Hyde Park Corner word 50, en jy kan ook wen! Inligting en foto’s verskaf.
Hyde Park Corner word 50, en jy kan ook wen!
Hyde Park Corner is nie net een van Johannesburg se oudste winkelsentrums nie, maar was boonop die eerste toegeboude winkelsentrum in Suid-Afrika. Die sentrum, wat sy deure in November 1969 geopen het, het oor die jare aangepas by hul kliënte se hoe verwagtinge en voorsien in behoeftes aan gehalte en sofistikasie. Dié elegante sentrum het 150 winkels en voorsien beide die plaaslike gemeenskap asook internasionale reisigers met ‘n wye verskeidenheid luukse handelsmerke, topklas-modewinkels, die beste restaurante en nog vele meer.
Hyde Park Corner se “Vyftig en Fantasties”-vieringe het reeds in Oktober begin en hope kliënte is lekker bederf.
En wie weet, dalk is dit nou jou beurt…
Oor vyf weke is daar ‘n massiewe bedrag van R250 000 weggegee, met een gelukkige persoon wat elke week ‘n Hyde Park Corner-geskenkbewys van R50 000 gewen het. Al wat jy moes doen om te kwalifiseer vir dié kompetisie was om ‘n minimum bedrag van R500 by enige Hyde Park Corner-winkel gedurende die week voor die trekking te bestee. Hoewel dié deel van die “Vyftig en Fantasties”-vieringe reeds verby is, kan jy steeds ‘n heerlike Hyde Park Corner-geskenkbewys ter waarde van R500 wen!
Vir meer inligting oor al die heerlike Hyde Park Corner-feestelikhede, besoek gerus www.hydeparkcorner.co.za of gaan loer op Facebook (@HydeParkC) en Twitter (@HPCHydePark).
Skryf in en WEN
Ses gelukkige lesers kan elk ’n Hyde Park-geskenkbewys ter waarde van R500 WEN!
Let wel, hierdie geskenkbewys is slegs geldig by Hyde Park-winkelsentrum in Johannesburg
Bepalings en voorwaardes geld.
Kompetisie sluit: 8 Desember 2019
[gravityform id=”499″ title=”true” description=”true”]