Is geluk geneties?

Moet jy jou vrolike ouers bedank as jy altyd van geluk straal en elke lewende wese net die beste toewens? Sommige geleerdes meen dat daar ’n “geluksgeen” is en dat dit vir tot die helfte van jou geluk verantwoordelik is.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Die res, meen kenners, skrywers en filosowe, is eenvoudig ’n wilsbesluit. Jy het beheer oor jou gemoedstoestand. Dis ’n keuse. Moenie ander die mag gee om jou deur ’n swart bril na die lewe te kyk nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Besluit eenvoudig om ’n gelukkige mens te wees – net soos wat jy besluit oor wat jy vandag gaan eet of aantrek. Dis onnodig om deur jou DNS gevange gehou te word, sê die wat weet.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Wat navorsing bewys

Sielkundiges aan die Universiteit van Edinburgh, in samewerking met die Queensland-instituut vir mediese navorsing in Australië, het bevind dat geluk deur persoonlikheidsaspekte sowel as oorerflike faktore bepaal word. Party mense het selfs ’n “gelukreserwe” waarop hulle tydens moeilike tye terugval. ’n Meta-ontledingstudie wat in 2005 aan die Universiteit van Stanford gedoen is, het getoon dat genetika ’n rol in depressie vertolk. Dit beteken egter nog nie dat ’n afwesigheid van depressie op die teenwoordigheid van geluk dui nie.

’n Studie in 2011 het belowende bewyse gevind dat mense met ’n sekere geen, genaamd 5-HTTLPR, meer lewenstevredenheid toon. Navorsing toon ook dat sekere eienskappe soos optimisme, geluk en ’n goeie selfbeeld oorerflik is.

’n Studie waarby tweelinge van die Minnesota Twin Registry betrek is, het bevind dat nagenoeg 50% van jou lewenstevredenheid aan gene te danke is. Dit beteken dat 40% aan doelbewuste aktiwiteite en 10% aan eksterne faktore toegeskryf kan word.

Geleerdes verwys ook na “positiewe sielkunde”. Chris Peterson, een van die stigters van die konsep, is bekend vir sy navorsing oor optimisme, gesondheid, karakter en welstand.

Hy sê om te floreer, moet jy jouself aanvaar en empatie vir ander hê en daar is vyf faktore wat tot geluk bydra. Dit is positiewe emosies, betrokkenheid, betekenis, verhoudings, en prestasies.

Lees ook: 7 maniere hoe jy ’n beter vriendin kan wees

Wat die kenners sê

Dr Elmari Mulder-Craig, ’n psigo- en hipnoterapeut, sê geluk is nie iets wat deurlopend is nie.

“Daar is ’n rekenaarprogram in jou liggaam wat met genetika te make het, asook hoe jy grootgemaak is. Jou omstandighede en stresvlakke praat met mekaar.”

Elmari verwys na ’n interessante studie wat oor parapleë gedoen is, wat erge trauma as gevolg van ’n ongeluk beleef het, terapie ontvang het en teruggekeer het na hul basislyn van geluk voor die trauma.

Sy noem daar is vandag baie soorte terapie wat ons help om dieper na ons bloudruk terug te gaan. “Hipno- en gedragsterapie-veranderings kan hiervoor help. ’n Mens kan ook tegnieke aanleer oor hoe om veerkragtiger te wees,” noem sy.

Elmari stem saam met ander kenners dat jou geluk grootliks eintlik by jouself begin. Jy kan nie van ander daarvoor afhanklik wees nie.

“Proe die sjokolade, voel hoe lekker dit is om te oefen, hoe die son op jou vel skyn en hoe lekker dit is om rondom ’n bosveldvuur te sit. Gebruik al jou sintuie. Mense is so besig om te oorleef dat hulle vergeet om te leef.”

Sy sê: “Materiële dinge maak jou nie gelukkig nie. Mense wat jou onvoorwaardelik aanvaar en liefhet maak ’n verskil, asook dit wat jy vir jouself sê.

“Ons is dikwels ons eie grootste vyand. Die gesprekke wat jy in jou kop het versterk die negatiewe neurobane.

“Vanuit my perspektief is aanraking ook belangrik, ook eenlopendes wat drukkies van vriende kry. Drukkies van 60 sekondes stel endorfiene en neuro-oordragstowwe vry wat ’n mens laat goed voel en wat ’n bindingshormoon is. Mense is eintlik maar tropdiere. Ons wil net voel ons behoort.”

Die brein en liggaam

Dr Arien van der Merwe,  ’n mediese dokter, skrywer en spesialis in holistiese gesondheidsberading, spreker en opleier, verwys na die rol wat epigenetika speel.

