Illse Roos te sien in prettige, hartroerende #LoveMySelfie rolprent

Verbeel jouself dat jy en ’n groep vriendinne kan op ’n plesiervaart, ver weg van die daaglikse bestaan, julself vernuwe en die verlede agterlaat. Hemels, reg?

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Tog is dit nie altyd so maklik nie. So vind plaaslike televisiester, Adele Swan, sommer vinnig uit wanneer sy ’n geleentheid aangryp om haar skuld te delg deur in te stem om die gesig van eiedomsmagmaat, George, se veldtog te word: ’n kompetisie op die luukse plesiervaart, MSC Sinfonia, om eksklusiewe eenhede van die Silwer Eike-aftreelandgoed te verkoop.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Nie net kry haar ego ’n knou wanneer sy agterkom dat sy aan die Survivor of Seniors-kompetisie aan boord van die skip sal moet deelneem nie, maar sy loop ’n ou skoolvriendin, Winnifred, raak wat die deure van haar langvergete verlede oopmaak. Herinneringe bring selfvertwyfeling, spyt en onderdrukking van sekere gevoelens vir Adele soos die druk op haar om die aftree-eenhede te verkoop, groter word en George toenemend onredelik raak.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Deur hul beste “selfie” in te stuur, wen twaalf gelukkige seniors ’n naweek op ’n plesiervaart saam met televisiepersoonlikheid, Adele, waar die vroue meeding in oorlewingstyl-speletjies en -vasvrae om die esklusiewe prys van ’n aftree-eenheid ter waarde van R7 miljoen, te wen.

Lika Berning is die regisser van #LoveMySelfie. Dis haar eerste vollengterolprent as regisseur. Foto: Verskaf

Die komiese en hartroerende rolprent #LoveMySelfie handel oor veel meer as nét ’n langverwagte plesiervaartvakansie. Vier vroue wat ouer as 60 is, onderneem ’n reis na binne en ontdek dat dit nooit te laat is om jouself te ontwikkel en selfs te verander nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Die hoofkarakter Adele Swan word vertolk deur gesoute en veelsydige aktrise, IIIse Roos, bekend vir rolle in Egoli, Die Boekklub, Boland Moorde, Troukoors, Fynskrif en was onlangs in kykNET-sepie Suidooster te sien. Adele se langverlore vriendin Winnifred word deur veteraan aktrise, June van Merch, vertolk en die res van swaargewig rolverdeling sluit in Joanie Combrink, Robyn Scott, Chané Grobler, Hélène Truter, Chanelle de Jager, Moses Williams en Kevin Smith wat die slinkse George vertolk.

Die hoofkarakter Adele Swan word vertolk deur gesoute en veelsydige aktrise, IIIse Roos. Foto: Verskaf

Die filmmaker aktrise Lika Berning met haar veelsydige loopbaanprofiel van meer as 20-jaar in die vermaakbedryf, asook filantropiese werk, is die regisser van #LoveMySelfie. Dis haar eerste vollengterolprent as regisseur.

“Ek wou ’n prettige komedie maak maar ook een wat die hartsnare raak, en nie net vir die ouer Afrikaanse gehoor nie, maar vir almal om te geniet. #LoveMySelfie wys ’n emosioneel bevredigende reis waarin Adele die lae waaragter sy wegkruip, afskil – nes baie van ons almal soms doen,” sê Berning.

Die draaiboek is deur Hélène Truter geskryf en vervaardig deur Nigel Tattersal, Vlokkie Gordon, Kurt Darren en Lika Berning.

Die rolprent is op twee MSC-vaarte verfilm. Foto: Verskaf

Die rolprent is op twee MSC-vaarte verfilm – ’n tweenag-vaart na Mosselbaai en ’n viernag-vaart na Walvisbaai, Namibië.

Oor hul betrokkenheid by die rolprent het die besturende direkteur van MSC Cruises Suid-Afrika, Ross Volk, gesê: “Ons grootste doel was om ons voortdurende ondersteuning aan die Afrikaanse gemeenskap te toon deur die skeppende kunste te help – ’n belangrike deel van die vermaaklikheidsektor in Suid-Afrika. Ons hoop dat Suid-Afrikaanse gehore hierdie hartroerende en inspirerende storie sal geniet en ons sien uit na die sukses daarvan op die grootskerm.”

Kurt Darren, bekende Afrikaanse popsanger en mede-vervaardiger van #LoveMySelfie, is ook te sien in die fliek. Een van die karakters is ’n groot bewonderaar van hom en sy ikoniese liedjie, Kaptein span die seile, is ook deel van die klankbaan wat nog vele ander bekende Afrikaanse liedjies bevat.

KYK: Amptelike voorskou – #LoveMySelfie

Gaan kyk #LoveMySelfie by een van hierdie teaters:

Lees ook: Cindy Swanepoel vat die koek in nuwe Showmax-misdaadkomedie

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

‘The Mommy Club’ se Johandri: “As dit soos hoërskooldrama voel, hou ek my afstand”

Showmax se gewilde werklikheidsreeks, The Mommy Club: Van die Hoofstad bied ’n vars, maar soms…

6 hours Gelede

Nuwe herfsspyskaart by Creation is meer as kos en wyn

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts     Creation het ook pas by die Eat…

6 hours Gelede

Koek met sjokolade en souterige karamel

Lewer 1 groot koek   Bestanddele   Karamel met sout 200 g suiker 60 ml…

7 hours Gelede

Vyf vrae aan Anna Davel oor Suidoosterfees se ‘Konsert van Hoop’

Die 22ste Suidoosterfees word ingelui deur ’n indrukwekkende konsert van populêre en klassieke musiek. Anna…

9 hours Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Kristen Raath oor ‘Niggies’ en ma-wees op skerm

Hooffoto: Stavros Cassapis   Sedert die eerste episode van Niggies op kykNET uitgesaai is, het…

10 hours Gelede

PAS BEKEND | Nuwe kykNET-reeks verken dramas en intriges van nuuskantoor

Adri Joubert was vir twee dekades die koel, kalm, gerusstellende gesig en stem van die…

13 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.