kategorieë: BlogsOntspanning

Inspired Women-blog: Hoe nou met verhoudings?

Sit jy saam met ’n vriendin oor ’n koppie tee en gesels oor die “nuwe man” in jou lewe wat na ’n paar weke ewe skielik net verdwyn het of dalk iewers dood lê aangesien hy nie meer jou boodskappe beantwoord of jou so baie bel soos wat hy het nie, en die kanse is goed dat sy al deur presies dieselfde scenario is.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Hoe gebeur dit? Hoekom sit vroue met ’n groot vraagteken op hul voorkop wanneer dit by mans en verhoudings kom?

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Na deeglike navorsing (en by navorsing bedoel ek dat ek elke mansvriend in my lewe gevra het om te antwoord en opinies hieroor te gee!) het ek die volgende raad aan vroue wat hieroor wonder:

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

1. Laat die man die jagwerk doen. Niks is minder aantreklik vir ’n man as ’n vrou wat haarself te maklik bereikbaar maak nie. Die spreukwoord wat sê dat jy dit waarvoor jy hard werk meer waardeer as iets wat jy verniet kry, is waar!

2. Dit vat meer as net ’n mooi gesiggie om ’n man se aandag te behou. Ja, natuurlik moet hulle hou van wat hulle sien – mans is ongelooflik visueel – maar alhoewel hulle hulself uitgee as wolwe, smag mans ook na ’n dieper konneksie. Maak seker jy en die “nuwe man” deel ’n dieper konneksie. Maak veral seker die man toon belangstelling in wie jy is, en wat vir jou belangrik is.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

3. Moenie alles wat jy het op ’n skinkbord aanbied nie, laat die man werk vir wat hy wil hê. ’n Bietjie misterie nog nooit skade gedoen nie.

4. Mans vat langer om lief te hê as vroue (dit is chemies bewys), so dit is altyd ’n goeie ding dat die intieme aspek van ’n verhouding aanvanklik op die agtergrond geplaas word sodat dit dinge nie kompliseer nie. Intimiteit is iets wat op ’n heelwat latere stadium in ’n verhouding ingebring moet word, doen dit te gou en dinge kan skielik en lelik skeefloop.

Hoekom wag?

Die oomblik wanneer intimiteit te vroeg in ’n verhouding ingebring word, verloor jy beheer (en as ek sê beheer dan bedoel ek dinge verander – of jy dit nou wil hê of nie). Emosioneel word die bande sterker vanaf ’n vrou se kant, en ongelukkig is mans nie vroeg in ’n verhouding reg om daardie emosionele intimiteit op dieselfde vlak as die vrou te ontmoet nie. Dit kan net bereik word deur tyd saam te spandeer en seker te maak die man stel in meer as net die fisiese aspek van jou belang. Met tyd word die bande tussen ’n man en vrou sterker en wanneer intimiteit uiteindelik deel word van die verhouding, reageer en voel die man dieselfde as die vrou.

Wat vroue moet besef is dat mans dit wat ’n mooi vrou na hul kant toe gooi met albei hande sal aangryp, maar net omdat hy mooi woordjies in jou oor fluister en geïnteresseerd lyk, beteken dit nie jy het sy volle aandag of selfs sy hart nie.

Wees suinig met jou tyd en met jou liefde en maak seker die man wat jou hart verower, weet jy is ’n prys waarvoor hy hard moes baklei.

Die groot punt wat deur elke man met wie ek gepraat het gemaak is, is dat geen vrou ooit moet twyfel of ’n man in haar belangstel nie – hy sal dit duidelik maak. In die tweede plek moet vroue nie te vining alles wat hulle is en het, vir ’n man offer nie.

Daar het julle dit, dames! Loer maar na die dinge wat hierbo genoem is en moenie jouself deur onnodige hartseer sit wanneer jy jou hart op ’n man verloor en hom as jou droomman sien terwyl hy jou net sien as tydelike tydverdryf nie.

Besoek Inspired Women se webblad hier of volg Shireen en Sue se avonture op Facebook.

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

Voel jou tiener eensaam?

Al meer tieners en jong volwassenes erken hulle is eensaam. Waarop moet ouers bedag wees?

16 hours Gelede

Spaanse chorizo-pasta

Genoeg vir 6.   Bestanddele   15 ml (1 e) olyfolie 100 g repiesspek, in…

16 hours Gelede

6 dinge wat jy nou in jou tuin moet doen om voor te berei vir die winter

Ons het by Julie van Deventer van Stilbaai se Busy Lizzie tuinbouklub gaan kers opsteek.

17 hours Gelede

ontbytSAKE vier 25 jaar!

Suid-Afrika se geliefde sake- en kuierprogram, ontbytSAKE, het op 7 April ’n kwarteeu op die…

17 hours Gelede

Nuwe dokumentêre kykNET-reeks oor die geskiedenis van Afrikaans gaan jou nuwe oë en ore gee

Almal wat Afrikaans praat, ken ’n storie oor waar hulle en die taal vandaan kom,…

18 hours Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Nadia Beukes oor haar eerste rol as regisseur in nuwe teaterproduksie

Nadia Beukes, wat bekend vir haar veelsydige loopbaan as aktrise, stemkunstenaar en televisie-aanbieder is, het…

19 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.