kategorieë: BlogsOntspanning

Is dit ’n goeie idee?

Ons doen vandag “drop offs” kondig Nicolle aan met die soort van entoesiasme waarmee mens ‘n groep kleuters met ‘n middernagfees verras. Nicolle van der Greft , my instrukteur vir vaardighede by die PWC Bike Park het presies 5 weke gehad om my van “zero to hero” te kry vir die TransCape reeks-wedren wat ek van 7-13 Februarie gaan doen. En sy het die uitdaging met uiterse toewyding aanvaar.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Om sesuur op ‘n Vrydagoggend is my entoesiasme nie op dieselfde vlak nie, maar ek volg gedwee in haar fietsspore, want ons het nog net twee lesse oor voor my wedren en daar is klaarblyklik nog heelwat lewensgevaarlike hindernisse in die Bike Park oor wat net wag om oorwin te word.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

My gebrek aan entoesiasme maak plek vir ‘n verlammende gevoel van paniek toe ek besef wat sy in gedagte het. ‘n Hout-platformpie eindig in die lug voor die grond onder wegval in ‘n bitter steil afdraend. Uitstekend as jy die Wright-broers is wat vliegkuns wil ontdek, of as jy daarvan droom om in ‘n sirkus te werk. Minder geskik as jy net twee wiele, geen veiligheidsnet en geen vlerke het nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Maar Nicolle laat haar nie afsit nie en ry daar af asof ‘n fiets hiervoor ontwerp is. “Maklik” sê sy met ‘n glimlag. Sy gee baie duidelike instruksies oor hoe mens dit moet doen: wees in beheer, fokus, “commit” en maak seker dat jou boude ver agter jou saal is en laag bly.

Ek kners ek op my tande, vermaan my boude om hul plek te ken en plaas my lewe op die spel.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

En vind uit dit is toe werklik maklik. Sjoe, ek sou nooit ‘n maand gelede gedink het dit is moontlik om so iets met ‘n fiets aan te vang nie. Wat nog te sê dat ek dit self sou regkry!

Wat net weer aan my bewys dat mens enige ding kan leer as jy stap vir stap vorder en goeie instruksies het. Bergfiets is baie tegnies en jy gaan baie vaardighede aanleer deur gereeld saam met ervare mense te ry. As jy egter min tyd het, uit die staanspoor reg wil leer en ook nie ander se slegte gewoontes wil aanleer nie, is ‘n kursus in vaardighede uitstekend.

Dit sal jou help om jou fiets te leer ken en selfvertroue te ontwikkel wat enige roete of wedren op jou bergfiets lekkerder sal maak.

Daar is ook baie oulike beskermingsklere as jy bang is jy gaan jou nerwe afval. Ek het ‘n stel knie- en elmboogskerms by G-Form geleen om te probeer wat baie gemaklik was en beslis vertroue ingeboesem het.

Koste: ongeveer R700- R900 per stel. Beskikbaar in verskillende groottes by fietswinkels soos Cycle Lab en sportwinkels soos Sportsmans Warehouse. Dis ook geskik vir skaatsplank, BMX, ski en perdry.

*Vir individuele vaardigheidskursusse by die PWC Bike Park in Bryanston (baie naby Bryanston parallel medium Laerskool) besoek www.facebook.com/pwcbikepark

Deel
Gepubliseer deur
Anet Schoeman

Onlangse plasings

Is jy dalk uitgebrand? Toets jouself

Toets 1 Ek voel emosioneel dood. Dit is asof ek my werk en my kollegas op…

2 days Gelede

6 oefeninge wat snork stop sit

Ons snork omdat ons keelweefsel pap raak. Spiere wat nie gebruik word nie raak pap…

2 days Gelede

5 dekorflaters om te vermy

Dit is nie altyd maklik om jou eie huis te versier nie. Ons het gaan…

2 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met André de Villiers oor nuwe seisoen van ‘4×4 Met André’

Maak jou reg vir ’n onvergeetlike Namibiese 4x4-avontuur met die bekende 4x4-spesialis, André de Villiers.…

2 days Gelede

Marciel groet vanjaar ‘Boer soek ’n vrou’

In ’n eksklusiewe onderhoud met Landbouweekblad het die Boer soek ’n vrou-aanbieder Marciel Hopkins onthul…

2 days Gelede

6 maniere om griep te klop

Griep is winter se lewenslange vennoot. Sodra die koue tref, kan jy maar seker wees…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.