Met die gebrek aan genoeg ruimte het ek die hulp van ’n Wendy-huisie ingespan om my nessie groter te maak. Ek het ’n behoefte gehad aan ’n plekkie waar ek kan lees of ’n vriendin vir ’n koppie tee nooi.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }Voorbereiding
Dit is belangrik om die area voor die tyd goed gereed te kry. Alle gras en klippies is verwyder en met ’n dik laag swart plastiek bedek voor die huisie geïnstalleer is.
Die struktuur is redelik grof, so dit is eers sorgvuldig afgeskuur en met ’n goeie onderlaag geverf. Daarna het ek pastelkleure gekies om by die atmosfeer van die kuierhoekie te pas. Kies ’n goeie buiteverf om die struktuur teen wind en weer te beskerm. Die binnekant van die huisie is met wit bedek om ’n gevoel van ruimte te skep.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }Dekor
Die huisies kom in verskillende groottes en die moontlikhede is eindeloos. Ek het op wit rottangstoele besluit en van geblomde kussings gebruik gemaak. Die huisie spog ook met twee vensters wat met gordyntjies die area warm en vrolik maak.
Omdat hierdie spesifieke huisie twee groot waenhuisdeure bevat, kan jy die area vergroot deur die deure oop te maak en die kuier-area met tuinmeubels te verleng. Ek het op ’n fyn ysterstelletjie besluit omdat dit by die grootte van die huisie pas. Laastens het ek ’n klein paadjie van sementblokke en klippies gebou om die hoekie mooi af te rond.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }Nou vir daardie koppie tee …
Showmax se gewilde werklikheidsreeks, The Mommy Club: Van die Hoofstad bied ’n vars, maar soms…
Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts Creation het ook pas by die Eat…
Lewer 1 groot koek Bestanddele Karamel met sout 200 g suiker 60 ml…
Die 22ste Suidoosterfees word ingelui deur ’n indrukwekkende konsert van populêre en klassieke musiek. Anna…
Hooffoto: Stavros Cassapis Sedert die eerste episode van Niggies op kykNET uitgesaai is, het…
Adri Joubert was vir twee dekades die koel, kalm, gerusstellende gesig en stem van die…
Hierdie webwerf gebruik koekies.