kategorieë: Ons menseBekendes

Ilse Klink oor haar ‘Suidooster’-karakter: Dié sakevrou gaan dinge laat gebeur

Sy het al haar merk gelaat in talle Suid-Afrikaanse sepies waaronder Isidingo: The Need en op die silwerdoek in Stroomop. Nou het die Kaapse Dokter haar tot binne in Ruiterbosch, die fiktiewe Kaapse woonbuurt waar die kykNET-sepie Suidooster afspeel, gewaai. Vind uit wat Ilse Klink laat tiek . . .

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Wat kom maak Imelda in Ruiterbosch?

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Imelda Davis is ’n besigheidsvrou en kom Ruiterbosch toe want sy wil ’n ontvangsarea laat bou vir kliënte wat hul seiljagte in die dokke daar in die Kaap wil kom anker, maar dis nie al nie. Sy het natuurlik allerhande ander planne as sy daar aankom.

Sy gebruik haar een werk met die seiljagte om die ander projek wat sy het, uit te voer. Maar sy kom daar en sien iets onverwags, iets wat sy nie gedink het sy sou teëkom nie en dit gaan oor familiebande.

Hoe sal jy Imelda beskryf, en wat hou jy van haar?

Imelda is ’n sterk, selfstandige besigheidsvrou. Sy’s baie slim, sy’s baie conniving, sy het baie selfvertroue en sy dink niks daarvan om mense, spesifiek mans, komplimente te gee nie, selfs al is sy ’n bietjie ouer as hulle. Sy sê wat sy wil sê, sy weet hoe om mense te manipuleer.

Die ding wat ek die meeste van Imelda hou, is haar sexy selfvertroue.

Jy het nou al in ’n paar sepies gespeel. Hoe was dit vir jou om terug op ’n sepiestel te wees en wat geniet jy daarvan om in ’n sepie te speel?

Ek dink ek het al amper elke sepie in Suid-Afrika gedoen. Oukei, nou nie almal nie, maar baie van die Afrikaanse sepies.

Ek hou daarvan om ’n storielyn te doen, al is dit nou ’n drie-maande storielyn of ’n maand lank of so. Jy kan die karakter voluit laat speel. Dis ’n storie van begin tot einde oor ’n korter tydperk, dit word nie so uitgerek nie. Dis in and out.

Ek hou daarvan om deel van ’n geselskap te wees wat permanent saam is. Jy is ’n besoeker en nie eintlik deel van hulle nie, maar hulle is altyd baie vriendelik. En ek hou van die kameradie onder akteurs wat saam is. Dis soos ’n familie.

Ek hou ook baie van die kostuums wat ek kan dra want die karakters is so uiteenlopend. Ek het nog nooit twee karakters gespeel wat dieselfde was nie.

Dis altyd vir my baie uitdagend om met ’n sepie soveel lyne te moet leer in ’n kort tydjie. En dis ook uitdagend om die karakters ekonomies te speel met die verskillende kameras en die tegniese aspek wanneer jy deel is van ’n sepie.

Pak jy ’n rol anders aan as dit ’n dramareeks, fliek, sepie of telenovela is?

Ek gebruik dieselfde styl met die meeste rolle wat ek aanpak. Met ’n dramareeks of ’n fliek is daar meer tyd om rond te speel en te eksperimenteer. Sepie- en telenovela-tyd is altyd baie vinnig. Jy moet altyd vinniger resultate hê.

Elke sepie het ’n unieke identiteit. Is daar iets wat vir jou by Suidooster uitgestaan het, wat anders is? En hoekom moet kykers Suidooster kyk?

Ek dink wat vir my die meeste uitstaan met Suidooster is die kulturele aspek. Dis baie Kaaps, dis baie uniek-Kaaps en die storielyne is regtig boeiend. Ek dink ook die akkurate uitbeelding van die Moslem-rituele en tradisies is baie cool.

Verhoog, TV, films… Jy het al oral jou slag gewys. Het jy ’n gunsteling?

Elke een is my gunsteling. Dis nogal interessant – as jy ’n sepie doen, is jy ’n bietjie lus vir teater. As jy teater doen, is jy lus om ’n musical te doen, as jy ’n musical doen, dan wil jy ’n bietjie radio doen.

