kategorieë: Ons menseBekendes

Hykie Berg se inspirerende nuwe boek is binnekort op die rak

Die bekroonde akteur, entrepreneur en skrywer Hykie Berg se nuutste boek, Geroep vir meer – Hoe om suksesvol te  leef, is eersdaags beskikbaar.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Die boek is geïnspireer deur alles wat Hykie – wat sonder skaamte sy stormagtige geskiedenis met mense deel – die afgelope twee dekades oor die konsep van sukses geleer het en hoe om dit te bereik.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

“Die dag toe ek besluit het om persoonlike verantwoordelikheid vir my hele lewe te neem was die dag wat my lewe verander het. Ek het besef ek is nie meer ’n slagoffer en magteloos nie, maar dat ek die vermoë het om my lewe te kies en my eie toekoms te bou. Net só het elke mens daardie vermoë,” verduidelik hy. “Ons is nie slagoffers van ons omstandighede nie, ons is die argiktekte daarvan.”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

“Ons is nie vasgevang nie, ons moet net ons mentaliteit en perspektief oor die lewe verander. Elkeen van ons is geroep vir meer as wat ons besef of dink. Almal sukkel met beperkende gedagtes, maar jy is waar jy is as gevolg van die storie wat jy jouself vertel. As jy die storie verander, sal jou lewe ook verander. Jy is nie “stuck” nie.”

Volgens Berg is Geroep vir meer – Hoe om suksesvol te  leef geskryf vir dié “wat bereid is om uiteindelik ’n kans te waag, God met totale toewyding te vertrou en in geloof die rigting van hul lewenskoers te verander. Dit is geskryf vir elkeen wat weer hoop wil hê en werklik suksesvol wil lewe. Dis vir diegene wat bereid is om aksie te neem, uit hul gemaksone te tree en hul vrese in die gesig te staar.”

Hy brei uit: “Hierdie boek handel oor die beginsels van ’n suksesvolle en betekenisvolle lewe, die droom wat God oor jou lewe het en die persoonlike verantwoordelikheid wat elkeen van ons aan die dag moet lê om deel te kan hê in die wonderwerk proses van die lewe. Die boek het die potensiaal om jou lewe te verander, indien jy bereid is om die beginsels wat ek bespreek toe te pas. God is lief vir jou en wil hê jy moet floreer, vrug dra, en bo alles sy vrede en liefde ervaar. Die boek handel oor hoe om jou beloofde land in te neem.

“Ongeag jou omstandighede, jou verlede, of die uitdagings wat jy in die gesig staar, wil God jou uitnooi om saam met Hom ’n pad te stap, sodat Hy Homself aan jou kan openbaar en Sy geheime oor jou lewe aan die lig kan bring. Sy droom vir jou lewe is meer boeiend, belangwekkend en opwindend as enige droom wat jy self kan bedink, verbeel of voorstel. Jou wildste drome kom nie naby aan dit wat God vir jou beplan het nie,” vertel hierdie veelsydige man, wat sy Skepper in 2010 tydens die realiteitsprogram Survivor Maldives ontmoet het.

Hykie spreek gereeld gehore toe en is elke keer verstom hoe min mense werklik doelgerig lewe. “So baie mense het geen visie vir hul lewens nie en sal dus nooit hulle volle potensiaal bereik nie. Hulle weet nie wat hulle uit die lewe wil hê nie. Hulle weet nie waarheen hulle op pad is nie. Hulle het ophou droom en het geen doel, plan of eindbestemming nie. Maar daar is ’n beloofde land vir elkeen van ons, die droom wat God oor ons lewens het. Hy het vir elkeen van ons gawes, talente en verhoudinge gegee wat wag om ontgin te word. Elke mens het dus die vermoë om ’n veelvlakkige droom vir hul lewe te skep én dit ’n realiteit te maak.”

Hy voeg by: “God wil vir elkeen van ons Sy beste gee. Hy wil nie hê Sy kinders moet vergaan in skuld, armoede en ellende nie. Ek sê nie God wil hê almal moet miljoenêrs wees nie, maar Sy hart is dat dit goed gaan met elkeen van ons. God sal vir jou meer as genoeg gee om Sy droom oor jou lewe te laat realiseer, sodat jy jou opdrag hier op aarde kan uitvoer en ander ook kan help om hulle opdragte te voltooi.”

Sy nuwe boek vorm deel van Hykie en sy vrou, Gerridene, se visie om in die volgende vyf jaar 100 nuwe miljoenêrs te skep en 100 gesinne weer saam te bring deur pa’s en ma’s toe te laat om die rotresies te ontsnap.

