Genoeg vir 4
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }• 250 ml (1 k) basmatirys
• 125 ml (½ k) geel split-ertjies
• 10 ml (2 t) vinkelsaad, liggies gerooster
• 30 ml (2 e) olyfolie
1 Week die basmati vir 6 uur in 500 ml water in ’n middelslag-mengbak. Week ook die ertjies vir 6 uur in 500 ml water in ’n ander mengbak.
2 Verwerk die basmatirys en die ertjies afsonderlik in die weekwater in ’n voedselverwerker tot romerig.
3 Meng die basmati en ertjies en laat oornag gis tot dit borrel en die stysels afgebreek is (in kouer weer neem dit langer).
4 Voeg die vinkelsaad by en geur met sout.
5 Verhit ’n bietjie olyfolie in ’n kleefwerende pan.
6 Voeg sowat 45 ml van die beslag in die pan en draai die pan rond om die deeg eweredig te versprei.
7 Bak totdat daar borreltjies aan die bokant verskyn.
8 Draai die pannekoek om en bak vir nog 2 min.
9 Herhaal met die res van die beslag.
Genoeg vir 4 saam met die dosa
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }• 45 ml (1½ e) olyfolie
• 4 naeltjies
• 1 kaneelstokkie
• 2 kardemompeule
• 5 ml (1 t) vinkelsaad
• 1 ui, dun gesny
• 1 klein brandrissie, middeldeur gesny
• 3 kerrieblare
• 1 tamatie, grof gekap
• 5 ml (1 t) gemmer, gerasper
• 5 ml (1 t) knoffel, gekneus
• 2,5 ml (½ t) sout
• 1 ml (¼ t) borrie
• 2,5 ml (½ t) gemaalde koljander
• 1 ml (¼ t) gemaalde komyn
• 2,5 ml (½ t) garam masala
• 1 groot blomkool, in blommetjies gesny
• 125 ml (½ k) klapperroom
Koljandersous
• 1 bossie vars koljanderblare
• 1 fyn gekapte knoffelhuisie
• 5 ml (1 t) lemmetjiesap
• ’n halwe rooi brandrissie, wit vliesies uitgehaal en fyn gekap
• 80 ml (⅓ k) water.
• Meng al die bestanddele in ’n voedselverwerker tot glad.
• Geur met sout en swartpeper.
1 Verhit 15 ml van die olie in ’n pan en voeg die naeltjies, kaneel, kardemom en vinkel by, en braai vir 2 min. tot geurig.
2 Voeg die uie, rissie en kerrie-blare by en soteer tot die uie goudbruin is.
3 Voeg die tamatie, gemmer, knoffel en sout by en soteer tot die tamatie gaar is.
4 Voeg die borrie, koljander en komyn by.
5 Voeg 125 ml water by en meng dit deur.
6 Kook die mengsel oor lae hitte totdat dit byna drooggekook is.
7 Voeg die garam masala en die blomkool by.
8 Kook oor matige hitte totdat die blomkool net-net gaar is.
9 Voeg die klapperroom by en prut vir nog 5-7 min. tot die blomkool sag is maar nie pap nie.
10 Skep die blomkoolkerrie op die dosa-pannekoeke en sit met die koljandersous voor.
In die 11de episode van Kokkedoor Vuur & Vlam, kykNET se spannende koswerklikheidsreeks, word die…
Die verandering van somer na herfs beteken dat somer-beddegoed deeglik gestoor moet word tot die…
Deur Jade Rhode As jy opgemerk het dat jou foon doodgaan na 'n kort…
Vraag Moet ek my my grimeerkwassies was, en hoe gereeld? - Tirsa van Staden Lees…
Showmax se gewilde werklikheidsreeks, The Mommy Club: Van die Hoofstad bied ’n vars, maar soms…
Hierdie webwerf gebruik koekies.