Huis, paleis, aftree-oord… 8 dinge wat jy moet weet deur Anet Schoeman
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }
Hierdie artikel skakel aan: Só verseker jy ’n sorgelose aftrede
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }
Eerstens sien ons dat mense glad nie beplan vir behuising as hulle ouer word nie. Boonop stel mense die besluit meestal te laat uit.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }Ons ervaring is dat mense makliker besluite in hul sestigerjare neem as later. Ongelukkig stel heelwat mense hierdie skuif uit en hoe langer hulle wag, hoe moeiliker is dit vir hulle om daardie besluit te neem, en word dit al hoe meer traumaties.
Baie mense onderskat die onderhoudskoste van ’n groot huis. Aftree-oorde is nie noodwendig goedkoop nie en jy betaal ’n heffing, maar daar is heelwat voordele soos sekuriteit, tuindienste, goeie geriewe en Internettoegang.
Ouer huise se onderhoud skiet die hoogte in namate tyd aanstap, en ’n groot tuin op ’n groot erf kos baie aan water en onderhoud.
Lees ook: Tree op voor jy aftree
Baie ouers verhuis om naby hul kinders te wees en bly in ’n tuinwoonstel, of selfs in ’n kamer in hul kinders se huis. Dan besluit die kinders om die land te verlaat en jy bly op ’n vreemde dorp agter sonder vriende en familie.
Lees ook: Die pad na jou kleinkind se hart
Daar is ook ’n opsie om lewensreg op ’n huis te koop. Dit beteken jy koop die huis teen ’n laer prys, maar daar is geen kapitale toename in waarde wanneer jy die huis verkoop nie. So is jy verseker van ’n beter lewenstyl, hoewel dit jou erflating beïnvloed.
Lees ook: Kan jy bekostig om af te tree?
Dit beteken die heffing word gestabiliseer, maar vir dié voorreg boet jy gewoonlik ’n persentasie van die wins van die herverkoopprys in. Neem dit in ag voor jy ’n besluit neem.
Lees ook: Hoe om te verseker dat jou finansies nie ’n vliegramp word nie
Mense onderskat die omvang van gesondheidsprobleme. Ons leef langer, maar teen ’n prys.
Maak seker die aftree-oord het ’n versorgingsoord of tuisversorging en stel vas hoe dit werk. Soms is daar so min beddens dat dit nooit in die behoeftes van die oord kan voorsien nie.
Lees ook: Versorging en gesonde grense
Dis verstandig om binne jou begroting te koop, maar soos met die meeste goed kry jy waarvoor jy betaal. Doen jou navorsing en maak seker dat jy die beste plek kry wat jou geld kan koop.
Onthou, aftrede is die begin van ’n nuwe hoofstuk, nie die einde van die boek nie. Heelwat aftree-oorde bied interessante sosiale geleenthede, oefenklasse en meer aan. Neem deel en leer mense ken sodat jy die beste van jou aftrede maak.
Lees ook: Te oud vir oefening? Dink weer!
Ons kyk hoej jy, as vernuftige tuissjef, heerlike smake met minder sout kan optower én…
Dit blyk ’n paar Ruiterbosch-inwoners gaan in April vir die gek gehou word danksy allerhande…
Wanneer gevaar met romanse gekombineer word, is ’n boek nie net ’n storie nie, maar…
Die fees word vanjaar van 1 tot 4 Mei gehou. [gallery columns="2" size="medium" ids="151862,151861"]…
Die kern van hierdie tradisie is die kuns daarvan om so te bak dat eenvoudige…
In die wêreld van televisie en teater is die rol van die skurk…
Hierdie webwerf gebruik koekies.