kategorieë: Ons menseBekendes

Inspirerende stories, Teater en Pa-wees: Dean Balie se volgende hoofstuk

Hy is in 1989 op Springbok gebore en hierdie uitsonderlike deel van ons land was nog altyd belangrik in die talentvolle Dean Balie se lewe. Ná sy dramastudies aan die Universiteit van Stellenbosch, het Dean al sy slag gewys in musiekteaterproduksies van onder meer David Kramer en in ’n produksie van Hamlet wat oorsee getoer het. Hy is die geliefde Jan-Jan in Nêrens, Noord-Kaap en begin al meer sy stempel as teaterregisseur afdruk.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Jan-Jan is ’n anker vir soveel van die ander in Nêrens, Noord-Kaap: pa Lourens, Frans, Ronnie en Andries. Ook vir sy ma, Maggie, en vrou, Chrissie. Waar het jy die karakter gaan haal?

Jan-Jan is ’n kombinasie van die idee van hom in die teks, my eie ervaringe en ook kombinasies van baie mense van Namakwaland waar ek grootgeword het. Jan-Jan se grootste droom is om ’n nalatenskap te los vir sy kinders en hy sal altyd streef om die regte ding te doen. Soos ek, is Jan-Jan baie lief vir sy vrou, Chrissie (gespeel deur my vrou, Bianca Balie), en sy ma (gespeel deur Ilse Klink). Hy is lief vir die aarde waar hy hierdie keer in Deel II dieper spore kan trap. Daardie liefde het ek vroeg van hom verstaan.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Lees ook; Sterk, liefdevol en eerlik: Ilse Klink oor haar rol as Maggie in ‘Nêrens, Noord-Kaap

Wat is vir jou die grootste bekoring van die Noord-Kaap?

Die landskap self was in my grootwordjare nog altyd ’n lewende karakter. Of dit nou vuurwarm daar is, of baie winderig, dit is ’n landskap wat jy nie kan vermy nie. My oorlede oupa, Johnny Phillips, het destyds ’n plaas met ’n paar bokke en skape gehad. Die klimaat en verstaan tussen boer en land was vir hom belangrik. Tog is dit ook die mense en kultuur wat die grootste bekoring is. Mense wat leef van daardie grond en die trots om te kan sê: “Ek is ’n Namakwalander in my bloed, en hierdie plek se stof sal hulle nooit kan afwas nie!”

Lees ook: Van Tannie Ans tot Marion Monroe: Marion Holm is ’n aktrise vol verrassings

Wat was jou gunstelingtonele in NNK Deel II?

Ek het nie regtig gunstelingtonele nie. Dit was altyd vir my lekker om met van die land se beste akteurs te werk. Miskien is my beste tonele daardie gedeeltes waarin ek nie in is nie; waar ek kon kyk en leer hoe almal hulle werk benader.

Jy en Bianca word, as die ooievaar betyds is, in Januarie vir die eerste keer ouers. Waarna sien jy die meeste uit?

Ons is baie opgewonde om ons eersteling te verwelkom. Ons het hard gebid en uiteindelik is ’n klein mannetjie op pad. Ek en Bianca sien vreeslik uit om hom te ontmoet en die volgende hoofstuk van ons lewe as ’n familie aan te pak. Natuurlik het ons vrese, maar ons is geseën met ’n groot ondersteuningsgroep. Ek hoop maar tussen sy oumas en oupas dat ons ook die geleentheid sal kry om hom te sien en bederf.

Jou talente lê wyd – van toneelspel, regie en musieksblyspele. Waar kom al hierdie talente vandaan?

Ek vra gesoute akteurs altyd die vraag: Wat is die formule om ’n lang, suksesvolle loopbaan te hê? Die antwoord is altyd van dieselfde aard: Bly ’n student in alles wat jy aanpak, met die dissipline om aan te hou soek en foute te maak, sonder om jouself te ernstig op te neem.

