kategorieë: BlogsOntspanning

Inspired Women-blog: Hulle noem dit seisoene

Hulle noem dit seisoene. Ek hou meer van die beskrywende woord … fases.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Fases van die lewe. Grootword, oudword, siek word, verdeeldheid, rekonsiliasies – dit maak alles deel uit van die lewe. Maar, in al die fases wat konstant bly, is die een persoon wie se liefde nooit minder geword, verdeeld geword of vergeet geword het nie, ’n Ma se liefde.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Die goedheid en grootheid van ’n Ma se liefde vir haar kinders is tot vandag toe ’n onopgeloste, supernatuurlike verskynsel. Sy sal haar eie lewe, in ’n oogwink, vir haar kind opoffer.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Ma’s, ons aardse engele, of wat jy hierdie pragtige spesie ook wil noem, verdien om elke dag gevier te word.

Hang af in watter “fase” of “seisoen” jy jouself bevind, sal jy jou eie opinie oor Ma’s hê en wat hulle vir jou beteken.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Daar is niks lekkerder vir ’n dogtertjie om Mamma se lipstiffie aan te smeer en in haar ongemaklike hakke kamtig die wêreld aan te vat nie. Ek onthou hoe ek op vyfjarige ouderdom na my Ma gekyk het en gedink het sy is die mooiste vrou in die wêreld (ek dink nog steeds so!)

Toe begin die hormone kop uitsteek en estrogeenvlakke bots op ’n daaglikse basis met Ma s’n. Wat kan sy my nou eintlik vertel van die wêreld? Sy is oud en weet nie wat aangaan nie! Ek weet alles! Ma’s is tog so outyds!

Dan kom die groot 18. Volwassenheid begin deurskeumer en ek kan my eie besluite neem. My ma het trots toegekyk hoe ek “vrouwees” aanvat en tientalle kere my hardkoppige kop stamp. Maar sy was altyd daar vir die val en troos. So het haar raad ’n bietjie meer begin sin maak as toe ek ’n tiener was. “Dankie tog my Ma het bygekom,” sal ek vir myself fluister met rollende oë en ’n gesug van frustrasie.

Jou twintigs is nog steeds ’n bietjie van ’n warboel van deurmekaar fases, soos wanneer jy die huis verlaat, of dalk selfs oorsee gaan werk, jou eie tuiste skep, verhoudings begin en die verantwoordelikhede van die grootmenswêreld deurwerk. Jou persoonlikheid en hoe jy by alledaagse take en verhoudings aanpas, hoe jy probleme hanteer … deur dit alles is jou ma daar, jy is net nie altyd bereid om te gaan aanklop vir raad of by haar af te pak oor ’n koppie koffie nie.

Dit is ook in jou vroeë twintigs dat jy werklik agterkom jou ma kan jou beste vriendin wees as jy haar toelaat.

Dan breek daar ’n groot dag in jou lewe aan. Jy loop die paadjie af na jou toekomstige man, omring deur vriende en familie, en daar waar jy in jou pragtige wit trourok staan, loer jy na jou Ma. Sy straal van trots, sy sien hoe gelukkig jy is en met een glimlag weet jy hoe lief sy jou het. Jou hart brand van gelukkigheid en dankbaarheid dat jy haar daar, op jou spesiale dag, kan hê.

So breek die volgende seisoen in jou lewe aan. Jy gaan self ’n Mamma word!

Jy kan skaars jou opgewondenheid beheer en wil dit aan die wêreld uitbasuin. Hoe lekker is dit nie om jou Ma langs jou te kan hê nie. Sy is immers die een wat al daardeur is, wat verstaan en wat jou kan bystaan, ondersteun en liefhê.

Die oomblik toe ek my kind se gesiggie vir die eerste aanskou, het ’n oorweldigende gevoel van vervulling en eindelose liefde my binneste gevul. Ek het myself afgevra of dit die gevoel is wat my Ma kry elke keer wanneer sy na my kyk? Elke dag? Elke sekonde? Hoe kan jy so lief wees vir iemand? Die hele tyd?

Op daardie stadium is dit nie net die verskuiwing van prioriteite of die oorweldigende gevoel van koestering en liefde vir die klein mensie in jou arms nie, maar die feit dat jy besef hoe oneindig lief jou Ma jou al die tyd gehad het (en steeds het). Deur al my fases en seisoene, toe ek gedink het sy weet niks en sy my party dae grensloos geïrriteer het, toe sy altyd so bekommerd oor my veiligheid was en my nie toegelaat het om naweke saam met vriende weg te gaan nie, toe ek so kwaad was vir haar. Ek verstaan nou, Ma. Hoe kan jy iemand vir wie jy so lief is die wilde, woeste wêreld instuur?

As ek maar net geweet het hoe lief sy my het. As ek maar net geweet het hoe seer ek haar party dae gemaak het. As ek maar net die horlosie kon terugdraai. Maar dit maak nie saak nie, want Mamma se liefde vir my het konstant gebly. Mammas is wonderlik, hulle het jou lief, hulle bid vir jou, hulle aanvaar jou en verdra al die dinge wat ander mense dalk nié sal verdra nie. Sy is jou beste vriendin, jou konfidant, jou grootste cheerleader en die trooster van ’n seer hart.

Jou ma het jou bitter lief, gee haar vandag ’n ekstra drukkie en liefde.

Gelukkige Moedersdag aan al die Mammas.

– Opgedra aan Lynette Erasmus en Roma Louw

Besoek Shireen en Sue se webblad by inspiredwomen.co.za

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

Stel die verbruiker se ervaring eerste! MSI se reis van 20 jaar om ’n ryk van skootrekenaars te bou

’n Nalatenskap wat daarop gebou is om hul verbruikers te verstaan  Oor die afgelope 20…

5 hours Gelede

Het jy wat dit vat vir ‘Die brug’ se tweede seisoen?

Iewers op ’n eiland met ’n toring staan nog ’n skatkis wat R1 miljoen kontant…

11 hours Gelede

Smelt-in-die-mond-koekies

Maak 30 koekies • 500 ml (2 k) koekmeel • 80 ml (1⁄3 k) kakao…

12 hours Gelede

Geurige tamatie-en-wors-gebak

Geurige tamatie-en-wors-gebak. Resep deur Vickie de Beer   Lees ook: Geurige worsies met sampioene en…

12 hours Gelede

Gebakte Carbonara

Vir hierdie heerlike gebakte Carbonara druk jy die blokkies mozzarella tussen die pennepasta in! Resep…

12 hours Gelede

Ribollita

Ribollita is ’n Toskaanse sopbredie. Dit word soos ’n sop gemaak maar is so lekker…

13 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.