kategorieë: BlogsOntspanning

Inspired Women-blog: Ek gaan Mamma word!

Wat ’n wonderwerk. So begin die wonderlike transformasie van jou liggaam, jou menswees en jou prioriteite. Die opwinding omtrent die geslag en dan begin die beplanning vir die babakamer. Al die verwarring en oorweldigende gevoelens wanneer jy begin oplees oor die verskillende karstoeltjies, eetstoeltjies, bedjies en ander baba-benodighede. Wanneer jy vir die eerste keer Mamma word, wil jy behoorlik voorbereid wees, jy wil alles weet en alles hê. Niks gaan jou onkant vang nie. Jy lees elke bababoek en -tydskrif en jy kan uiteindelik amper slaag as ’n lektor in babakunde. So kom die dag nader wat julle gesinnetjie gaan uitbrei. Weer eens oorval emosies van vrees, onsekerheid, opgewondeheid en oorweldiging jou.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Daar lê die klein dingetjie, so hulpeloos, so pragtig, so perfek in jou arms. Die bondeltjie liefde is joune, vir altyd … Wag … Vir altyd? Skielik oorval ’n berg van emosies jou. Gaan ek goed genoeg wees? Hoe gaan ek hierdie dingetjie beskerm? Wat as ek nie weet wat om te doen nie?

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Dan ontstaan ’n warboel van emosies in jou en onsekerheid saai sy sade in jou hart, maar die liefde en die band word egter elke sekonde sterker en sterker.

Die eerste paar dae hardloop jy op adrenalien om die klein mensie te voed, doeke te ruil en te laat slaap. So weer al die opgewondenheid af, die besoekers raak minder en man, Ma en skoonouers keer terug werk toe. Hier sit jy alleen met die pragtige mensie. Wat nou? Almal het gedeel in die opwinding en gaan nou weer aan met hul lewens asof niks gebeur het nie, maar wat van my? Ek wil graag gaan inkopies doen maar hoe stoot ek ’n supermark- én stootwaentjie? En as sy gevoed wil word, wat doen ek? Nee, dit klink heeltemal te uitdagend vir my! Los maar. Kom ek pak die kar en gaan vir ’n stappie langs die see. Wat om te pak? ’n Babasak, doeke, stootwaentjie, karstoeltjie, dummy, peselhappies, water, sonskerm, hoedjie, ekstra klere, boudroom, wipes, en vir myself? O gonna, ek moet nog stort maar hoe gemaak met die baba? Nee toemaar los maar, dis makliker en geriefliker om by die huis te bly of tot wanneer Pappa kom. So begin die eensaamheid opbou en al jou prioriteite beland op die “back seat”. Jy kan nie onthou wanneer laas jy jou hare behoorlik gewas en ge-blowdry het nie of wanneer laas jy jou neals laat doen het nie. Jou vriendinne kom loer in op pad na ’n ete. Hulle lyk so mooi, so versorg, so uitgerus terwyl jy in jou oorgrote sweetpak sit met jou breast pads en jou olierige hare in ’n bolla vasgeknoop. Jy voel alles behalwe aantreklik.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Maar dan kyk die klein mensie na jou, sy begin glimlag en jou hart smelt, oor en oor en oor. Gaan dinge ooit weer terug keer na normaal? Gaan ek ooit weer kan gaan fliek of inkopies doen of saam met vriendinne ’n glasie wyn kan geniet? Dalk was ek nog nie gereed om Mamma te word nie, daar is nog soveel goed wat ek wou doen!

Jy voel depressief en jy begin huil, jy weet nie regtig hoekom nie. Jy voel onseker en nie lus vir die lewe nie. Alles hang soos ’n swaar, donker wolk oor jou kop en jy sien nie die silwer randjie nie. Jy is geïrriteerd met jou man, jou vriende en familie. Jy voel hulpeloos, asof niemand verstaan waardeur jy gaan nie. Hoe kry ander Mammas dit reg!? Jy loer na jou pragtige, perfekte baba, so volmaak en so gesond. Hoe kan ek so voel as ek die lewe aan so ’n pragtige baba geskenk het? Ander vroue kan nie eens swanger raak nie, ander Mammas sukkel met premiatuur of siek babas. Myne is so perfek! Ek is so gelukkig! Maar hoekom voel ek nie gelukkig nie?