Ek dink dis die lot van ’n akteur wat altyd na iets anders soek, ook na verskeidenheid en na iets anders soek teenoor waar hulle hulself nou bevind. Dit is volgens my ’n dilemma vir elke akteur, maar ek geniet wat ek doen waar ek is, juis omdat ek soveel verskillende dinge kan doen. En Saterdag gaan ek radio doen – en ek sien uit daarna.

Wat is jou lewensmotto? En hoekom is dit jou motto?

Ek het nogal ’n paar, nie net een nie. “Wees positief”. As jy op hou om te kla en na die wonderlike goed in jou lewe kyk, skep jy positiwiteit in jou lewe. As jy net na jou probleme kyk en daarop fokus, sal dit die enigste ding wees wat jy sien.

Ja, wees positief. Ek is so grootgemaak. My pa het altyd vir ons gesê as jy positief is, bring jy positiewe dinge in jou lewe in.

En die ander ding is “doen altyd jou beste”. Party dae gaan jou beste nie lyk soos wat jy dink dit moet lyk nie. Maar as jy jou beste doen, weet jy alleen dit was die beste wat jy kon doen en niemand kan jou anders sê nie. Niemand kan vir jou sê jy het nie jou beste gedoen nie wanneer dit al is wat jy daardie dag gehad het om te bied.

Nog een is “never say never”. Ek het dit al baie never gesê en dan is dit elke keer of die heelal vir jou wil sê “oh, you said you’ll never do this” en dan vind jy jouself die dinge doen wat jy gesê het jy nie sal doen nie. Wat nogal interessant is.

Die vierde een is “jou tyd sal kom”. Moenie na ander mense kyk en dink jy het nie dit nie of hierdie spesifieke ding gaan nooit vir my gebeur nie. Ons almal het ons tyd. Wees net geduldig en wag vir jou tyd vir dit om te gebeur.

Die een ding wat ek baie vir my kinders sê, is solank hulle die waarheid weet, ongeag wat ander mense oor hulle of ’n spesifieke situasie mag sê, sal hulle nooit gepla word deur wat gesê word nie. Daar sal altyd iemand wees wat iets negatief kwytraak. Moenie jou daaraan steur nie, want jy weet wat die waarheid is.

Enige ander projekte waarmee jy besig is?

Op die oomblik is ek bietjie op ’n sabbatical. Ek het vir ’n jaar lank konstant non-stop gewerk, eintlik vanaf 2020. En nou het ek besluit om ’n paar maande af te vat. Dis wat vir my opwindend is, dis my nuwe projek: om ’n bietjie te rus.

Wat binnekort op televisie gaan wees, is iets wat ek vroeër hierdie jaar gedoen het. Dis Nêrens, Noord-Kaap en dis ’n baie spesiale reeks wat ek gedoen het.

Lees ook: Die trefferreeks ‘Nêrens, Noord-Kaap’ se tweede seisoen is om die draai

  • Ilse Klink maak haar verskyning as Imelda in Suidooster op 9 September. Suidooster word weeksdae om 18:00 op kykNET (DStv-kanaal 144) en 18:30 op kykNET&kie (DStv-kanaal 145) uitgesaai.
  • Nêrens, Noord-Kaap word vanaf 17 September om 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144) uitgesaai.  Dit sal ook op DStv Stream en Catch Up beskikbaar wees. Die volledige eerste reeks van 13 episodes van Nêrens, Noord-Kaap is nou op Showmax beskikbaar.

Lees ook: Suidooster: Kyk uit vir dié vyf onverwagte kinkels in September

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

Die verskil tussen werklike en voorkombare doofheid – en wat jy daaraan kan doen

Dit is belangrk dat jy weet wat die verskil tussen werklike en voorkombare doofheid is.

10 hours Gelede

Die beste mediese fonds vir enkellopende vrouens

As enigste versorger, kan mediese uitgawes 'n groot impak op hul finansies hê, daarom is…

15 hours Gelede

8 maniere om kreatiwiteit in skole en tuis te kweek

In `n vinnig veranderende wêreld waar nuwe uitdagings voortdurende voorkom en dringende oplossings verg, is…

16 hours Gelede

Bateleur is voël van die jaar en top wyn-etiket

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts    Dis die Bateleur Chardonnay 2020 wat daardie gesogte…

1 day Gelede

Vis: Kook een keer, eet drie keer

Nie seker wat om met oorskiet-vis te doen nie? Ons wys jou hoe jy een…

2 days Gelede

Gesonde rotskoekies

Bestanddele   325 ml (225 g) koekmeel ’n knypie sout 5 ml (1 t) koeksoda…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.