Deur Catherine Schenck. Foto: Fathom media | keyart.co.za
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }Die film Nommer 37 (regie en draaiboek deur Nosipho Dumisa) is ’n Afrikaanse misdaadriller wat hom afspeel in ’n fiktiewe woonbuurt op die Kaapse Vlakte. Randal Hendricks (Irshaad Ally) word verlam na ’n ongeluk en is dus rolstoel- en woonstelgebonde. Sy meisie, Pam (Monique Rockman), gee vir hom ’n verkyker as geskenk en hy begin om sy buurt dop te hou van sy woonstelvenster af. Randal is diep in die skuld by die sosiopatiese woekeraar Emmy (Danny Ross) wat sy pond vleis wil eis. Dus, wanneer Randal waarneem hoe ’n misdaad gepleeg word in die woonstelgebou oorkant hom deur die bendeleier Lawyer (David Manuel), beraam hy planne om Lawyer af te pers vir geld …
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }Klik hier om meer uit te vind oor Nommer 37.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }
Kan jy ons meer vertel oor jou karakter, Randal, en sy verhouding met Pam?
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }Randal is ’n kleindief wat met min grootgeword het. Hy oorleef as ’n volwassene deur te steel. Pam is baie verlief op Randal en sy wil hom van sy duiwels red.
Lees ook ons onderhoud met Monique Rockman oor haar rol in Nommer 37
Nommer 37 val in die genre van voyeur-rillers, met Hitchcock se Rear Window wat as inspirasie vir die konsep van die storielyn gedien het. Nosipho Dumisa, die regisseur, het wel genoem dat in die geval van Nommer 37 Randal, die voyeur, nie net ’n onskuldige kyker is nie. Kan jy hieroor uitbrei?
Nadat Randal in ’n rolstoel beland, maak hy soos die meeste parapleë: Hy kyk hoe die lewe gebeur terwyl hy in sy rolstoel sit. Randal sit in sy woonstel en kyk van bo af na die wêreld. Dis ’n hooplose gesig. Maar soos hy van sy venster af mense dophou, kan sy kriminele verstand nie anders as om ’n geleentheid raak te sien nie. En dit is die begin van die afwaartse spiraal …
’n Sterk tema wat in die fliek deurkom, is die magteloosheid wat Randal ervaar omdat hy nie kan ontsnap nie: uit sy rolstoel, sy woonstel, en sy situasie, wat hom sekere besluite laat neem. Aan die ander kant het hy ’n mate van mag oor sekere karakters in die fliek, en wat met hulle gebeur deur hulle dop te hou of hulle in die gebeure in te trek. Kan jy meer hieroor uitbrei?
Nadat hy verlam is, verloor Randal meer as net die gebruik van sy bene. Sy verhouding met sy meisie verswak, hy verafsku homself, maar hy kan homself nie toelaat om depressief te raak nie, want hy skuld ’n sadistiese woekeraar (gespeel deur Danny Ross) geld. Randal was nog altyd goed daarmee om mense te manipuleer. Selfs voordat hy verlam is, het hy dit reggekry dat mense goed vir hom doen – hy besit oor insig oor wat mense soek en hoe ver om die grense te druk en dis die eintlike ware hulpmiddel of mag wat hy het voordat hy rolstoelgebonde word.
Hoe het jy vir die rol van Randal voorberei en wat was die uitdagings?
Ek het begin rook vir hierdie rol. Ek het besluit om te rook, want die meeste van die parapleë met wie ek onderhoude gevoer het, is kettingrokers. Hulle is mal oor rook en ek moes hulle help om hul sigarette aan te steek terwyl ons gesels het. Ek het met omtrent vyf parapleë onderhoude gevoer. My swaer is een, so dit was makliker om van hom en sy vriende toegang tot inligting te kry. Hulle het oor baie sake openhartig gepraat. Selfs selfmoordpogings. Ek het ook vir hierdie rol omtrent sewe kilogram verloor. Dit het my maande geneem om op te hou rook. Nou, ’n jaar later, kan ek nie meer die reuk van sigarette verdra nie, om nie eens te praat van die rook in te trek nie.
