Die akteurspaartjie Pierre van Pletzen en Sandra Vaughn is die beskermhere van die Tshwane Place of Safety Association (TPOSA). “Mense wat babas sonder heenkome vind, bring hulle hierheen,” vertel Sandra. “Daar is vyf plekke van veiligheid wat elk tot ses babas kan neem; ander babas word in die bekwame hande van pleegsorggesinne geplaas.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }“Die babas kry onmiddellik vel-teen-velterapie. Ek het al gesien hoe een van die vroue ‘n baba met onder meer MIV Vigs en Hepatitis B drie maande lank teen haar lyf dra. Dis wonderlik om te sien hoe die getraumatiseerde babas geleidelik leer om te ontspan en hulle liefdevolle versorgers te vertrou.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }”Die Tshwane Haven is ’n huis in Waterkloof wat deur weldoeners geskenk is om babas en kleuters met mediese probleme te huisves. So is daar byvoorbeeld Thumi, wat ’n vorm van ‘dwarfism’ het, en Felicity, wat sonder arms en bene gebore is. Daar is soms tot agt kinders en dis ongelooflik om te beleef hoe alles moontlik gedoen word om elke siek kleintjie deur te haal en weer mens te laat word. Daar is ook dokters wat hulle dienste gratis beskikbaar stel om te help.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }As jy so voel, kan jy ’n donasie gee of hulp aanbied by www.placeofsafety.co.za
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
Die Shoprite-groep het die taak onderneem om 67 000 toebroodjies op Mandela Dag aan verskeie plaaslike liefdadigheidsorganisasies te skenk. So ook het hulle die belofte gemaak om dié liefdesdaad voort te hou deur elke maand, tot en met Mandela Dag 2017, dieselfde aantal toebroodjies vir liefdadigheid te skenk.
Dié inisiatief vorm deel van die groep se Hunger Relief-program wat daargestel is om surplus kosse van alle Shoprite-winkels aan nie-winsgewende organisasies te skenk.
Ter ondersteuning van dié toebroodjie-inisiatief word alle Shoprite-werknemers, asook die groep se hoofkantoor, gemobiliseer om as vrywilligers vanaf 18 Julie, tot einde vandeesmaand, 67 minute van hul normale werksdag te bestee om toebroodjies voor te berei.
Indien jy ’n donasie wil maak kan jy R5 by enige Shoprite-betaalpunt skenk. Alle fondse wat op dié wyse ingesamel word sal aan liefdadigheidsorganisasies en voedingskemas geskenk word ten einde hongersnood in ons land se plaaslike gemeenskappe te bekamp.
Granola is deesdae nie net meer vir ontbyt bedoel nie. Hierdie krakerige kombinasie van sade…
Showmax het pas die amptelike lokprent vir The Mommy Club: Van die Hoofstad, vrygestel. Dis…
Genoeg vir 8 Bestanddele Tertdeeg 375 g koekmeel 2,5 ml (½…
In die derde episode van kykNET se skitterende Kokkedoor Vuur & Vlam-reeks moes die deelnemers…
Deur Maryke Roberts. Foto's: Maryke Roberst en verskaf/Departement Kultuur en Toerisme, Abu Dhabi …
Brandrissies is nie in almal se smaak nie en nie almal se palet hou van…
Hierdie webwerf gebruik koekies.