Deur Elandrè Swart. Hooffoto Pixabay
Ons almal weet wat om in die huis te doen om watergebruik te verminder, maar as dit kom by ons tuine en wat om te plant, is die meeste van ons soms ’n bietjie onseker. Met inheemse plante kan jy egter ’n pragtige plaaslike tuin skep.
Wat is inheemse plante?
Inheemse plante is enige plante wat natuurlik op ’n bepaalde plek ontstaan of voorkom. Inheemse plante verg gewoonlik minder instandhouding as eksotiese plante aangesien hulle gemaklik voel in hul natuurlike omgewing.
Voordele van inheemse plante
- Kan hulself handhaaf in arm grond
- Vereis minder of min water
- Lok inheemse voëls en wilde lewe
- Is dikwels medisinaal
- Skep ’n belangrike habitat vir natuurlike fauna
Terwyl die meeste inheemse plante minder water benodig, word hul natuurlike habitat direk geraak deur die droogte. In hierdie geval is ’n bietjie ekstra water nodig.
Wat is droogte verdraagsame plante
Droogte verdraagsame plante het nie veel water nodig nie, en kan eintlik in lae of geen watertoestande floreer. Plante wat droër toestande vergewe, kan geïdentifiseer word deur wasagtige, sappige, harige of taai eienskappe.
Kies enige van hierdie droogtebestande plantsoorte, wat ook inheems voorkom, vir ’n trotse plaaslike en waterbesparende tuin
- Bloulelie (Agapanthus)
- Malva (Geranium sanguineum)
- Gousblom (Arctotis stoechadifolia)
- Bosviooltjie (Barleria obtusa)
- Rooi brakvygie (Aptenia cordifolia)
- Wilde dagga (Leonotis leonurus)
- Kaapse kanferoelie (Cape Honeysuckle – Tecoma capensis)
- Ertjiebos (Butterfly bush – Polygala fruiticosa)
- Botterblom (Gazania rigens)
- Wilde knoffel (Wild garlic – tulbaghia violacea)
- Bitter aalwyn (Aloe ferox)
- Kraanvoëlblom (Strelitzia reginae)
Foto’s in galery: pixabay.com