kategorieë: KalenderOntspanning

Inspirasie vir jou tuin by Witness Tuinskou 2017

Die Witness Tuinskou vind vanjaar plaas by die Koninklike Skougronde (Royal Showgrounds) in Pietermaritzburg tussen 22 en 25 September 2017. Lente is dan in volle swang en die warmer weer bied die perfekte geleentheid om van vooraf verlief te raak op tuinmaak.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Alhoewel die skou meestal oor tuine en tuinmaak handel, bied dit egter soveel meer. As jy groen vingers het, sal die toonbeeldtuine jou verheug en inspireer. Daar is plante te koop wat jou weer gaan lusmaak vir tuinmaak en daar is baie spesialiskwekers wat jou die kans sal gee om iets nuut en anders te laat groei. Wees op die uitkyk vir wonderlike winskopies op nuwe en bekende produkte.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Vir fynproewers is daar ’n rits kosstalletjies terwyl jy op die terras kan ontspan en die Spring Spectacular-hondeskou in die hoofarena geniet. Vir musieklefhebbers is daar optredes in die Erfenisarea waar tradisionele kos ook geproe kan word. Dit vind plaas langs die kinderafdeling, propvol vermaak vir die jongspan. Daar is ’n saal vol houtwerkuitstallings en nuwe gereedskap om mee te speel vir dié wat van timmer en saag hou.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

’n Paar van die aantreklikhede by die skou

  • Die Groter Spesialisplantsaal met uitstallings en verkope van bonsai’s en orgidiëe. Waterplante, lugplante en clivias sal onder andere ook verkoop word.
  • ’n Kunsuitstalling wat plantkundige illustrasies insluit.
  • Die Happy Earth Hall, met uitstallings oor die omgewing. Omgewingsvriendelike produkte sal ook verkoop word.
  • Die Spring Spectacular-hondeskou.
  • Viertrekmotors en ’n 4×4-hindernisbaan.
  • Fynproewerskosstalletjies.
  • Erfenisarea met musiek en tradisionele kosstalletjies.
  • Die Mamma, Pappa, en Kleuterskou vir kinderprodukte en ’n speelarea.
  • Daar is tuine wat ontwerp is deur skoliere wat in die provinsie skoolgaan.
  • Die nasionale koekversierkompetisiewenners sal koeke versier in die versiersaal.
  • ’n Kwiltsaal, waar dié kuns se vaardigheid en vakmanskap uitgestal sal word.
  • Uitstallings van blommerangskikkings deur ’n vaardige blomkunstenaar.
  • Buitelugverkope van verskeie planttipes.
  • Gratis praatjies en uitstallings van ’n reeks onderwerpe sal elke 25 minute plaasvind tussen 10:00 en 15:00.
  • Fashion Fantasy-modeskou sal plaasvind op 21 September. Aparte kaartjies hiervoor is beskikbaar by Computicket.

Plek: Royal Showgrounds, Chief Albert Luthuliweg, Pietermaritzburg

Kaartjies: R65 vir volwassenes, R40 vir kinders onder 12 en vir pensionarisse. Beskikbaar by die hek of deur Computicket.

Datum: 22 tot 25 September 2017

Tyd: 09:00 – 17:00 daagliks

Besoek hul webwerf vir verdere inligting: www.gardenshow.co.za.

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

PAS BEKEND | Nuwe kykNET-reeks verken dramas en intriges van nuuskantoor

Adri Joubert was vir twee dekades die koel, kalm, gerusstellende gesig en stem van die…

2 hours Gelede

‘Kokkedoor Vuur & Vlam’: Kreatiewe verskille kelder een van die spanne

Daar het ook ’n spesiale gas opgedaag – dié keer was dit Jess van Dyk…

15 hours Gelede

Pampoenbredie

Genoeg vir 4 Bestanddele   15 ml (1 e) olyf- of avokado-olie 1,5 kg lamsvleis…

1 day Gelede

Voltooi jou kuier in Kaapstad met ’n ete by Marble Cape Town

Die ergste toeriste-gedruis na al die langnaweke het effe bedaar, die kole suis gesellig en…

2 days Gelede

Darren Scott op ‘Laataand by Rian’: “As ek nie kan praat nie, kan ek nie werk nie”

Die emosie het met tye hoog geloop toe Rian van Heerden die radio-legende Darren Scott…

2 days Gelede

Lees saam met jou kind op Wêreld Boekedag

Onthou jy knus voorleestydjies op jou ma of ’n ander volwassene se skoot? Dis vandag…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.