Nommer 37 is oorspronklik geskep as ’n kortfliek vir die Silwerskermfees en nadat dit goed gevaar het, is dit in ’n vollengte prent omskep. Hoe was dit om jou karakter van die kortfliek af na die vollengte weergawe te laat groei?
Dit kortfliek het eintlik net met my gebeur. Ek het ’n oudisie afgelê vir die rol van die antagonis maar toe bied hulle vir my die hoofrol aan. Daar was nie baie tyd om vir die kortfliek voor te berei nie, hoewel ek parapleë geken het. Ek het net op daardie punt nie tyd gehad om met hulle te gesels en daardie persoonlike vrae te vra nie.
Toe ek vir die vollengte prent voorberei, het ek die nodige navorsing gedoen. Een van die beste goed van my werk is dat ek van ander mense kan leer, en ek het my verkneukel in hierdie proses. Die draaiboek het ook heelwat verander vir die vollengte weergawe. Die verhaal het baie meer lae en Randal se karakter is propvol dimensie in die vollengte prent.
Nommer 37 is buite verfilm. By wie op die stel van Nommer 37 het jy die meeste geleer?
Elke stel waarop ek al ooit was, word op ’n vreemde manier my tweede tuiste. Ek het geleer van die gemeenskappe waar ons die fliek geskiet het, ek het geleer by die grimeer- en garderobe-eenhede, die grips-departement – basies al die afdelings.
Ek het verslaaf geraak aan rook en al kan ek nou nie naby ’n sigaret kom nie, was die klankspan altyd bereid om vir my ’n sigaret te gee wanneer ek in my rolstoel gesit het. (Terloops, ek het geweier om uit die rolstoel te klim.)
Wat ek die meeste uit hierdie fliek geleer het, was dat ’n mens die beste moet maak met wat aan jou gegee is. Daar is nie altyd tyd of hulpbronne nie, maar as jy hard genoeg probeer, sal als reg uitwerk. So ek het iets by almal geleer.
Nosipho Dumisa, die regisseur, is ongelooflik. Sy is briljant.
Hoe het ’n “normale dag” op stel gelyk?
Chaos. Daar was nie plek om te sit nie, want almal het die grimeerkamer gedeel – asof dit die akteurskamer was. Maar terselfdertyd het ons daarvan gehou en ons het ’n familie geword. Terloops, die grimeerhoof weet regtig hoe om ’n akteur wat in die grimeerstoel sit te voer. Carol het vir ons soveel bederfies uit daardie sak van haar gehaal.
Waarom is dit belangrik om flieks soos Nommer 37 te maak?
Dis uiters belangrik om te wys dat ons genre-flieks kan maak en dat ons boonop blêddie goed is daarmee! Ons het die talent. Daar is geen hubris daarin om hierdie stelling te maak nie. Dis net dat ons so lank gesmag om te wys hoe passievol en dol ons op film is. Ons is baie lief daarvoor. Om daardie rede is dit dan belangrik om flieks soos dié te maak.
Aan die ander kant moet die Suid-Afrikaanse narratief vertel word. Ons eie stories: oor ons, deur ons, vir ons. Die soort verhaalvertelling is belangrik. Ek sou selfs so ver gaan as om te sê dat dit belangrik is vir nasiebou. Ek is redelik seker dat iemand van die noorde van Suid-Afrika hierdie storie, wat hom heel aan die suidpunt afspeel, sal herken, want dis ’n Suid-Afrikaanse verhaal. Ons moet mekaar beter leer ken as Suid-Afrikaners en stories is ’n goeie manier om hierdie proses te vergemaklik. Stories, met hul eie karakters en eie wêrelde, skep ’n geleentheid vir mense om empatie te hê. Ons het dit nodig in Suid-Afrika.
