kategorieë: Nuut & NouKos

’n Sensoriese ervaring by Idiom

Die eiendom van Idiom beslaan 150 hektaar, waarvan 40 hektaar uit wingerd bestaan en ’n seleksie Italiaanse variëteite soos Sangiovese, Barbera, Nebbiolo en Primitivo insluit, wat die Bottega-familie erfenis verteenwoordig.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Om tien oesjare van volronde, wen-wyne van Idiom te vier  het die Bottega-familie die bou van hul restaurant en sentrum van stapel gestuur. Gevolglik is dit die jongste toevoeging tot dié familie se indrukwekkende bergwingerde en beloof dit om ’n vyfster-ervaring aan sy besoekers te bied.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Die gebou is meesterlik ontwerp deur argitek Thomas Leach, in noue samewerking met Idiom-eienaar, Alberto Bottega en sy seun, Roberto.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Die dramatiese struktuur is stille getuie van die karakter van Idiom Wyne en bring veelvuldige aspekte van die terroir na die ruimte. Met dié dat alle druiwe wat in die Idiom-reeks gebruik word, op hierdie perseel groei, dien die baanbreker-argitektuur ook as ’n metafoor wat die natuur met die Bottega-familie se dekade van Idiom wyn-prestasie saamsmelt. Amper soos kuns en goeie wyn.

Boonop bied dit panoramiese uitsigte van die majestueuse Helderberg-kom en die uitgestrekte Kaapse Skiereiland, van Tafelberg tot Kaappunt, met ’n glinsterende Valsbaai in die voorgrond.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Met eerste oogopslag verwonder jy jouself aan die selfondersteunende boogvorms wat meesterlik uit klip vanaf die plaas se groef gekerf is. Dit, saam met talle grys betonlae en granietrotse in die struktuur, skakel mooi met die spesialiteit-houtbalke wat die hele struktuur omhoog hou.

Die Idiom-restaurant bied ’n versmelting van Italiaans- en Suid-Afrikaanse kookkuns met ’n moderne kinkel, alles gepasmaat met die uitgebreide Idiom wyn-aanbieding. Dié 60-sitplek restaurant vloei oor in die wynproe-kubus waar Idiom se vlagskip versnitte, spesialiteit Italiaanse variëteite en raar oesjare van Idiom se ryk Limited Release 900-reeks, geproe kan word.

Hoewel die restaurant met ’n seisoenale a la carte-spyskaart vir bespreekte gaste voorsiening maak, sal ’n spesiaal-ontwerpte canapé-spyskaart vir onverwagse wynproewers aangebied word.

Daar sal later vanjaar ook ’n deli-gedeelte met ’n Italiaanse Wyn-ervaring geopen word . Hierdie afdeling sal die familie se Vinotria ingevoerde Italiaanse wynprojek vertoon, tesame met hul plaaslik-vervaardigde Idiom Wyne.

Daar is ook ’n luukse produktewinkel waar Idiom se skaars parfuums en eksotiese leerhandsakke gekoop kan word.

Dit is ’n definitiewe moet om by dié nuwe sentrum ’n draai te maak! As die indrukwekkende argitektuur en uitsigte nie jou asem wegslaan nie sal die Bottega-familie en hul topklas span se professionaliteit vir ’n ervaring sorg wat jou verseker sal bybly.

Besigheidsure:

Die Idiom Wynproesentrum

Daagliks oop van 10vm tot 5nm.

Die Idiom Restaurant

Oop van 10vm tot 5nm (Woensdag tot Sondag).

Skakel gerus 021 204 1059 vir wynproe- en restaurantbesprekings of besoek die Idiom-webtuiste vir meer inligting.

Deel
Gepubliseer deur
Nicole Kemp

Onlangse plasings

Hoe om jou snyplanke skoon en kiemvry te hou

Hier is 'n paar stappe om jou snyplank behoorlik skoon te maak:   Was jou…

3 hours Gelede

7 mites oor griep

Met die griepseisoen net om die draai (April/Junie tot Augustus/September), is dit belangrik om die…

3 hours Gelede

Staatmaker-viskoekies

Genoeg vir 8 viskoekies   Bestanddele   Viskoekies: 500 g gevriesde stokvis olyfolie om mee…

6 hours Gelede

Antoinette Louw gesels oor Suidooster se nuwe feeks: “Sy vermy haar eie seer”

Dié ongewilde karakter is die bombastiese redakteur en trendsetter, Amore Meyer, wat nou die een…

10 hours Gelede

‘Kokkedoor Vuur & Vlam’: Net drie spanne oor ná stormagtige braai-uitdaging

In die 11de episode van Kokkedoor Vuur & Vlam, kykNET se spannende koswerklikheidsreeks, word die…

5 days Gelede

Pak jou somerlinne só weg

Die verandering van somer na herfs beteken dat somer-beddegoed deeglik gestoor moet word tot die…

5 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.