kategorieë: Ons mense

Irene Fischer-boekuittreksel

“As iemand my ʼn lewens-remote gee, sal ek nie my lewe rewind nie,” het Irene Fischer in November 2015 aan die dagblad Beeld gesê. In hierdie uitreksel uit haar boek ‘Ek is nog hier’, verduidelik sy hierdie stelling

“Ek het nou die dag vir my ma gesê dat ek nie my lewe wil rewind nie – dat ek niks wil verander wat met my gebeur het nie al word dit ook op ’n silwer skinkbord vir my aangebied. Ek is obviously nie bly oor die ongeluk nie, want al die fisiese en emosionele skade wat dit tot gevolg gehad het, het my lewe handomkeer verander, maar ek besef die waarde van alles wat ek gekies het om daaruit te leer. Die keuse – my keuse – het my soveel ryker en wyser gemaak.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Dit is sad dat so ’n aaklige ding met my moes gebeur om die vuur onder my gat aan die brand te steek, maar ek is nogtans dankbaar daarvoor (ná vele guilt trips, ’n deeglike stoeisessie met selfverwyt en ’n baie lang kuier saam met depressie). Weet jy hoe doelloos sou ek deur die lewe gewaai het daarsonder? Sonder hierdie harde lesse en amper onmoontlike uitdagings wat in my pad beland het, sou ek salig voortgestrompel het en nooit iets purposeful met my lewe gedoen het nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

As ek nie hierdie pad geloop het nie, sou daar nie mense soos Dolores, Christa, Melissa, Milla, Jurgen, Lindie, Audrey, Heleen en nog ’n string ander ongelooflike cool en caring mense in my lewe gewees het nie. Deur die ongeluk ongedaan te maak, sal ek so baie ongelooflike waardevolle ervarings en nuwe relationships delete uit my lewe uit. Dit sal my geheue skoon spoel en sonder dit sou ek ligsinnig en onbewus deur die lewe gefloat het.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

DIT maak my bang. Daai afgryslike possibility. Dit maak my skoon benoud as ek moet dink aan alles waarop ek sou uitgemis het as dit nie vir die vervlakste ongeluk was nie. Ek sou nooit so intens bewus kon wees van hoe my liggaam operate en hoe precious elke asemteug en oogknip is nie. Ek verkies om my “nuwe” self te embrace eerder as om alles ongedaan te maak. Ek leef eerder saam met die skade aan my lyf en brein en my heightened awareness as wat ek blissfully carefree en ongelooflik onbewus deur die lewe voortvaar soos voor die ongeluk.

Ek voel nou mentally en emotionally soveel voller en wyser as gevolg van die ongeluk. Full cream.”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Irene is beskikbaar vir motiveringspraatjies. Stuur ’n e-pos na irenemargarine26@gmail.com of kyk by www.irenefischer.co.za

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

‘The Mommy Club’ se Johandri: “As dit soos hoërskooldrama voel, hou ek my afstand”

Showmax se gewilde werklikheidsreeks, The Mommy Club: Van die Hoofstad bied ’n vars, maar soms…

3 hours Gelede

Nuwe herfsspyskaart by Creation is meer as kos en wyn

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts     Creation het ook pas by die Eat…

4 hours Gelede

Koek met sjokolade en souterige karamel

Lewer 1 groot koek   Bestanddele   Karamel met sout 200 g suiker 60 ml…

4 hours Gelede

Vyf vrae aan Anna Davel oor Suidoosterfees se ‘Konsert van Hoop’

Die 22ste Suidoosterfees word ingelui deur ’n indrukwekkende konsert van populêre en klassieke musiek. Anna…

6 hours Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Kristen Raath oor ‘Niggies’ en ma-wees op skerm

Hooffoto: Stavros Cassapis   Sedert die eerste episode van Niggies op kykNET uitgesaai is, het…

8 hours Gelede

PAS BEKEND | Nuwe kykNET-reeks verken dramas en intriges van nuuskantoor

Adri Joubert was vir twee dekades die koel, kalm, gerusstellende gesig en stem van die…

10 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.