kategorieë: OuerskapJou lewe

In matriek? 6 wenke vir jou belangrike studiebesluit

Versorg deur Mariette Snyman. Foto Pixabay

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

“Hoewel matrieks nou druk besig is met die uitdagings van hulle graad 12-jaar, is dit wys om dadelik aandag aan hul toekoms te gee. Só haal hulle ’n las van hul skouers af,” sê Tammy Oppenheim, programhoof by die Fakulteit Geesteswetenskappe by The Independent Institute of Education, Suid-Afrika se grootste private verskaffer van hoër opleiding.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

“Matrieks moenie sommer op die ingewing van die oomblik besluit om ’n tradisionele driejaar-graad by ’n tradisionele instelling te loop nie. Dis belangrik om hul eie navorsing oor die voor- en nadele van verskeie kwalifikasies en instellings te doen, sodat hulle die beste roete kan kies wat kan lei na sukses in ’n veld wat hulle opgewonde maak.”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Hier is ses wenke wat jou kan help om die beste moontlike besluit te neem:

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

1 Studieveld

Die studiemoontlikhede wat openbare en private opleidingsinstellings bied, verskil. Daar is ook verskille tussen openbare instellings onderling, en tussen verskillende private instellings. Kyk uit vir ’n instelling wat in jou gekose werksveld spesialiseer, of sorg dat die fakulteit of departement ’n goeie reputasie het in die betrokke industrie. Vir werk in ’n niche-industrie kan opleiding by ’n niche-instelling sinvol wees. Vors jou opsies goed na en maak seker jy kies ’n geakkrediteerde instelling met ’n goeie naam.

2 Kwalifikasie

Vind ’n instelling met ’n kwalifikasie wat direk tot jou ambisies spreek. Kwalifikasies word nie altyd vernoem na die veld wat hulle ondersteun nie; jy sal in diepte na die kurrikulum moet kyk. Gelukkig is dit vryelik op die meeste webwerwe beskikbaar.

Jy sal in diepte na die kurrikulum moet kyk

3 Bekostigbaarheid

Dit is verstandig om ’n instelling te kies wat bekostigbaar en goed geleë is. Hou kostes bo en behalwe studiefooie in gedagte. Dit maak geen sin om jou droom te laat sneuwel omdat jy nie met vervoer- of verblyfkostes kan bybly nie. Wees realisties oor wat haalbaar is, en gee jouself ruimte om sonder ander bekommernisse op jou studies te fokus. Ondersoek beurse en verskillende betaalopsies. Maak jou somme en vergelyk die koste-effektiwiteit van verskillende instellings. Baie mense vergeet om na die slaagkoers by spesifieke instellings te kyk. As die meerderheid studente nie binne drie jaar gradueer nie, is laer fooie nie werklik ’n besparing nie. Netnou kos die studie jou ’n ekstra jaar.

4 Kultuur

Baie instellings het ’n lang en roemryke tradisie. Miskien is een van jou ouers ’n oudstudent van die universiteit wat jy in die oog het. Onthou egter: hoewel tradisie belangrik is, is dit belangriker vir jou toekomstige aanstelbaarheid om ’n instelling te kies wat bygehou het met die veranderende vereistes van die wêreld van werk.

“Aan die ander kant is jou gootste behoefte dalk om in ’n vrye, kreatiewe omgewing te studeer. Om uit te vind wat jou die beste sal pas, moet jy met huidige en voormalige studente van die instellings wat jy in die oog het, gesels.

Kyk na die slaagkoers by die spesifieke instelling

5 Grootte

Party instellings sien na tienduisende studente om. As jy ’n introvert is, om te studeer ’n groot uitdaging vind, of op hoërskool aan kleiner groepe gewoond geraak het, moet jy jou opsies by kleiner instellings ondersoek. Om by so ’n instelling te studeer kan minder oorweldigend wees, met minder studente per dosent. Dit behoort meer individuele aandag en leiding te beteken.

6 Ander belangstellings

As jy ’n toegewyde atleet is of ’n niche-stokperdjie of belangstelling het, moet jy seker maak jy studeer in ’n omgewing wat dit sal akkommodeer en aanhelp. Maak net seker jy basseer nie jou hele toekoms op sport of ’n stokperdjie nie. Onthou, stokperdjies en sportbelangstellings kan baie keer beter deur klubs of ligas bevredig word. ’n Kampus is nie die enigste plek wat deelname verseker nie.

“Deur nou proaktief op te tree, sal die maande wat kom vir jou baie minder stresvol maak. Dan kan jy later hierdie jaar ’n ingeligte keuse maak wat jou die beste kans sal gee om jou loopbaandrome binne die kortste tyd te laat realiseer.

“Voor jy op daardie stippellyn teken, moet jy seker maak die instelling is geloofwaardig, dat jou gekose kwalifikasie jou vir die vereistes van die wêreld van werk sal toerus, en dat dit jou langtermyndoelstellings ondersteun.”

Deel
Gepubliseer deur
Mariette Snyman

Onlangse plasings

Dié ekspo in Pretoria bied iets aan vir die hele familie – Dis Outdoor X tyd

Vanaf 30 Mei tot 1 Junie, vind dié ekspo plaas by Idlewild Country Estate, net…

10 mins Gelede

Slim maniere om minder sout te gebruik

Ons kyk hoej jy, as vernuftige tuissjef, heerlike smake met minder sout kan optower én…

23 hours Gelede

Drie goed wat jy oor ‘Suidooster’ se stormagtige April móét weet

Dit blyk ’n paar Ruiterbosch-inwoners gaan in April vir die gek gehou word danksy allerhande…

24 hours Gelede

Van Siprus se skaduwees tot Aronspoort se geheime – twee verhale vol liefde en gevaar

Wanneer gevaar met romanse gekombineer word, is ’n boek nie net ’n storie nie, maar…

2 days Gelede

Kom Clarens toe vir die kunstefees op 1 Mei!

Die fees word vanjaar van 1 tot 4 Mei gehou.    [gallery columns="2" size="medium" ids="151862,151861"]…

2 days Gelede

Bak vir Eid al-Fitr: Groot dinge gebeur as daar tradisie, samehorigheid en soet vieringe is

Die kern van hierdie tradisie is die kuns daarvan om so te bak dat eenvoudige…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.