kategorieë: GrimeringSkoonheid

Interessante loopplankgrimeervoorkomste

Interessante loopplankgrimeervoorkomste deur Corné Greeff. Hooffoto: MAC Cosmetics AW18

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Grimering wat gepas is vir die loopplank, kan nie noodwendig gedra word vir koffie saam met jou vriendinne nie (alhoewel, “we don’t know your life!”). Maar jy kan dit steeds as inspirasie gebruik deur dit te minimaliseer om hierdie voorkomste by jou alledaagse styl te laat pas.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Die swart lip met helder oë en wange

MAC Cosmetics AW18

Hierdie voorkoms kan mooi lyk – regtig! – maar as jy nie daarvan hou om swart lipstiffie te dra nie, kan jy dit eerder verruil vir ’n meer natuurlike of ligter skakering. Minder blosser op die wange sal ook ’n meer natuurlike voorkoms skep. Jy kan wel steeds eksperimenteer met ’n helder oogskadu om jou oë te beklemtoon.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Die blinkervoorkoms

MAC Cosmetics AW18

As jy só werk to gaan mag jou kollegas dalk dink jy het in ’n potjie vol blinkers genies, of dat jy dalk op pad is na ’n Halloweenpartytjie. Maar, soos hulle sê, wie nie waag nie, wen nie, en dit is altyd goed om iets nuuts te probeer. Ons dink jy kan steeds blinkers op jou ooglede of lippe gebruik, dalk net nie op jou hele gesig nie! Hou by iets eenvoudigs, soos hierdie voorkoms wat vir Valentino geskep is …

Dramatiese oogomlyner

MAC Cosmetics AW18

Vir ’n makliker en meer subtiele voorkoms, wend die oogomlyner net op jou onderste ooglid aan, of selfs net op jou boonste ooglid. ’n Helder kleur oogomlyner beklemtoon en verhelder dadelik jou oë.

Die kleurvolle lip

Hierdie voorkoms lyk dalk asof iemand lekker roomys geëet het, maar weet jy wat, jy kán hierdie voorkoms laat werk van die loopplank af! Probeer eerder net een of hoogstens twee helder kleure, of skep ’n meer natuurlike ombré-voorkoms.

“Ek huil lang blou trane”-voorkoms

Dié voorkoms mag jou dalk laat dink aan iemand wat vergeet het om hulle gesig te was na ’n aandjie uit … Helder grimering is ’n gunsteling hierdie somer en dit moet beslis gebruik word, maar dit mag dalk beter lyk as jy jou oë net “binne die lyne” inkleur. 😉

Lees ook: Gesigwas 101

Deel
Gepubliseer deur
Corné Greeff

Onlangse plasings

MSI Vakansieverkope: Maak die Perfekte Geskenk Oop Hierdie Seisoen!

MSI is opgewonde om ons eksklusiewe vakansieverkope aan te kondig, wat van 10 Desember tot…

6 days Gelede

Maak vanjaar jou beste jaar

Die lewe is te kort om al jou eie foute te maak. Leer by ander…

7 days Gelede

Skoonheidsprodukte: foute wat almal maak

Los jy jou potjies se deksels oop of staan jou skoonheidsprodukte in die son? Dan…

7 days Gelede

Maklike gemmerbier – sonder gis

Maak hierdie maklike gemmerbier - dit bevat nie gis nie! Dis die heerlikste afkoel-drankie.

7 days Gelede

Ken jou vonkelwyn

Vonkelwyn is ryk aan geskiedenis Die tradisie om met vonkelwyn iets te vier word histories…

7 days Gelede

5 maniere om jou dag reg te begin

Met hierdie wenke sal jy soggens die spreekwoordelike gousblom eerder as die molshoop wees, al…

7 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.