kategorieë: InspirasieJou lewe

#InspirerendeVroue: Ayanda Nakedi

Ayanda het aan die begin van haar loopbaan besluit sy gaan eerder die ongebaande weë verken en wil nooit langer as vyf jaar ’n posisie beklee nie. “Almal wou altyd by die hoofkantoor in Johannesburg gaan werk. Ek het besluit ek wil die bedryf op alle vlakke leer ken en het ná my aanvanklike aanstelling ’n pos as finansiële bestuurder by die Tutuka-kragstasie op Standerton aanvaar.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

“Ek het voor die aanstelling nie eens geweet waar Standerton is nie! Dit was nie aldag maklik nie. Ek was die eerste vrou in die Tutuka-bestuurspan. Hier het ek gewerk met die mense wat die kragstasie gebou het en al manier om te oorleef was om die ‘spel te speel’ en soos ’n man op te tree en te praat. Ek was vasbeslote om ’n sukses daarvan te maak.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

“Mans met dryfkrag word ambisieus  genoem, maar ’n vrou in dieselfde omstandighede word gou as aggressief bestempel. Ek het nie omgegee nie; as dit was wat dit sou verg om in daardie posisie te oorleef moes ek dit doen. Mense het ook gesien dat ek my man kon staan en dat ek bereid was om dinge tot stand te bring.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

“Dis nie maklik om ongewilde besluite te neem nie, maar as jy weet dit is in belang van die maatskappy, kan jy dit met ’n skoon gewete doen. Vroue in die sakewêreld kry maklik die etiket dat ons te emosioneel is. Tog het ek geleer dat mense wat passievol oor hul werk is, emosioneel is. Jy moet net leer om dit te bestuur en reg aan te wend.

“Leer om jou man te staan, maar behou jou unieke vaardighede as ’n vrou, want die kombinasie van jou sterk punte kan die maatskappy geweldig bevoordeel. Hoewel my reis en groei in die maatskappy my verander het, het ek gelukkig laterig getrou toe my man my kon leer ken soos ek is en my waardeer vir wie ek is.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

“Vroue bring ander hoedanighede na die raadskamer en ek het besef dat my empatie en ’n hart vir leierskap my unieke vaardighede is. ’n Suksesvolle bestuurder meet sy sukses aan hoe suksesvol die span is. Ek skep geleenthede vir die span sodat hulle kan groei en meet my sukses aan hoeveel van my spanlede hul drome binne werksverband verwesenlik.

“Dis ook belangrik dat jy as bestuurder nederig is en getrou aan jouself bly. As jy eers weet wie en wat jy is en gemaklik daarmee is, is dit makliker om die waarde in ander raak te sien.”

Ayanda meen ’n “baas” regeer nie van bo af nie. “Ek het geleer dit gaan eintlik oor gee. ’n Bestuurder word vertrou met die verantwoordelikheid om hoop in ’n span te skep en jy moet hierdie gesamentlike doelwit dien. Jy is nie net die bestuurder nie, maar ook die dienaar.

“Dis ook belangrik dat jy besef dat jy nie altyd alles weet nie en wys dat jy bereid is om by ander mense te leer. As jy ’n fout maak, erken dit en leer daaruit.”

Borskanker in 2010 het ook dieper insigte gebring. “Ek is in remissie, maar verstaan nou meer as ooit dat jy nie gedefinieer word deur die posisie wat jy beklee nie. Jy is veel meer as dit.”

En waar pas kinders in ’n besige sakevrou se agenda in? “Ongelukkig kry jou beroep wel ’n knou as jy kinders kry, maar as jy jou kinders naby aan mekaar kry, kan jy die ontwrigting beperk. Myne verskil 18 maande. Die ontwrigting het twee jaar geduur en daarna kon ek weer op my beroep fokus.”

Vandag is sy nie net ’n ma nie, maar skryf ook ’n MBA agter haar naam. “As daar iets is wat ek anders sou gedoen het, sou ek vir myself meer tyd en ruimte gegun het. Ja, to stop and smell the roses. Ek het te hard gewerk en vir myself te min gegun. Skep geleenthede waar jy wel ’n blaaskans kry en moenie jou hele menswees vir die werk opgee nie. Hou ’n stukkie oor wat net vir jouself en familie is.”

Deel
Gepubliseer deur
Nicole Kemp

Onlangse plasings

5 mites oor olyfolie

Moenie hierdie 5 mites oor olyfolie glo nie: Ingevoerde olyfolie is beter as Suid-Afrikaanse olyfolie…

8 hours Gelede

Gebakte vis in geurige tamatiesous

Gebakte vis in geurige tamatiesous Lees ook: RESEP: Armand Aucamp se witvis met vanieljesous van Tahiti…

8 hours Gelede

Tamatieroomsop met kaasroosterbroodjies

Hierdie lekker resep vir tamatiesop is ideaal vir ’n vinnige aandete in die middel van…

9 hours Gelede

Lekker opskiet eet-ervaring by Vergelegen

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts en Vergelegen Die historiese landgoed, Vergelegen op Somerset-Wes, het…

9 hours Gelede

Vinnige lamskerrie

Vinnige lamskerrie 4 porsies Bestanddele: 1 ui, fyngekap 100 g kerriepasta 1 kg lamsvleis, in…

12 hours Gelede

Kry só jou tuin reg in Julie

Julie: Doen dit in die tuin     1. Snoei rose teen einde Julie of…

12 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.