kategorieë: Blogs

In Honde Hemel

Somtyds is vryskutwerk die lekkerste werk. Die afgelope week het ShowMe Pretoria my gevra om die Dewald Wasserval show by die nuwe Blou Hond in Lynnwood te gaan cover. So is die heel dag eintlik een groot ramp vol moeilikhede en simpelhede en teen die tyd wat ek arriveer wil ek veel eerder op my bed lê terwyl ek probeer wyn drink sonder om te mors.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Met die intrapslag het ek egter hond se gedagtes begin kry – ek mag dalk net hierdie aand begin geniet. Eerstens was die mense so behulpsaam dat ek hulle skoon bejammer het dat hulle opgesaal is met so ’n nukkerige gas soos ek. En tweedens het ek die lekkerste bord kos gekry wat ek in ’n lank tyd geëet het. Vergeet van jou ouma se Sondagmiddagfeeste – die Kook en Geniet-tannie sou haar hande saamgeslaan het oor daai bord kos.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

En toe begin die pret eers! Kyk, ek het laas so lelik gelag en geblaf by die Barnyard se 60’s Rock Show. Phillip Moolman maak ’n fantastiese (en vreemd genoeg heel interessante) gasheer en is eintlik ’n act op sy eie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

’n Bottel wyn later het Dewald Wasserval sy verskyning op die verhoog gemaak en teen daai tyd kon die gehoor nie genoeg tjank en blaf om hulle goedkeuring oor te dra nie. Dewald is werklik ’n belewenis en een van die min kunstenaars wie se cd ek herhaaldelik in my motor sal luister. (Sy stem het ook ‘n kalmerende effek op my padwoede).

Die hele konsep van die Blou Hond is net vir my geniaal. Dis darem ’n fantastiese belewenis om al die allerdaagse dogmatiek by die venster uit te gooi en net groot te gaan. By watter ander plek sal die mense jou toelaat om jou goedkeuring te tjank sonder om vir jou ‘n plek in Witrand te bespreek?!

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Ek was ook verskriklik bly om te hoor dat hulle nou elke Woensdagaand ’n meer intieme show in die kelder hou (die wynkelder, nie bloubaard se tuiste nie). Dit beteken dat ek lelik kan lag (of tjank), terwyl ek wyn drink en na wyn kyk. Hoeveel beter kan dit raak?

Ek dink nie jy kan verkeerd gaan met ‘n aandjie uit by Die Blou Hond nie, ek weet dat ek nou ’n lojale brak is wat hulle aanbetref.

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Stel die verbruiker se ervaring eerste! MSI se reis van 20 jaar om ’n ryk van skootrekenaars te bou

’n Nalatenskap wat daarop gebou is om hul verbruikers te verstaan  Oor die afgelope 20…

3 hours Gelede

Het jy wat dit vat vir ‘Die brug’ se tweede seisoen?

Iewers op ’n eiland met ’n toring staan nog ’n skatkis wat R1 miljoen kontant…

9 hours Gelede

Smelt-in-die-mond-koekies

Maak 30 koekies • 500 ml (2 k) koekmeel • 80 ml (1⁄3 k) kakao…

10 hours Gelede

Geurige tamatie-en-wors-gebak

Geurige tamatie-en-wors-gebak. Resep deur Vickie de Beer   Lees ook: Geurige worsies met sampioene en…

10 hours Gelede

Gebakte Carbonara

Vir hierdie heerlike gebakte Carbonara druk jy die blokkies mozzarella tussen die pennepasta in! Resep…

11 hours Gelede

Ribollita

Ribollita is ’n Toskaanse sopbredie. Dit word soos ’n sop gemaak maar is so lekker…

11 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.