kategorieë: WenkeMode

Is jou bra jou beste vriendin of vyand?

Kies die regte bra

• Maak seker die ondersteuningsdraad rus van jou onderarm, regom tot die middel van jou bors, plat en gemaklik op jou borsbeen. As jou borste oor die keël (“cup”) druk of die draad van jou borsbeen oplig, is jou keëlgrootte te klein.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

• Jou bra moet regom jou lyf gelyk horisontaal sit en nie in ’n U-vorm hang of anderkant om nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

• Die bandjies moet net 20% ondersteuning bied. Daar moet twee vingers tussen jou skouers en die bandjies kan pas. Jou bandjies moet nie in jou skouers insny nie, maar ook nie afgly nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

• ’n Ondersteuningsdraad wat ongemaklikheid verooraak, versuur nie net jou dag nie, maar kan ook tot vele gesondheidskwessies lei.

• Sekere keëlvorms werk beter by sekere borsvorms, kies dus ’n vorm wat voldoen aan die bostaande wenke.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Baie onderklere-winkels bied gratis afsprake waar professionele konsultante jou mates neem en jou die regte keëlvorm help uitkies. Die meeste vroue is onbewus van die kenmerke van verskillende tipes bra’s. Hoeveel van hierdie vorms ken jy?

Half cup
Three quarter cup
Full cup
Tulip full cup
Moulded
Rigid moulded
Push up
Plunge

Meet só

1. Meet die omtrek van jou borskas met ’n maatband. Hou die band reg onder jou borste, maak seker dit is horisontaal. Asem uit as jy meet.

2. Meet nou die omtrek van jou borskas deur die maatband horisontaal oor die breedste deel van jou borste en rug te hou.

3. Die verskil wat jy tussen stap een en stap twee se mates kry, is jou keëlgrootte.

Wanneer jy swanger raak

Tydens swangerskap reageer elke vrou se liggaam anders. Dis nie gevaarlik om tydens swangerskap steeds ’n bra met ’n ondersteuningsdraad te dra nie, hoewel die meeste vroue eerder die draadlose bra verkies. Winkels bied ook ’n inhaakverlenging wat jy agter aan jou ou bra kan aanlas wanneer jou bors groter raak tydens swangerskap. Wanneer jou liggaam na borsvoeding weer herstel het, moet elke vrou vir ’n hele nuwe meet-en-pas-konsultasie gaan, omdat jou liggaam verander het.

Lees ook: Die vleiendste denimromp vir jou figuur

Deel
Gepubliseer deur
Bea Lingenfelder

Onlangse plasings

‘The Mommy Club’ se Johandri: “As dit soos hoërskooldrama voel, hou ek my afstand”

Showmax se gewilde werklikheidsreeks, The Mommy Club: Van die Hoofstad bied ’n vars, maar soms…

16 hours Gelede

Nuwe herfsspyskaart by Creation is meer as kos en wyn

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts     Creation het ook pas by die Eat…

17 hours Gelede

Koek met sjokolade en souterige karamel

Lewer 1 groot koek   Bestanddele   Karamel met sout 200 g suiker 60 ml…

18 hours Gelede

Vyf vrae aan Anna Davel oor Suidoosterfees se ‘Konsert van Hoop’

Die 22ste Suidoosterfees word ingelui deur ’n indrukwekkende konsert van populêre en klassieke musiek. Anna…

19 hours Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Kristen Raath oor ‘Niggies’ en ma-wees op skerm

Hooffoto: Stavros Cassapis   Sedert die eerste episode van Niggies op kykNET uitgesaai is, het…

21 hours Gelede

PAS BEKEND | Nuwe kykNET-reeks verken dramas en intriges van nuuskantoor

Adri Joubert was vir twee dekades die koel, kalm, gerusstellende gesig en stem van die…

24 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.