kategorieë: Leefstyl

In Fees van ’n ryding

Op ’n bekendstelling van die nuwe Ford Fiesta, teen die einde van Februarie, het ons die wiele laat sing al die pad van die Kaap tot in Robertson. En die Fiesta was soos sy naam belowe, ’n fees. Die grootste verrassing is die 1-liter EcoBoost enjin (met drie silinders) wat jou gaan verras met sy ratsheid en gewilligheid. Die enjin mag op papier klein klink, maar Ford het met nuwe tegnologie dit reggekry om ’n towerstaf te swaai en ’n merkwaardige 92kW se krag uit hierdie enjin te tower. Meer as die huidige 1.6 liter enjin wat dit vervang. Geen wonder hulle het die Internasionale Enjin van die Jaar prys hiermee gewen nie. En dan sal die brandstofbesparing jou keer op keer bekoor met fabrieksyfers van 4,3 liter per 100km.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Die ander stukkie towerkrag is “ouerskap met afstandbeheer”. ’n Nuwe opsionele funksie “MyKey” laat ouers toe om beperkinge op die voertuig te plaas om jong bestuurders te help om veilig te bestuur. Ouers kan die voertuig se topspoed en volume van die musiekstelsel beperk sowel as klikkers op sekere snelhede (soos 60km/h) plaas om die bestuurder te herinner dat hy vinniger as die voorstedelike spoedgrens ry. Daar is twee modelle in die EcoBoost reeks; die Trend kos R211 500 en die Titanium is R231 500.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }
Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose
Tags: KarFord

Onlangse plasings

Is jy dalk uitgebrand? Toets jouself

Toets 1 Ek voel emosioneel dood. Dit is asof ek my werk en my kollegas op…

19 hours Gelede

6 oefeninge wat snork stop sit

Ons snork omdat ons keelweefsel pap raak. Spiere wat nie gebruik word nie raak pap…

19 hours Gelede

5 dekorflaters om te vermy

Dit is nie altyd maklik om jou eie huis te versier nie. Ons het gaan…

19 hours Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met André de Villiers oor nuwe seisoen van ‘4×4 Met André’

Maak jou reg vir ’n onvergeetlike Namibiese 4x4-avontuur met die bekende 4x4-spesialis, André de Villiers.…

20 hours Gelede

Marciel groet vanjaar ‘Boer soek ’n vrou’

In ’n eksklusiewe onderhoud met Landbouweekblad het die Boer soek ’n vrou-aanbieder Marciel Hopkins onthul…

22 hours Gelede

6 maniere om griep te klop

Griep is winter se lewenslange vennoot. Sodra die koue tref, kan jy maar seker wees…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.