“‘Epi’ beteken ‘meer as of belangriker as die DNS’. Dis die reseptore op die selmembraan wat onder meer die binding van ‘molekules van emosie’ beheer en dan boodskappe na die kern van elke sel deurstuur wat die gene se proteïenkodering dan bepaal.”

Lees ook: 10 wenke teen stres wat werk

Om dit na genetika en persoonlikheid deur te trek, noem Arien die volgende:

Depressie word dikwels verdoesel. Desnieteenstaande kan genetiese toetse toon waar potensiële genetiese geneigdheid vir persoonlikheid (soos swartgalligheid, angs, ontevredenheid en onvergenoegdheid, negatiewe ingesteldheid) in neuro-oordragstowwe bestaan. Die manifestering van die bepaalde gene in sekere sielskwale kan dan voorkom word, deur die oorkoming van die genetiese potensiaal suksesvol en prakties aan te spreek.

Die jongste kwantumwetenskapnavorsing toon dat minstens 12 stringe DNS bestaan en nie net die twee wat tans fisiek meetbaar is nie. Die ander tien stringe is die sielspotensiaal of spirituele DNS wat ’n frekwensievibrasie veroorsaak.

Die hoogste frekwensie is liefde en dit kan deur daaglikse sielswerk en transformasie die hoofbinding aan die selreseptore word, wat die funksie van fisieke DNS dan beïnvloed om te reageer deur te kodeer vir geluk en gesondheid en optimaal funksionerende selle – ons Godgegewe

erfdeel. Die Goddelike gawe is elkeen van ons se “supermag”. Elkeen van ons reageer op liefde en dit begin by selfliefde.

Al het jy ’n serotonientekort, oorskry ‘liefde’ dit en jy kan ook byvoorbeeld piesangs (ryk aan onder meer triptofaan, voorloper van serotonien), neute (pekan- en okkerneute), probiotika (95% serotonien word deur die dermbakterieë gemaak) eet.

Ons is nie die slawe van ons twee stringe fisieke genetika nie – dus kan mense gerus ophou om te sê “ek het my ma se stres of angstige geaardheid geërf”! Maar deur vas te stel waar genetiese vatbaarheid of geneigdheid bestaan, kan ons daadwerklike en hoogs doeltreffende stappe vir geluk en gesondheid neem. Onthou, ons selle ”voel” soos wat ons voel.

Dr Arien sê daar is ook gelukkige oordragstowwe en hormone met hul funksies, wat geneties bepaal kan word en doelbewus aangemoedig word.

Lees ook: Familievervreemding: Wanneer vriende die nuwe familie word

  • Dopamien is die plesier- en beloningschemikalieë. Dit word afgeskei as take suksesvol voltooi word, deur selfsorgaktiwiteite en klein oorwinnings te vier. Sekere voedselsoorte kan dit aanmoedig, soos amandels, appels en avokadopere.
  • Oksitosien is die liefde- en aanrakingshormoon en dit word afgeskei as jy met ’n troeteldier of baba speel, komplimente gee en kry en deur aanraking. As jy jou eie hand oor jou hartgedeelte plaas, skei die brein oksitosien af, ook as jy jouself en ander omhels.
  • Serotonien is die goedvoelhormoon en gemoedstabiliseerder en dit word afgeskei deur meditasie, draf, swem, dans, fietsry en stap veral in die natuur.
  • Endorfiene is ons eie inherente pynverdower en dit word afgeskei deur lag en spontane lagoefeninge. Dit kan ook aangehelp word deur spesifieke essensiële olies soos roosmaryn, sitrus, bergamot en ylang-ylang, wierook, donkersjokolade (70-90%) en oefening.

Die eienskappe van gelukkige mense

  • Hulle is sielkundig volwasse, maak ingeligte besluite, beskik oor skerp waarnemingsvermoë, stel vir hulself doelwitte en is bewus van hul sterk sowel as swak eienskappe.
  • Hulle is optimisties, goed vir ander, positief, energiek, vol lewenslus, dankbaar, intellektueel nuuskierig, beskik oor selfvertroue, integriteit en is aanpasbaar. Hulle maak van geleenthede gebruik en werk goed met ander saam. Hulle reik na ander uit en gee en ontvang graag liefde.
  • Jy sal volgens kenners ook gelukkiger wees as jy jou minder bekommer, meer sosialiseer, nie vereistes stel wat te hoog is nie, en die lewe met ’n selfversekerde glimlag aanpak.

