Immergroen Mid Century deur Cornél Dunn. Hooffoto:iStock
“Midcentury modern” beskryf breedweg die argitektuur, meubels en grafiese ontwerp van die middel van die 20ste eeu (ruweg 1933 tot 1965). Dit is deesdae weer groot nuus en jy kan maklik hierdie voorkoms kry!
Wit mure
Die meerderheid Mid Century-huise het wit mure. Dit plaas die fokus op die besondere meubels. Maar jy kan ’n fokusmuur donkerder verf, of met getekstureerde muurpapier plak.
Indien jy gelukkig genoeg is om houtmuurpanele of ’n rou steenmuur te hê, los dit ongeverf.
Lees ook: Die 11 dekortendense vir 2019 waarvan jy moet weet
Dink pienk! 5 maniere hoe om nou pienk in jou huis te gebruik
Vloerbedekking
’n Sleutelelement van hierdie voorkoms is hout.
Eike-, okkerneut- en kiaathoutvloere is goeie keuses. Gelamineerde hout is ’n goedkoper opsie.
Lees ook: Die jongste kombuistendense
Meubels
Kies ’n bank met reguit lyne. Banke en stoele is ’n groot fokuspunt in hierdie huise. Die perfekte bank het reguit armleunings en hoë, spits pootjies pleks van geronde pote.
Kies ’n sterk kleur vir die bank. Koningsblou stoffering met geel strooikussings is baie treffend.
Lees ook: Die 5 belangrikste beleggings vir jou huis – en hoe jy moet kies
Spieëls
’n Spieël het die vermoë om ’n vertrek groter te laat vertoon. Mid Century het ’n baie spesifieke styl as dit by spieëls kom.
Plaas ’n groot, ronde spieël oorkant ’n venster sodat die buite-area daarin weerkaats word.
Lees ook: Jy kan ’n plastiekvrye badkamer skep
Beligting
Kies lampe met dun basisse. Veral gebuigde vloerlampe is tipies aan die styl.
Gebruik lampe oorvloedig en beperk hangligte omdat dit ’n vertrek oorheers.
Kies gloeilampe met ’n geel gloed omdat dit die vertrek versag.
Lees ook: Kies die regte kaggel vir jou huis
Plante
’n Sleuteltema van hierdie tendens is om die binne- en buite-areas te kombineer.
Gebruik baie plante in jou huis en plaas hulle op verskillende hoogtes. Sommige kan uit ’n mandjie hang en ander op die vloer staan.
Indien jy nie ’n hand met ’n plant het nie, kan jy in kunsplante belê.
Lees ook: Plante wat selfs beginners aan die gang kan kry
Tekstiele
Herhaal patrone en geometriese vorms in jou strooikussings. Maak seker die basiskleur word ook herhaal.
Lees ook: Pak só jou somerlinne weg
Die 5 beste wenke vir kinderkamers
Verskaffers
Mr Price Home | mrpricehome.com
Cielo | cielo.co.za
@Home | home.co.za
Skinny LaMinx | skinnylaminx.com