Die volgende week of twee gaan dit beter en jy begin jou voete en roetine stadig maar seker vind.  Maar kort daarna hang die swart wolk alweer en die trane vloei, jy verstaan nie hoekom jy so voel nie!

Hierdie is alles deel van Mamma wees, dit is normaal en die meeste Ma’s gaan deur dit, party is net te skaam of te trots om dit te erken. Vir die Mammas wat nie so voel nie, beskou jouself gelukkig!

Hulle noem dit nageboortelike depressie en dit affekteer ’n groot persentasie Mammas na swangerskap. Sodra jy begin oplees daaroor begin jy vereenselwig met die simptome. So waar! Jy voel verlig, dis nie net jou eie selfsugtigheid nie. Daar is verskillende vorme van nageboortelike depressie soos “Baby Blues” en nageboortelike psigose. Gaan gesels so gou as moontlik met jou ginekoloog sodat hy/sy jou na die korrekte medici kan stuur vir behandeling en medikasie. Gewoonlik skryf die ginekoloog sommer ’n pilletjie voor wat jy vir ’n paar maande moet drink en so is jou probleem opgelos. Onthou, na die geboorte van ’n kind is dit ’n warboel van chaos in jou liggaam om terug te keer na wat dit was en somtyds veroorsaak dit hormoon-wanbalanse wat kan lei tot die probleem. Na ongeveer twee tot drie weke op die medikasie voel jy weer soos jou ou self. Dis so lekker om weer te kan glimlag, die lewe te waardeer en weer opgewonde te raak oor klein dingetjies waarvan jy hou. Alles met die perfekte, pragtigte bondeltjie liefde in jou arms. Jy voel meer geduldig en rustig.

Lees ook: Nageboorte-depressie: toets jouself

Onthou, jy mag dalk voel niemand verstaan jou nie, jy mag dalk skaam voel oor jou toestand, dat jy jou vriende en familie sal teleurstel omdat jy nie die “perfekte” Ma is nie. Daar bestaan nie so iets nie, niemand is perfek nie. Die perfekte baba is aan jou gegee omdat jy die perfekte Ma is vir hom/haar. Net om jouself te wees, is goed genoeg vir hom/haar.

Praat as jy hartseer voel, moenie dinge laat ophoop binne jou nie. Om die beste Ma vir jou baba te kan wees moet jy eers die beste weergawe van jouself wees. As jy depressief en teneergedruk is gaan die baba dit aanvoel.

Mamma-word is ’n uitdagende proses. Vir party Mammas is dit makliker en vir ander moeiliker. Dit is ’n nuwe struktuering van prioriteite en verhoudings en roetines, maar dit moet nie ’n slegte, teneergedrukte proses wees nie. My Ma het altyd gesê, “As jy ooit alleen voel of dat niemand jou verstaan nie, onthou net ’n miljoen mense voor jou het ook al so gevoel en ’n miljoen mense na jou gaan ook so voel.”

Dis ’n pragtige tyd en dit gaan so gou verby! Koester elke oomblik, al is party dae uitdagend, dit is ’n oomblik wat jy nooit weer sal terug kry nie.

Tonne liefde
xxx

Besoek Inspired Women se webblad hier of volg Shireen en Sue se avonture op Facebook.

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

Slim maniere om minder sout te gebruik

Ons kyk hoej jy, as vernuftige tuissjef, heerlike smake met minder sout kan optower én…

20 hours Gelede

Drie goed wat jy oor ‘Suidooster’ se stormagtige April móét weet

Dit blyk ’n paar Ruiterbosch-inwoners gaan in April vir die gek gehou word danksy allerhande…

21 hours Gelede

Van Siprus se skaduwees tot Aronspoort se geheime – twee verhale vol liefde en gevaar

Wanneer gevaar met romanse gekombineer word, is ’n boek nie net ’n storie nie, maar…

2 days Gelede

Kom Clarens toe vir die kunstefees op 1 Mei!

Die fees word vanjaar van 1 tot 4 Mei gehou.    [gallery columns="2" size="medium" ids="151862,151861"]…

2 days Gelede

Bak vir Eid al-Fitr: Groot dinge gebeur as daar tradisie, samehorigheid en soet vieringe is

Die kern van hierdie tradisie is die kuns daarvan om so te bak dat eenvoudige…

2 days Gelede

Duncan Johnson oor ‘Skemergrond’ se skurk: ‘My waardes verskil hemelsbreed van Beeno s’n’

    In die wêreld van televisie en teater is die rol van die skurk…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.