Wees só gelukkiger

  • Smee hegte verhoudings met ander. Vriendinne se waarde moenie onderskat word nie.
  • Wees aktief sodat die nodige neurochemikalieë vrygestel kan word.
  • As jy jou kennis verbreed, gee jy ook jou gemoed ’n hupstoot.
  • Vrygewigheid. Om te gee, bevoordeel die ontvanger sowel as die gewer.
  • Wees tevrede.
  • Leef gebalanseerd.
  • Leef eenvoudiger en vermy negatiewe mense.
  • Dis ook voordelig om te mediteer, in die buitelug te kom, jou met mense te omring wat nie jou stresvlakke verhoog nie en nie-veroordelend teenoor ander op te tree.
  • Die publikasie Psychological Science meen mense wat gesellig, stabiel, hardwerkend en pligsgetrou is, is in die algemeen gelukkiger as ander.
  • Vir baie mense is ware geluk die vermoë om gebalanseerd te leef.
  • Verrig goeie dade sonder om dit aan die groot klok te hang.
  • Omring jouself met lekker geure. En hou gerus jou ou liefdesbriewe. Dit sal jou herinner aan ’n tyd toe jy jonk was en iemand se hart laat galop het. Gaan gereeld haarkapper toe (by beskeie raad.)
  • Aanvaar en vergewe en bevry jou hart van haat.
  • As jy perfeksionisties van aard is, werk daaraan.

Bekendes oor geluk

Sanger Jakkie Louw: “’n Mens besluit om gelukkig te bly. My ma wys nooit as sy kwaad is nie. As sy is, bly sy ’n dame en ek bly ’n heer. As iemand jou kwaad maak, vas en bid 24 uur lank daaroor. Keer die grimmigheid met ’n sagte woord af. Of loop weg en gaan skreeu langs ’n treinspoor.”

Aktrise Lizz Meiring: “Dis ’n wilsbesluit en dis belangrik om te wees en te doen wie jy is soos jy ‘bedraad’ is. Ek is bedraad om kreatief te wees, om te kan skep en dis hoe ek my lewe gekies het. Dis my suurstof en nie ambisie nie. Daarvoor is ek dankbaar. Ek is ook in wese positief en aanpasbaar. Ek glo nie aan balans nie. Dis vir balletdansers en gimnaste. Vir my moet alles oorkantel na die kant toe wat jou in jou wese gelukkig maak.”

Aanhalings oor geluk

  • Ek glo dat ’n eenvoudige en beskeie lewenswyse die beste vir liggaam, siel en gees is – Albert Einstein.
  • Ek kies om gelukkig te wees. Dis goed vir my gesondheid – Voltaire.
  • Die lewe is werklik eenvoudig. Dis ons wat daarop aandring om dit ingewikkeld te maak – Confucius.
  • Geluk is ’n reis, nie ’n bestemming nie – Boeddha.
  • Dink aan al die skoonheid rondom jou en wees gelukkig – Anne Frank.
  • Geluk is nie ’n doelwit nie. Dis ’n newe-produk van ’n lewe wat goed geleef word – Eleanor Rooseveldt.
  • As jy kalmte en geluk vind, mag party mense jaloers wees. Wees in elk geval gelukkig – Moeder Theresa.
  • Vir elke minuut wat jy kwaad is, verloor jy 60 sekondes van geluk – Benjamin Franklin.
  • Bepaal jou ouderdom volgens vriende, nie jare nie, en bepaal jou geluk volgens glimlagte en nie trane nie – John Lennon.
  • Bly uit die tronk! – Afred Hitchcock.

Aanvullende bronne: www.nadacare.net, Wikipedia, www.wikihow, www.insider.com, www.businessinsider.in/eurekalert.org, www.positivepsychology.com, www.nature.com, www.countryliving.com, www.drelmarimuldercraig.com, www.drarien.co.za

Lees ook: 5 maniere om meer selfvertroue te hê

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

EKSKLUSIEWE FOTO’S: Donnalee Roberts vier veertig keer om die son!

Deur Karlien Meiring. Foto’s: Shavaune Photography   Donnalee Roberts, die geliefde aktrise, skrywer, rolprentmaker en…

2 days Gelede

Plante wat kleur en geur by jou tuin sal voeg

Deur Christa Swanepoel   Dis heerlik om hierdie tyd van die jaar nuwe groei in…

2 days Gelede

Vyf ‘Diepe Waters’-storielyne wat jou in September geboei gaan hou

Hou vas aan jou stoel, want Diepe Waters gaan vir ‘n wipwarit in September sorg.   Hier’s…

2 days Gelede

Hoe om jou wintersklere reg weg te stoor

Daar is nie ’n beter tyd as die begin van die lente om jou kas…

2 days Gelede

5 van ons beste ontbytresepte

Eksperimenteer met verskillende ontbytresepte om jou dag sommer van die begin af op te kikker.…

3 days Gelede

Cappuccino-kolwyntjies

Bestanddele   Ons het die oulike sjokolade-skyfies by Clicks gekoop. 12 sjokoladekolwyntjies 125 ml(½ k)…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.