Kyk hier na die amptelike lokprent van Nommer 37
Jy en Youngsta CPT het ook ʼn liedjie, “Dala Wat Jy Moet”, wat deel van die fliek se klankbaan is, geskryf. Waar het julle mekaar ontmoet en hoekom het julle besluit om saam ’n liedjie te skryf?
Ek ken Youngsta al baie lank. Ons kom albei van Kaapstad af en albei het ’n bietjie van ’n veelbewoë verlede. So ons is geesgenote op ’n manier. Albei wil mense motiveer om op te staan en om iets te doen en dis waaroor die liedjie “Dala Wat Jy Moet” handel. Ek het vir Youngsta vertel dat ek nie die misdaad-element in die storie glansryk wil laat lyk nie. Toe maak ons ’n liedjie wat vir kinders vertel dat hulle moet doen wat hulle moet doen om vorentoe te beweeg.
Vertel meer oor die musiekvideo
Die konsep agter die musiekvideo was dat ons ’n kind wou uitbeeld wat kwaaddoen. Hy wil ’n onderwyser skiet wat jong meisies teister, en die outjie steel geld van ou bendelede om ’n zip gun te koop. In die laaste toneel sien ons die seun wat op pad is om die onderwyser te skiet, maar die bendelid kry die kind voordat dit gebeur. Dit wil lyk asof die bendelid die kind gaan aanval omdat hy sy geld gesteel het – maar toe neem hy die kind in sy arms, druk hom en keer hom om die onderwyser te skiet. Die onderwyser bly in trane agter, gelukkig om te lewe. Die seun en die bendelid stap weg en die bendelid hou die kind styf vas. Die idee is dat ouer bendelede tot die besef moet kom en moet kyk na die aaklige situasie op die Kaapse Vlakte. Die onderwyser is ’n metafoor vir ’n stelsel wat ons in die steek laat.
Kyk hier na die musiekvideo
Jy vertolk die rol van Rhafiek Samsoedien in die sepie Suidooster. Hoe is dit om deel te kan wees van hierdie sepie?
Ek is mal daaroor om in Suidooster te speel. Ek vind dat my idee om my mense deur my werk te verteenwoordig werklik gebeur deur ’n karakter soos Rhafiek te kan speel.
Jy het ook al in ’n klomp ander flieks gespeel, soos Four Corners en Noem My Skollie, wat albei baie goed ontvang is. Was daar ’n ervaring wat vir jou uitstaan?
In die meeste van die rolle wat ek al moes vertolk, moes ek baie navorsing doen – ek hou baie daarvan.
Watter rol sal jy graag nog wil vertolk?
Daar is ’n paar karakters wat ek graag sal wil speel. Maar omdat ons besig is om hierdie stories te skryf kan ek nie nou daaroor praat nie.
Wat sou jy wou doen as jy nie in die vermaakbedryf was nie?
Ná tien jaar in die bedryf kan ek nie daaraan dink om enigiets anders te doen nie.
Wat doen jy om te ontspan?
Ek duik en spieshengel wanneer ek die geleentheid kry.
Vertel ons meer van jou gesin, en wat pa-wees jou geleer het.
My vrou, Ayesha, is ’n onderwyseres. Ek sou niks sonder haar kon doen nie. She is my luck. Ons dogter, Rahmah, is vier jaar oud, en kerm elke nou dan oor ’n boetie of sussie. Ons oorweeg dit om haar wens te bewaarheid.
Kan my kat of hond ook Alzheimersiekte kry? Dis wat jy moet weet oor "canine…
Sodra jy dink jy het al die voorskrifte onder die knie, hoor jy daar is…
Het jy geweet jou baba of peuter moet letterlik leer om sintuiglike inligting te filtreer…
Genoeg vir 6 Bestanddele 625 ml (2½ k) tee-en-vrugtesap 30 ml (2 e) gelatienpoeier…
Buiten vir sy uitsonderlike talent as musikant en liedjieskrywer, is Len Muller ook bekend as…
Hierdie webwerf gebruik koekies.