Slange en die ander angswekkende adder in ons midde deur Ina Genade. Hooffoto: pexels
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }
Vandag in my gunsteling supermark, kry ek die boodskap op my foon dat ’n ou skoolvriend my in ’n plasing op facebook ge-tag het. As taalpraktisyn is ek al gewoond dat ek in grappies oor spelfoute en taalgenerale gehaak word en dus maak ek gou dié notification reg langs die groente- en vrugterak oop.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }Skrik my summier in ’n ander spesie in, want anders as die gewone spelfeite en taalgeite, staar daar ’n koelbloedige gedrog my vol in die oog reg langs die koel komkommerrak.
Die vriend, met wie ek honderde kilometers op teersypaadjies in wind en weer aangedurf het skool toe, het dit goed gedink om my te terg met ’n foto van ’n reusagtige pofadder. Seker op sy werksperseel in ’n mooi Bolandse omgewing gewaar, maar niks, absoluut níks daarvan stem my dankbaar vir die deel nie.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }In my studentedae was ek tog te gewillig om lang, romantiese wandelings langs die Suidersee te hê met my mooi kêrel. Eendag, kort voor my 19de verjaardag, gaan stap ons hoeka helderoordag in die rigting van die strandmeer, so ’n paar kilometer vanaf die suidste punt van Afrika. Die een oomblik is my blonde, breëskouerkêrel nog ’n paar meter voor my in die enkelspoorpaadjie. Die volgende oomblik is daar ’n blinklyf swart gedrog van etlike meters (of sentimeters) krioelende voor my in die sand. Die breëskouer blonde kêrel? Etlike meters agter my aan’t lapasaaid weg van die gevaar.
Kavalierskap het sowaar gesneuwel, besef ek daardie dag.
Maar, daardie dag was ook die laaste keer wat ek met ’n ligte gemoed (en dergelike ander ligte dinge… gewig, gravitasie en ouderdom is toe weliswaar nie tjommies nie) sorgvrye strandwandelings onderneem het.
Ek en my slangfobie is sedertdien gewillige stoepsitters, baie dankie. Mits ons ’n bankie het waarop ons voete kan rus. Want… seilende stoepbesoekers.
Het jy al ooit regtig geskrik? Soveel so dat die vrees reg in jou voete, bene, skouers, nek, kop en maag nukkerig gaan nestel, alles op een slag? En jou handpalms is sweterig en bewerig?
Ek het vandeesweek só ’n oomblik beleef. En, al sê logika en gesonde verstand, dit was net skrik vir ’n pampoenspook, was dit régtig. Dit was in al my ledemate, verlammend so.
Want sien, die skrik was nie vir ’n seilende gedrog nie. Maar, wel vir die misrabele monster wat die laaste tyd die meeste van ons gewone, hardwerkende, nie-kwaadwillige landsburgers van alle groottes, gelowe en velkleur in sy greep het.
Ek weet nie wat die polities korrekte term vir die vrees is nie, maar ek noem dit rasseskrik.
Daardie oomblik se angs as jy besef dat iemand van ’n ander ras jou goedbedoelde optrede kwaadwillig as rassisties brandmerk.
’n Juffrou van die relatief klein Noordwes-dorpie, Schweizer-Reyneke, het met die aanvang van die skooljaar só deurgeloop. Haar goedbedoelde foto om nuwe graad R-ouers gerus te stel dat hulle kinders skool geniet, is deur een kwaadwillige mens gekaap, dit het gesneeubal en voor sy haar oë kon uitvee was sy midde ’n wekelange herrie vasgevang en geskors uit ’n pos waarin sy volgens ouers van álle rasse as uitblinker bestempel is. Al is haar onregmatige skorsing na weke opgehef, kan ek nie help om te wonder hoeveel letsels dit nie net by haar en haar geliefdes nie, maar ook by die leerders en die breë gemeenskap gelaat het nie.
Politieke ontleders is van mening dat hierdie maar een van vele gebeurtenisse is wat in die verkiesingsjaar rassespanning op die spits sal dryf.
Net verlede week is ’n groot fratsongeluk by ’n hoërskool waarin vier leerders gesterf het, oombliklik deur kwaadstokers in ’n politieke speelbal verander waarin uiters onmenslike en onsmaaklike uitsprake gemaak is. Aan die ander kant het duisende stemme opgegaan vir die oënskynlike diskriminasie wat die betrokke hekwagters toepas – hoekom word alle mense en oortreders van menseregte nie oor dieselfde kam geskeer nie?
Vroeër vandeesweek het ek self deurgeloop. Ons woon in ’n veelrassige, multikulturele dorp en my kinders woon ’n skool by wat aansluit by dié demografie.
As vrywillige administrateur van die skool se Facebook-blad, kry ek dikwels met verskillende mense oor verskillende kwessies te doen. Meestal word skoolnuus en –foto’s gedeel, maar soms kry ek ook vreemde navrae en versoeke.
Een oggend die week stuur ’n ouer vir my foto’s van sy kind wat die afgelope naweek presteer het, via die skool se Facebook-blad. Ek vra hom om dit ook via foonboodskap aan my te stuur en laai die foto’s en inligting op die blad.
Bykans agt ure later, terwyl ek ’n skoolvergadering bywoon, kry ek ’n baie ontevrede boodskap van die ouer oor die wyse waarop ek sy kind se foto’s geplaas het. Hy beskuldig my daarvan dat ek opsetlik en kwaadwillig nie die inligting oor sy kind se prestasies op die blad wou plaas nie en insinueer dat ek sekere kinders bevoordeel en ander nie.
Ek was stomgeslaan.
Eerstens oor die wyse waarop hy sy boodskappe verwoord – ek is geleer om onder geen omstandighede met enige mens só te praat nie. Maar, die grootste vuishou in die maag was sy blatante sinspeling daarop dat ek ’n rassis is. Totdat sy ongeskikte boodskap my aandag daarop vestig dat sy kind van ’n ander ras is as ek, het dit nie eens by my opgekom nie. Ons is een skool en elke leerder is 100% deel van die skool, het ek nog altyd gedink.
Die ironie van dié voorval is dat die foto’s van sy kind wel met die volledige, taalversorgde inligting van die prestasies as onderskrif onderaan elke foto geplaas is. Hoe en hoekom hy dit kon en wou miskyk, wil ek nie eens raai nie.
Maar, dit laat my by die vraag: Wanneer gaan ons doodeenvoudig te bang wees om op enige manier ons bydrae te lewer tot die skool, werksplek en gemeenskap omdat ons te bang is dat ons goeie bedoelings gekaap en verdraai word?
No good deed goes unpunished, lui die gesegde.
Wanneer gaan ons toegee aan die vrees om uit te reik, te deel en te lewe omdat die prys weens opstokers net te hoog raak?
MSI is opgewonde om ons eksklusiewe vakansieverkope aan te kondig, wat van 10 Desember tot…
Die lewe is te kort om al jou eie foute te maak. Leer by ander…
Los jy jou potjies se deksels oop of staan jou skoonheidsprodukte in die son? Dan…
Maak hierdie maklike gemmerbier - dit bevat nie gis nie! Dis die heerlikste afkoel-drankie.
Vonkelwyn is ryk aan geskiedenis Die tradisie om met vonkelwyn iets te vier word histories…
Met hierdie wenke sal jy soggens die spreekwoordelike gousblom eerder as die molshoop wees, al…
Hierdie webwerf gebruik koekies.