Indiese varkkerrie deur Vickie de Beer, bygestaan deur Inemarie Rabie. Foto: Charles Russell
Indiese varkkerrie
Ingredients
- • 8 ribfilette (ribeye steaks) of varktjops
- • 5 ml (1 t) sout
- • 5 ml (1 t) rooi brandrissiepoeier
- • 15 ml (1 e) olyfolie
- Masala
- • 5 ml (1 t) brandrissiepoeier
- • 5 ml (1 t) borrie
- • 3 cm vars gemmer, geskil en gerasper
- • 3 knoffelhuisies, fyngekap
- • 1 x 400 g-blikkie heel, geskilde tamaties, fyngedruk in die sous
- • 30 ml (2 e) olyfolie
- • 2,5 ml (½ t) fenegrieksaadjies
- • 20 vars kerrieblare
- • 2 groot uie, geskil en fyngekap
- • 5 ml (1 t) sout
- • 5 ml (1 t) bruinsuiker
- • 250 ml (1 k) water
Instructions
1 Geur die varktjops of steaks met sout en sprinkel die brandrissiepoeier bo-oor. Vryf dit met jou vingers in.
2 Verhit die olie in ’n middelslagpan en braai die vleis daarin tot alkant goudkleurig. Haal uit en hou eenkant.
Masala
1 Meng die brandrissiepoeier, borrie, gemmer, knoffel en tamaties in ’n middelslagbak.
2 Verhit die 30 ml olyfolie in dieselfde pan en braai die fenegriek vir 2 min. daarin. Wanneer die saadjies begin bruin word, kan die kerrieblare en uie bygevoeg word. Braai tot sag en goudkleurig. Voeg die tamatiemengsel by die uie in die pan. Laat prut vir 10 min.
3 Geur met sout en bruinsuiker. Sit die vleis terug in die sous en skep die sous oor die vleis sodat dit goed bedek is. Voeg die water by en roer deur.
4 Verlaag die hitte en laat prut saggies vir 1 uur. Draai die vleis gereeld om. Sit die kerrie met die brosgebraaide spesery-aartappels voor.