kategorieë: InspirasieJou lewe

#InspirerendeVroue: suksesvolle besigheidsvroue

Heidi Rowley

Ses en twintig jaar gelede het Heidi Rowley besluit om haar rug op ’n mediese loopbaan te draai en het eerder daarop gefokus om voltyds by die Suid-Afrikaanse liefdadigheidsorganisasie, Reach for a Dream, aan te sluit.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Sy is een van die eerste vrywilligers by dié organisasie en het deur die jare gehelp om duisende kinders met lewensbedreigende siektes, se drome waar te maak.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Vandag is Heidi die Nasionale Direkteur vir die Wes-Kaap afdeling van die Reach for a Dream-groep waar sy ’n span van 53 toegewyde vrywilligers lei om elke dag ’n verskil in ander se lewens te maak. Tog strek haar passie vir die lewe ver verby haar gesogte titel.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Sy is ook ’n Ma van twee en glo dat ’n balans tussen vars lug, sonskyn, oefening, bak en vriende die dryfveer agter haar sukses is. Deur haar beroep meen Heidi dat sy geleer het dat dit belangrik is om jou drome ten volle uit te leef en dat jy die geskenk van ’n nuwe dag opreg moet waardeer.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Laurence Estève

In 1992 het Laurence Estève, ’n Fransgebore burger, saam met haar man, Brent van Rensburg, die Zip Zap Sirkusskool in Kaapstad gestig met die doel om sosiale verandering deur die sirkus-kunste in die plaaslike gemeenskap te bewerkstellig.

Vandag ontvang Zip Zap meer as ’n 1000 leerders per jaar met sowat 95 000 toeskouers in die gehoor. Dit kom dus as geen wonder dat dié sirkusskkool die Business Day Toekenning vir Kunste Onderrig in 2001 en die Sappi Ideas that Matter-toekenning in 2002 ontvang het nie. En dit alles onder leiding van Laurence as hoofuitvoerende beampte.

Met betrekking tot haar persoonlike prestasies het Laurence, in 2012 met die Knight of the National Order of Merit-toekenning weggestap wat deur die Franse President aan haar toegeken is. So ook is sy gevra om eerskomende Januarie as ’n beoordelaar by die Festival Mondial du Cirque de Demain in Parys, Frankryk deel te neem.

Met ’n ongedeerde liefde vir kinders en die passie vir sirkus het Laurence ’n lewe vir haarself gemaak wat ander op ’n daaglikse basis inspireer.

Ana Bonanni

Ana Bonanni is die baasbrein agter die suksesvolle Zebra-taximaatskappy wat oor die jare heen verskeie suksesse binne die Suid-Afrikaanse taxi-bedryf behaal het. Met ’n graad in finansiële bestuur en ’n baie sterk kreatiewe kant het Ana ’n maatskappy help stig wat nie net talle Suid-Afrikaners van punt A na punt B kry nie, maar ook sosiaal verantwoordelik is.

Dit is danksy haar betrokkenheid wat Zebra ’n bydrae kan lewer om ons land se trae taxi-bedryf te herstruktureer en herkapitaliseer om sodoende ’n meer volhoubare toekoms vir Suid-Afrikaanse taxi-bestuurders te skep.

Tog stop Ana se suksesse nie by die kantoordeur nie! As ’n Ma van twee, is sy ook ’n modeontwerper, skilder en ’n mentor in die bank- en mynindustrieë én sy is tans in die beplanningsfase van ’n toekomstige besigheid wat op digitale tegnologie sal fokus.

Deur haar sukses poog sy om vroue te help om effektief binne die korporatiewe wêreld te funksioneer.

Deel
Gepubliseer deur
Nicole Kemp

Onlangse plasings

Geroosterde pampoenskywe met tiemie-en-parmesaan-granola

Granola is deesdae nie net meer vir ontbyt bedoel nie. Hierdie krakerige kombinasie van sade…

2 days Gelede

‘The Mommy Club: Van die Hoofstad’: Ontmoet die glansryke vroue van die splinternuwe werklikheidsreeks

Showmax het pas die amptelike lokprent vir The Mommy Club: Van die Hoofstad, vrygestel. Dis…

2 days Gelede

Appel-peer-en-karamel-tert

Genoeg vir 8       Bestanddele   Tertdeeg 375 g koekmeel  2,5 ml (½…

2 days Gelede

‘Kokkedoor Vuur & Vlam’: Klein vissies kelder een span en laat ’n ander span juig!

In die derde episode van kykNET se skitterende Kokkedoor Vuur & Vlam-reeks moes die deelnemers…

3 days Gelede

Suid-Afrika skitter by Louvre Abu Dhabi

Deur Maryke Roberts. Foto's: Maryke Roberst en verskaf/Departement Kultuur en Toerisme, Abu Dhabi    …

3 days Gelede

Hoe om brandrissie-olie te maak

Brandrissies is nie in almal se smaak nie en nie almal se palet hou van…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.