kategorieë: OuerskapJou lewe

Introvert-ma, oorleef jou ekstrovert-kind se partytjie

Kinderpartytjies is allesbehalwe ’n rustige affêre. Daar is hope kinders, aksie, en lawaai – soms met ’n versameling volwassenes daarby. Almal moet gevoer en vermaak word, en wie se werk is dit? Nege uit die tien keer is dit die verjaardagmaatjie se ma. Wat nie ’n krisis hoef te wees nie … tensy die ma ’n introvert is.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Introverte is nie noodwendig skaam of bedees nie, maar hulle verwerk inkomende sensoriese stimuli meer tydsaam en op ’n dieper vlak as ekstroverte. Daarom het hulle ’n rustiger omgewing en meer alleentyd nodig. Dit beteken dat hulle liefs groepe mense, lawaaierige omgewings, en soms ook vreemdelinge vermy. Raai hoe voel hulle oor kinderpartytjies?

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Lees ook: Introvert? Hier’s netwerkraad

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Lees ook: As jy ’n introvert grootmaak

In die gereelde Quiet Revolution-nuusbrief (teken in deur heeltemal af te rol op die tuisblad van quietrev.com) gee een van hul skrywers, Marzi Wilson, die volgende raad:

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

1 Bied alternatiewe opsies

“Vra die verjaardagkind of sy ’n verjaardagpartytjie verkies, of eerder ’n een-tot-een verjaardaguitstappie of pretdag saam met die gesin. My dogtertjie het een jaar ’n ‘Prinsesdag’ saam met Mamma gekies. My seuns het al op uitstappies na ’n waterpak, met ’n warmbrakbraai agterna, besluit. So ’n dag verg energie, maar is meestal minder stresvol as om ’n partytjie te beplan en vlot te laat verloop.

2 Meer steun pleks van meer gaste

“Wanneer my kinders wel partytjies verkies en van die ouers saamkom, weet ek nooit hoe om beleefd met die ouers om te gaan en terselfdertyd die kinders te vermaak nie. Dan vra ek ’n familielid of vriend om te kom help. Ek gee ook nie om as ’n ouer ’n bietjie alleentyd verkies bo ons partytjie nie.”

3 Hou dit eenvoudig

“Verminder stres deur dinge eenvoudig te hou, soos om die partytjie by ’n ander plek as jou huis te hou. Dit beperk skoonmaaktyd voor en na die partytjie, en ’n speelgrond of ander bestemming bied vermaak wat die kleingoed besig hou. En jy hoef nie soveel moeite te doen met die versierings nie!

“Instede van ’n koek te bak, laat ek die gaste hul eie kolwyntjies versier. Dis pret! Hoe minder tyd en energie jy aan voorbereidings bestee, hoe meer energie het jy vir die geleentheid self.”

Lees ook: Maklike kolwyntjies

’n Vooruitbeplande skedule hou die kinders besig en help jou om kalm te bly

4 Beplan vooruit

“’n Vooruitbeplande skedule hou die kinders besig en help jou om kalm te bly. Soek aanlyn na maklike speletjie-idees; google byvoorbeeld recess games of minute to win it games. Twee ure se speletjies is gewoonlik meer as genoeg.

Hoewel ’n partytjie jou mag uitput, sal jou kind se groot glimlag dit alles die moeite werd maak! En as jou kind ouer is, kan julle albei die foto-herinneringe geniet.”

Lees ook: 8 wenke vir ’n tuinpartytjie

Deel
Gepubliseer deur
Mariette Snyman

Onlangse plasings

PAS BEKEND | Nuwe kykNET-reeks verken dramas en intriges van nuuskantoor

Adri Joubert was vir twee dekades die koel, kalm, gerusstellende gesig en stem van die…

2 hours Gelede

‘Kokkedoor Vuur & Vlam’: Kreatiewe verskille kelder een van die spanne

Daar het ook ’n spesiale gas opgedaag – dié keer was dit Jess van Dyk…

16 hours Gelede

Pampoenbredie

Genoeg vir 4 Bestanddele   15 ml (1 e) olyf- of avokado-olie 1,5 kg lamsvleis…

1 day Gelede

Voltooi jou kuier in Kaapstad met ’n ete by Marble Cape Town

Die ergste toeriste-gedruis na al die langnaweke het effe bedaar, die kole suis gesellig en…

2 days Gelede

Darren Scott op ‘Laataand by Rian’: “As ek nie kan praat nie, kan ek nie werk nie”

Die emosie het met tye hoog geloop toe Rian van Heerden die radio-legende Darren Scott…

2 days Gelede

Lees saam met jou kind op Wêreld Boekedag

Onthou jy knus voorleestydjies op jou ma of ’n ander volwassene se skoot? Dis vandag…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.