“Om ’n buitengewone impak te maak en ’n lewe van ware betekenis te lei, vat meer as net passie en verbeelding om tot vervulling te kom. Ek hoop dat my boek mense sal inspireer om weer te begin droom en opgewonde te raak oor die eindelose moontlikhede wat die lewe bied, om verantwoordelikheid te vat vir hul besluite, en om die krag te ontdek wat binne elkeen van ons lê om ’n impakvolle lewe te leef.”

Hykie was ook in 2010 die wenner Survivor Maldives. Sedertien het hy verskeie suksesvolle projekte aangepak en is vandag nie net ’n bekroonde akteur en TV-aanbieder nie, maar ook ’n internasionale spreker, ’n suksesvolle entrepreneur en ’n topverkoper-skrywer.

Sy eerste boek, My Storie van Hoop, Ultimate Survivor (die Engelse vertaling van My Storie van Hoop) is gebore toe hy aan Survivor deelgeneem het en tot die besef gekom het dat die Here hom nie in die vermaaklikheidsbedryf geplaas het om ’n Oscar te wen nie, maar om vir hom ’n platvorm te gee om mense te bedien. Hierdie topverkoper is met die Andrew Murray Desmond Tutu-prys bekroon

Hy is ook die ambassadeur van Creative Kidz, ’n skool wat remediërende onderwys en ondersteuning bied aan kinders met leeruitdagings.

Hykie en Gerridene is die trotse ouers van Leméh, asook hulle drie Schnauzers, Rupert, Cupcake en Rori. Hulle woon in Johannesburg. Die paartjie deel ’n passie vir God se Koninkryk, vermaak, entrepreneurskap en mense. Hulle glo ook daar is min dinge in die lewe wat so kragtig is as om genoeg passiewe inkomste te verdien wat jou in staat stel om voltyds te doen wat jy graag sou wou en het saam ’n enorme passie om mense te leer hoe om uiteindelik ook voltyds in hul roeping te kan leef en by hul drome en doelwitte uit te kom. Hulle visie is om in die volgende vyf jaar 100 nuwe miljoenêrs te skep en 100 gesinne weer saam te bring deur pa’s en/of ma’s toe te laat om die rotresies te ontsnap.

Hykie het in Pretoria grootgeword en het aan Hoërskool Die Wilgers gematrikuleer. Ná skool het hy sy graad in dramatiese kunste, vermaak en media bestuur aan Stellenbosch Universiteit voltooi.

Hy is reeds meer as twee dekades lank in die vermaaklikheidsbedryf betrokke en is tans te sien in Binnelanders waar hy die gewilde Dokter Conrad Bester vertolk. Vandag is dit vir hom ’n voorreg om deel te kan wees van die preek-span van Centre Church in Johannesburg, waar hy geestelik verryk word om landswyd te kan bedien.

Berg is ’n voorstander in die stryd om die stigma teen geestesiekte te verbreek – sy geskiedenis met middelmisbruik is welbekend – en is ’n geakkrediteerde geestelike gesondheidsafrigter.

As gewilde motiveringspreker spreek hy kwessies soos prestasie, beperkende gedagtes, leierskap, en die beginsels van ’n suksesvolle lewe aan. Dit is vir hom ’n voorreg en ’n seën om ander te kan help en hy bedien ook graag by rehabilitasiesentrums.

Wanneer hy nie besig is met werk nie, spandeer hy tyd saam met sy gesin en drie honde. Hy is ook gefokus op fiksheid en gesondheid, en vind sy ontspanning in lees en verrykende werkswinkels.

Lees ook: 10 redes waarom jy die Augustus-uitgawe van rooi rose móét lees!

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

Hawermoutkoekies met sjokoladesplinters

Bak hierdie koekies vir die vakansiekoekblikke. Die hawermout verlaag die GI van die koekies sodat…

14 hours Gelede

Word die ‘miljoenrandvraag’ dié lente op kykNET beantwoord?

Is dit ’n kwessie van “heerlike lente” vir vasvraprogram-foendies wanneer Wie word ’n Miljoenêr? in…

15 hours Gelede

14 redes hoekom jy sleg slaap en wat jy daaraan kan doen

Dis somer, en nou slaap jy nog slegter. Wat alles kan jou wakker hou, en…

1 day Gelede

Ateljeenessies – hoe om die meeste uit jou klein spasie te kry

Daar is uitdagende ontwerpe en dan is daar die uitdaging van ’n ateljee-woonplek! Hoe pas…

1 day Gelede

Marinda Engelbrecht se tjipshoender

Haar resepteboek Marinda se koskas bevat resepte vir lipleklekker kos wat jy in ’n japtrap kan…

1 day Gelede

‘Een keer om die son’: Tekens dat jou maat dalk ontrou is

In vanaand se episode van Een keer om die son soek Ruan antwoorde by Lani…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.