kategorieë: Blogs

In Oupa en Ouma se huis

Die huis krioel van die kinders. Sewe kleines onder die ouderdom van tien, die jongste net duskant twee. En agt uitgegroeide kleingoed, tussen drie-en-dertig en vier-en-veertig jaar jonk. Dis Kersfees, vakansietyd en groot en klein kom tuis in Ouma en Oupa se huis.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Vir weke is daar gebak, gebrou en gevries. Die kinders kom. “Ons was nog nooit so goed voorbereid soos dié jaar nie,” sê Oupa trots, terwyl Ouma my staanmaak in haar kreunende spens . . .

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Die vrugtekoeke is lankal klaar, blink soldate in ’n ry. Keurig gebak, gevoed en gemerk, met Ouma se skoot humor daarby. Sy weet: “Die gebreekte koek” en “Die plat koek” sal smullend hul pad vind. Net soos elke kinderspan se sak beskuit – “ietsie vir brêkfis”. Self gebak, ons Ouma-se-beskuit.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Sy wéét – kreunende tafels en kokende kospotte hou die krioelende kroos vreedsaam.

Dan gaan haal sy dit, ‘n dik lêer, netjies gemerk. “Ouma het haar navorsing gedoen,” sê ons rasieleier- Oupa trots en Ouma wys waarheen Google hul kon lei.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Op elke blad ’n kunsprojek om die kleinkinders (en grootmenskinders) te vermaak. ’n Mandjie vaal toiletrolle word ’n kleurryke kolonie grootoog-uile, groen eierhouers kry nuwe lewe as pienk varkgesiggies (reeds deur Oupa uitgeknip en varkpienk geverf) en boekmerke lê reg om met stokkies, blinkers en bont pypskoonmakers versier te word.

Die eetkamertafel in Ouma se huis word ’n kunstafel, een wat die hele vakansie so bly staan – dié plek waar niggies en neefs uit Kenia, Nigerië, Malmesbury en Durbanville mekaar tussen spoeg en plak weer vind. Terwyl die uitgegroeide kleingoed uitasem (en al kouende) op die stoep lafenis soek of (soms voete-en-al) op Ouma se banke hang.

Skryf ’n vriend wat dié spulletjie op Facebook beloer: oumas kry groot huise in die hemel. Met die krioelende klomp onder haar haar voete mompel Ouma goedig: dalk wag daar vir oumas ’n hemelse eenmanswoonstel.

Asof sy dit sal hou, lag my binneste, terwyl ek kyk hoe sy met groot sorg ’n toutjie deur elke kinder- kunswerk ryg en ophang aan Oupa se geprakseerde draadkonstruksie in haar kantoor.

Later maan Ouboet, die wyse een, ons met gebruiklike erns tot stilte en lig sy glas: “Ons sien die hele jaar hierna uit, dat ons saam só kan sit. So kom ons geniet dit!” Ek luister nie verder nie, dink aan ’n vriendin wat kies om dié jaar die feestyd saam met ander vir alleenheid te ruil.

Ja, Boet, hierdie keer is jy reg. Só moet dit wees. ’n Krioelende kroos in Oupa en Ouma se huis.

Tot volgende week,

Marí
www.incontext.co.za

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

‘Kokkedoor Vuur & Vlam’: Net drie spanne oor ná stormagtige braai-uitdaging

In die 11de episode van Kokkedoor Vuur & Vlam, kykNET se spannende koswerklikheidsreeks, word die…

1 day Gelede

Pak jou somerlinne só weg

Die verandering van somer na herfs beteken dat somer-beddegoed deeglik gestoor moet word tot die…

1 day Gelede

Foute wat jy moet vermy wanneer jy jou slimfoon laai

Deur Jade Rhode   As jy opgemerk het dat jou foon doodgaan na 'n kort…

1 day Gelede

Was jou grimeerkwassies só

Vraag Moet ek my my grimeerkwassies was, en hoe gereeld?  - Tirsa van Staden Lees…

1 day Gelede

‘The Mommy Club’ se Ansu Viljoen: ‘Nie almal is bedoel om in jou binnekring te wees nie’

Showmax se gewilde werklikheidsreeks, The Mommy Club: Van die Hoofstad bied ’n vars, maar soms…

1 day Gelede

Suurlemoen-en-klapper-skywe

Resep deur Vickie de Beer

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.