1 Sny die stingels van 500 g (1 pak) groenboontjies af en sny die bone in 3 cm-stukke. 2 Sit in ’n kastrol en gooi net genoeg water oor om dit te bedek. Voeg 60 ml (¼ k) asyn, 5 ml (1 t) sout en 10 ml (2 t) suiker by. Bring tot kookpunt en prut vir 20 min. 3 Verdeel die warm bone tussen 4 x 250 ml- gesteriliseerde Consol-bottels (of enige ander inlêbottels). Gooi die houers tot oorlopens toe vol en verseël dig. 4 Bêre op ’n koel plek. Dreineer en sit as bygereg voor.