kategorieë: OuerskapJou lewe

Hulp vir eksamenstres

Dr. Gillian Mooney, Onderrig- en leer-bestuurder by The Independent Institute of Education, Suid-Afrika se grootste en mees geakkrediteerde private hoër onderwys-verskaffer, sê dit is noodsaaklik vir ouers en ander versorgers om die geestelike welsyn van leerders en studente te monitor terwyl hulle vir ’n eksamen voorberei. Daar is ’n aantal maniere waarop stres gebruik kan word om prestasie te verbeter, eerder as om ’n onnodige hindernis te wees.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

“Dié tyd van die jaar is dit nie ongewoon dat jong mense hoë stresvlakke beleef weens eksamen nie. Dit is belangrik om te onthou stres kan motiverend bestuur word.”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Mooney, wat ook sielkunde doseer, sê volwassenes moet verstaan stres is subjektief en wat vir een persoon stresvol is, is nie noodwendig stresvol vir iemand anders nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

“Stres is jou liggaam se fisieke reaksie op sekere situasies. Jou liggaam het ’n biologiese reaksie – dit stel chemikalieë en hormone vry – wat ’n stresvolle stimulus uitstuur. Daarom kan stres jou fisieke gesondheid, jou geestesgesondheid en jou gedrag beïnvloed.”

Sy sê sommige stresvlakke is gesond in die korttermyn omdat dit jou kan help om meer produktief en gemotiveerd te wees, maar negatiewe stres kan ’n gevoel van nood veroorsaak, wat kan lei tot gevoelens van woede, irritasie en vrees.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

“Negatiewe stres kan ook fisieke simptome soos hoofpyn of maagkrampe veroorsaak. Eksamen-angs sluit in die vrees om geëvalueer te word en vrees vir die gevolge van eksamens”

10 wenke om stres te bestuur

1. Glo in jouself

As jy konsekwent sedert die begin van die jaar gewerk het, sal jy goed doen en daar is geen rede om oormatig bekommerd te wees nie.

2. Moenie probeer om perfek te wees nie

Dis goed om doelwitte te hê, maar dit moet realisties wees. As jy glo dat enigiets minder as 100% beteken dat jy gedruip het, dan skep jy onnodige spanning vir jouself.

3. Moenie gevoelens onderdruk nie

’n Goeie manier om bekommernis en stres te verlig, is om met iemand te praat wie jy vertrou en wat ondersteunend sal wees soos jou ouers, vriende of dosente.

4. Hou dinge in perspektief

Eksamen mag lyk soos die belangrikste ding wat nou op jou wag, maar in die konteks van jou hele lewe is dit net ’n klein deeltjie. Die lewe is die moeite werd, ongeag ’n eksamen. Gee jouself krediet vir dit wat jy al bereik het.

5. Wees proaktief in die aanpak van jou probleme

As jy nie die werk verstaan nie, maak ’n afspraak met jou dosent of praat met jou klasmaats. Gaan kyk ook na ou vraestelle.

6. Kry akkurate inligting

Gaan deur alle kursusinligting en vra jou dosent as jy vashaak. Jy moet weet wat gevra kan word in die eksamen, hoe dit gemerk gaan word, waar die eksamen geskryf word, en wanneer die eksamen begin en eindig.

7. Struktureer jou studietyd

Jy moet gereelde sessies van ongeveer 50 minute elk studeer en dan 10 minute rus.

8. Beplan

Probeer om vroeg by die eksamenlokaal te wees. Dra ’n horlosie of maak seker jy weet waar die horlosie in die eksamenlokaal is. Dra ’n paar lae klere sodat jy ’n baadjie kan aan- of uittrek as dit warm of koud is. Maak ’n lys van alle materiaal wat jy in die eksamenlokaal gaan benodig en maak seker jy pak dit in.

9. Probeer om ’n gesonde leefstyl te handhaaf

As jou angsvlakke verhoog en jy afgemat voel, kan jy jou stamina verbeter met oefening, voedsame kos en voldoende slaap.

10. Vermy dinge wat stres veroorsaak

Moenie te veel koffie drink die aand voor die eksamen nie. Jy sal sleg slaap. Vermy ander studente wat angstig is en oor die eksamen praat. Moenie voor die eksamenlokaal oor die kursusmateriaal praat nie. Dit kan jou verwar.

“As jy jou emosionele benadering tot stres bestuur, sal die fisiese reaksie ook hanteerbaar word,” sê Mooney.

“Ouers en versorgers moet oplet na tekens van oormatige, onproduktiewe stres en betyds help deur  praktiese en emosionele ondersteuning te bied wat die student sal help om sy beste te lewer.”

Lees ook: 10 wenke teen stres wat werk

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

‘The Mommy Club’ se Johandri: “As dit soos hoërskooldrama voel, hou ek my afstand”

Showmax se gewilde werklikheidsreeks, The Mommy Club: Van die Hoofstad bied ’n vars, maar soms…

13 hours Gelede

Nuwe herfsspyskaart by Creation is meer as kos en wyn

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts     Creation het ook pas by die Eat…

13 hours Gelede

Koek met sjokolade en souterige karamel

Lewer 1 groot koek   Bestanddele   Karamel met sout 200 g suiker 60 ml…

14 hours Gelede

Vyf vrae aan Anna Davel oor Suidoosterfees se ‘Konsert van Hoop’

Die 22ste Suidoosterfees word ingelui deur ’n indrukwekkende konsert van populêre en klassieke musiek. Anna…

16 hours Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Kristen Raath oor ‘Niggies’ en ma-wees op skerm

Hooffoto: Stavros Cassapis   Sedert die eerste episode van Niggies op kykNET uitgesaai is, het…

17 hours Gelede

PAS BEKEND | Nuwe kykNET-reeks verken dramas en intriges van nuuskantoor

Adri Joubert was vir twee dekades die koel, kalm, gerusstellende gesig en stem van die…

20 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.