kategorieë: Gesondheid

Is dit griep of gasvergiftiging met monoksied?

Gas is ’n gerieflike alternatief, terwyl ons gereeld kragonderbrekings het.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Iets om te onthou: as gas (ook steenkool, paraffien en hout) nie volledig verbrand nie, vorm dodelike koolstofmonoksiedgas.
Omdat monoksied reukloos, onsigbaar en smaakloos is, is daar geen manier waarop jy kan agterkom dat hierdie dodelike dampe besig is om die lug rondom jou te vul nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Is monoksied altyd dodelik?

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Gelukkig nie. Dit hang af van hoeveel en hoe lank jy aan monoksied bloot gestel is.
Maar selfs klein hoeveelhede kan jou laat siek voel, met simptome wat soos griep voel, maar sonder koors.

Let op as jy of jou gesin voortdurend van die volgende kla:

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

• Hoofpyn
• Kort van asem
• Naarheid
• Duiseligheid
• moegheid

Wat kan jy doen?

Laat al jul gastoestelle, veral die stoof en kaggel, diens.
Maak die vensters gereeld oop sodat daar ’n trek deur die huis is, om opgeboude gasdampe te laat ontsnap.

Wanneer is monoksiedgas dodelik?

Dit is lewensgevaarlik as ’n groot hoeveelheid skielik of stadig (soos oornag, terwyl jy slaap) in die huis opbou.
Hier is die tekens van monoksiedvergiftiging:
Vomering Mense word naar
Verwardheid Mense reageer stadig, kan nie antwoord nie en weet nie wat om hulle aangaan nie
Spierslapheid en swakheid Mense kan nie gekoördineerd beweeg en opstaan om uit die vertrek te gaan nie
Bewusteloosheid Mense sink stadig aan weg

Wat moet jy doen as jy monoksiedvergiftiging vermoed?

• Maak dadelik die vensters en deure oop
• En verlaat ook die huis. Die gas kan in die huis vasgevang wees en sal nie noodwendig uitwaai as daar geen lugbeweging is nie.
• As van die huismense aangetas is, gaan na ’n noodeenheid.
• As jy onseker is of die huis veilig is, vra die brandweer om uit te kom.
• Laat diens al jou gastoestelle en gastenks professioneel.
• Maak seker dat daar snags altyd ten minste een venster oop is – verkieslik meer as een sodat daar ’n trek deur die slaapkamers is.
• Ons huise is gebou met ventilasieopenings maar dit word baie dikwels toegeverf, of daar is ‘n kas of gordyne voor. Sorg dat joune aan die binne- en buitekant oop bly.

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Soetpatats in die kole

Daar is darem niks lekkerder as patats wat in die kole gebak is nie. Gee…

2 mins Gelede

Soet springmielies

Skiet springmielies so:   Verhit sowat 30-45 ml olyfolie oor hoë hitte in middelslagkastrol met…

17 mins Gelede

Pynappel-en-rooi-soetrissie hoendersosaties

Genoeg vir 4     Bestanddele   4 hoenderborsies in blokkies gesny (gebruik 1 borsie…

43 mins Gelede

‘Kokkedoor Vuur & Vlam’: Daar’s (kos-)liefde in die lug!

In hierdie episode is daar frustrasie, irritasie, hartseer en selfverwyt – alles bestanddele vir ’n…

7 hours Gelede

Smullekker halloumi-en-groente-burger

Plantgebaseerde kosse is nou groot nuus. Dis goed vir jou om meer veselryke groente te…

23 hours Gelede

Maryna Calow: Suid-Afrikaanse wyn se grootste ambassadeur

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Kyra Welch.     Maryna Calow is sedert 2016 Wines of…

1 day Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.