Skep hierdie Vadersdag ’n onvergeetlike kuiertafel vir middagete vir die pa in jou lewe.
Eenvoud is die wagwoord. Volg ons wenke en skep ’n meer manlike gevoel:
– Die houttafelblad is met wit en swart geruite ontwerp geverf.
– Die glase en borde is eenvoudig en modern.
– Vermy tierlantyntjies en fokus eerder op sterk elemente soos Proteas as tema.
– Vir nog ’n aardse en romantiese element, het ons handgekerfde houtharte op die tafel gebruik.
– In plaas van oordadige versierings vir die tafel, is die klem eerder op die kos geplaas. Die pad na pa se hart loop immers dikwels deur sy maag!
– Om dit meer spesiaal te maak, plaas ’n swart karton met ’n wit pen op elkeen se plekmatjie. Hierop kan elkeen ook ’n boodskap vir pa skryf.
Klik ook hier vir oulike Vadersdagkaartjies wat enige geskenkie perfek sal afrond. Volg die skakel onder jou gunsteling ontwerp om die kaartjie af te laai. Druk dit, vou dit, knip dit uit en viola!