Ina Genade: Van waar, Gehasi?

Van waar, Gehasi? deur Ina Genade. Hooffoto: pexels

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Van waar, Gehasi?

Die afgelope amper 19 jaar loop ek met ’n andersoortige strop-om-die-nek. Dit het gekom met die spreekwoordelike strop-om-die-nek wat met ’n ring-aan-die-vinger gepaardgaan. En met die verandering van nooiensvan na … Genade.

Soos vanne gaan, weet ek Genade is nie sleg nie. Inteendeel.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Maar, dit is ongewoon en “anders” en vir die volle duur van my universiteitskys, het ek gereeld as ons ’n bespreking maak by ’n restaurant, gehoor: “My Genade… hoop nie julle gaan lank wag nie!”, “Ai, Genade…!” of “Genade, dis die eerste keer dat ek só ’n van hoor…!” en dergelike grappies en woordspelings.

Met my goeie streep feminisme en voortvarendheid van die jeug, is ek toe rondom die troue vas oortuig dat ek my nooiensvan sal behou. Want, ek was darem al meer as twee dekades gewoond aan die self effe vreemde “Larney”. En, as bonus het ’n groot deel van die Kaap my dikwels gegroet met: “Hoesit, my Larney?”

Ek kan nie mooi onthou hoe dit gebeur het nie, maar die een oomblik was ek nog Ina Larney en toe reis ek as Ina Larney-Genade op wittebrood… en toe is ek Ina Genade.

Volgens my Larney-oupa destyds, was dit wel ’n Genade dat ek Ina Genade geword het en toe die eerste agterkleinkind op pad is, was Oupa se woorde aan my: “Wat ’n klein Genadetjie!”

Met sy self effens inge-wikkel-de van, het die sestiende-eeus gebore Shakespeare baie te sê gehad oor name. Hy het onder andere gevra: “What’s in a name?” en voortborduur dat ’n roos netso lekker sou ruik indien dit iets anders as ’n roos genoem sou word.

Almiskie. Ek dink daar is tog ’n paar dorings in die vlees as mens met ’n ongewone naam of van opgesaal word.

As hoërskoolmeisie het ek dikwels in die naburige laerskoolsaal moes giggel oor ’n voormalige hoofmeisie se van wat op die bord pryk: K. Topless. Dit kan mos nou eenmaal nie maanskyn en rose wees vir ’n jong tiener om haarself as mej. Topless voor te stel nie?

Dieselfde met Hoogenboezem, Tietz en Haasbroek. Ek glo Schietekat, Van Brakel en Kotze kan ’n mens ook effe bleek om die kieue hê weens die geterg.

Soms kry mens ’n van wat egter nommerpas is vir iemand se beroep.

Een van ons kerk se dominees het die van Burden. Hoe gepas vir ’n beroep waar ’n mens dikwels ander se laste moet help dra.

As jou van egter Steyn is, sal dit wys wees om nie jou babadogter “Phyllis” te laat doop nie.

So ’n paar jaar gelede het daar ’n herrie in die pers uitgebreek oor winkelpoppe wat kwansuis te lig in die broek is en vroue se onsekerheid oor hulle voorkoms uitbuit. Wie beter as die kampvegter vir vroueregte Lisa Vetten om stem… uh… dik te maak hieroor?

Dit het my laat dink wat ek sou kon doen as ek bekend gestaan het as Ina…

Brand: Ek sou meer water gedrink en geswem het.

Kok: My kinders sou meer as net eiermayobroodjies gekry het.

Prins: Ek sou met ‘n tiara op my kop geloop het.

de Jager: Ek sou beter moes begroot vir spoedboetes.

Rust: Ek sou nie so min geslaap en so baie gegaap het nie.

Burger: Ek sou minder skuldig gevoel het om so gereeld deur die DriveThru te ry.

Du Plooy: Ek sou minder geld bestee het aan duur gesigroom.

Blom: Ek sou presentpotplante dalk langer aan die lewe kon hou.

Smal: Ek sou dalk twee maal gedink het voor ek die hele pizza opeet.

Breedt: Ek sou die hele pizza opeet.

Moore: Ek sou minder mense toelaat om met my te sukkel … maar, terselfdertyd gewonder het of neonoranje by my pas.

Verhoog: Ek sou minder in die stort gesing het en meer saam met Karen Zoid gejam het.

Fortuin: Ek sou heeldag inkopies gedoen en lotto gespeel het.

Niemand: Ek sou heerlik in(a) cognito deur die lewe gegaan het.

Negentien jaar na my vanverandering, stem ek egter saam met Oupa oor genade en Genade.

Hoewel, met twee bedrywige pretieners op laerskool, wens ek meermale my van was eerder Geduld.

As jy van Ina Genade se blog Van waar, Gehasi? gehou het, lees Ina se ander blogplasings vir rooi rose hier

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Vyf vrae aan Anna Davel oor Suidoosterfees se ‘Konsert van Hoop’

Die 22ste Suidoosterfees word ingelui deur ’n indrukwekkende konsert van populêre en klassieke musiek. Anna…

59 minutes Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Kristen Raath oor ‘Niggies’ en ma-wees op skerm

Hooffoto: Stavros Cassapis   Sedert die eerste episode van Niggies op kykNET uitgesaai is, het…

3 hours Gelede

PAS BEKEND | Nuwe kykNET-reeks verken dramas en intriges van nuuskantoor

Adri Joubert was vir twee dekades die koel, kalm, gerusstellende gesig en stem van die…

5 hours Gelede

‘Kokkedoor Vuur & Vlam’: Kreatiewe verskille kelder een van die spanne

Daar het ook ’n spesiale gas opgedaag – dié keer was dit Jess van Dyk…

18 hours Gelede

Pampoenbredie

Genoeg vir 4 Bestanddele   15 ml (1 e) olyf- of avokado-olie 1,5 kg lamsvleis…

1 day Gelede

Voltooi jou kuier in Kaapstad met ’n ete by Marble Cape Town

Die ergste toeriste-gedruis na al die langnaweke het effe bedaar, die kole suis gesellig en…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.