Die spinternuwe derde generasie Santa Fe is verlede week op die pragtige Weskus by St. Helena Baai bekendgestel. Dié veelsydige bostrapper het dadelik gewys dat hy veel meer as net ‘n mooi gesiggie is toe hy korte mette met rotse en sagte sand gemaak het.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }Daar is drie modelle waarvan die Premium (vyf sitplekke) voorwielaangedrewe is en die Executive en Elite (sewe sitplekke) vierwielaangedewe is. Die hoë grondvrye ruimte en effektiewe turbo-dieselenjin sal jou genoeg motivering gee om eerder bospaadjies as sypaadjies aan te durf. Boonop bied twee modelle jou die opsie van sewe sitplekke en ‘n baie aanpasbare bagasieruimte wat fietse en sportoerusting sonder teëstribbeling sal hanteer. Al drie modelle het ‘n 2,2 liter turbodiesel-enjin met sesspoed outomatiese ratkas. Die lugreëling kan individueel vir al drie rye verstel word sodat jy diésulkes met warm gloede sowel as koulikes kan laat spin van plesier. Pryse begin by R433 900 en sluit ‘n vyf jaar/90 000km diensplan in.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); } '); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }Showmax se gewilde werklikheidsreeks, The Mommy Club: Van die Hoofstad bied ’n vars, maar soms…
Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts Creation het ook pas by die Eat…
Lewer 1 groot koek Bestanddele Karamel met sout 200 g suiker 60 ml…
Die 22ste Suidoosterfees word ingelui deur ’n indrukwekkende konsert van populêre en klassieke musiek. Anna…
Hooffoto: Stavros Cassapis Sedert die eerste episode van Niggies op kykNET uitgesaai is, het…
Adri Joubert was vir twee dekades die koel, kalm, gerusstellende gesig en stem van die…
Hierdie webwerf gebruik koekies.