Ek bly dus nuuskierig oor die kunste, want ek was al as kind lief vir stories. Ek het vroeg besef dat talent alleen nie genoeg is om ’n suksesvolle loopbaan te bou nie, dus fokus ek juis op die dinge wat nie my sterk punte is nie.

Kan jy die oomblik onthou wat jy besef het jy wil die wêreld van vermaak betree?

In Steinkopf was daar nie iets soos teater of bioskope nie, tog is daar ’n groot tradisie van stories vertel. Ons het konsert- en sangaande as vermaak gehou, maar ek het nie gedroom om ’n akteur te word nie. Ek het net geweet ek wou deel wees van stories vertel. Van my vroegste herinneringe is ek wat die rol van die ou denneboom wat later in die Kersboom verander, op laerskool gespeel het. Ek sal nooit vergeet hoeveel genot daardie ou tak en geskeurde, groen klere aan my gebring het nie.

Lees ook: Daneel van der Walt gesels oor vasbyt en ‘Nêrens, Noord-Kaap’ se sterk Suzette

Wat is die een ding wat jy nog graag in jou beroep wil bereik?

Dit oorleef! (Ek grap.) My drome en ideale het baie oor die jare verander. Ek wil nou my tyd spandeer om werk te doen wat my inspireer en stories vertel wat nie sommer gehoor word nie. ’n Sterk fokus op die tradisionele stories is vir my belangrik. Ek het eers onlangs ernstig begin skryf en regie begin doen. My plan is om my eie stories op Suid-Afrikaanse verhoë te wys wat tot gesprekke sal lei wat andersins nie sou gebeur het nie.

Behalwe vir Baba Balie, wat is jou planne vir 2025?

Ek het ’n hele paar teaterstukke in die mou wat nog werk nodig het, maar wat my ook baie opgewonde maak. Ek beoog om uiteindelik ’n digbundel vry te stel, wat ook ’n toonsettings-album insluit. Dan om te werk sodat ek vir die klein mannetjie doeke kan koop!

Wat is jou boodskap aan Nêrens, Noord-Kaap se kykers?

Ek is seker baie van die kykers sien hulself in van die karakters en storie. Ek hoop kykers sal die waarde van genesing deur pyn besef, dat jou geluk jou verantwoordelikheid is, en dat jy nie ander kan liefhê voor jy nie jouself lief het nie.

Lees ook: Reg vir aksie: Shana Mans oor haar toekomsdrome en rol as Lorrie

Nêrens, Noord-Kaap Deel II wys Dinsdagaande om 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144). Episodes is ook op Catch Up op DStv Stream beskikbaar.

Lees ook: Om weer in Andries se skoene te klim: De Klerk Oelofse oor sy pad met ‘Nêrens, Noord-Kaap’

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

Bernice West oor ouerskap: ‘Daar is nie woorde nie…’

Foto's: Instagram/Bernice West   Die Suid-Afrikaanse sangeres Bernice West en haar man, Jannes Erasmus, het…

15 hours Gelede

5 vinnige visresepte vir aandete

Aan die einde van ’n lang dag het mens nie lus vir ure voor die…

20 hours Gelede

Mango-en-klapper-yskastert met pynappelgranita

Die nuwe kaaskoek! Ons Suid-Afrikaners hou mos van ’n lekker yskastert. Maar ongelukkig is dit…

4 days Gelede

Steak-en-sampioen-roerbraai

Genoeg vir 4-6 Bestanddele   Sous 60 ml (¼ k) perskeblatjang 60 ml (¼ k)…

4 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met musieklegende Jannie du Toit oor sy opwindende jaar wat voorlê

In die wêreld van Suid-Afrikaanse musiek is daar sterre, en dan is daar legendes. Jannie…

4 days Gelede

‘Die Byl’ groet ná ses seisoene

“Mens weet nooit, terwyl jy bloed en trane stort soos jy aan ’n produksie werk,…

4 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.