moet voltooi – die bevestiging dat hul lewe die moeite werd en sinvol was. Jou ouer het erkenning nodig vir die sorg, waardes, prestasies en aktiwiteite wat hoogtepunte in hom of haar lewe was. Gee dit ruimhartig!En as jy self die bejaarde is, gun jouself die erkenning wat jou toekom.
Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Soetpatats in die kole

Daar is darem niks lekkerder as patats wat in die kole gebak is nie. Gee…

17 hours Gelede

Soet springmielies

Skiet springmielies so:   Verhit sowat 30-45 ml olyfolie oor hoë hitte in middelslagkastrol met…

17 hours Gelede

Pynappel-en-rooi-soetrissie hoendersosaties

Genoeg vir 4     Bestanddele   4 hoenderborsies in blokkies gesny (gebruik 1 borsie…

17 hours Gelede

‘Kokkedoor Vuur & Vlam’: Daar’s (kos-)liefde in die lug!

In hierdie episode is daar frustrasie, irritasie, hartseer en selfverwyt – alles bestanddele vir ’n…

24 hours Gelede

Smullekker halloumi-en-groente-burger

Plantgebaseerde kosse is nou groot nuus. Dis goed vir jou om meer veselryke groente te…

2 days Gelede

Maryna Calow: Suid-Afrikaanse wyn se grootste ambassadeur

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Kyra Welch.     Maryna Calow is sedert 2016 Wines of…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.