kategorieë: Ontspanning

Hou piekniek!

Johannesburg

Van Gaalen Kaasmakerij

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

’n Kaasplaas wat ’n heerlike reeks tuisgemaakte kase verkoop. Hulle maak piekniekmandjies wat jy op die walle van die Skeerpoortrivier kan geniet. Besoek www.vangaalen.co.za of bel 012 207 1289 vir besprekings.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Toadbury Hall

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Baie fietsryers gebruik dit as basis vir roetes in die omgewing. So, pak die fietse in en reël vir ’n heerlike piekniekmandjie met handgemaakte lekkernye wat jy onder ’’n boom kan geniet. Besoek www.toadbury.co.za of bel 079 512 0554.

Walter Sisulu Botaniese Tuin

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Pak jou eie piekniekmandjie en laat die kinders van hul opgekropte energie ontslae raak in ’n reusepark. Besoek www.sanbi.org.za of bel 086 100 1278.

Kaapstad

Buffelsbaai en Bordjiesdrif by die Kaappunt

Hou ’n piekniek op die welige grasperke terwyl jy op pragtige stande uitkyk. Daar is selfs ’n paar veilige getypoele waarin die kleingoed kan speel. Die reservaat is in April tot September van 07:00 tot 17:00 oop en van Oktober tot Maart van 06:00 tot 18:00. Kontak gerus dié nommer vir meer inligting: 021 780 9010.

Boschendal Wine Estate – Franschhoek

Ruime grasperke voor die Boschendal Herehuis sorg vir ’n onvergeetlike piekniek-ervaring danksy die asemrowende uitsig oor die vallei. Vooraf gepakte piekniekmandjies is beskikbaar, al wat jy moet onthou is ’n lekker kombers en boek! Vir meer inligting besoek gerus hul webtuiste: www.boschendal.com/

Klein River Kase

Geniet ’n heerlike piekniek-middagete op die oewer van die Klein Rivier. Span uit onder die bome of op die veranda van die pragtige Piekniek Skuur. Piekniekmandjies kan bestel word wat onder meer warm brood, slaai, vrugte en ’n Klein Rivier kaasbord insluit. Piekniekmandjies vir kinders word in individuele mandjies bedien. Drinkgoed kan op die perseel gekoop word. Vir meer inligting besoek gerus hul webtuiste: www.kleinrivercheese.co.za/

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Geroosterde pampoenskywe met tiemie-en-parmesaan-granola

Granola is deesdae nie net meer vir ontbyt bedoel nie. Hierdie krakerige kombinasie van sade…

2 days Gelede

‘The Mommy Club: Van die Hoofstad’: Ontmoet die glansryke vroue van die splinternuwe werklikheidsreeks

Showmax het pas die amptelike lokprent vir The Mommy Club: Van die Hoofstad, vrygestel. Dis…

2 days Gelede

Appel-peer-en-karamel-tert

Genoeg vir 8       Bestanddele   Tertdeeg 375 g koekmeel  2,5 ml (½…

2 days Gelede

‘Kokkedoor Vuur & Vlam’: Klein vissies kelder een span en laat ’n ander span juig!

In die derde episode van kykNET se skitterende Kokkedoor Vuur & Vlam-reeks moes die deelnemers…

3 days Gelede

Suid-Afrika skitter by Louvre Abu Dhabi

Deur Maryke Roberts. Foto's: Maryke Roberst en verskaf/Departement Kultuur en Toerisme, Abu Dhabi    …

3 days Gelede

Hoe om brandrissie-olie te maak

Brandrissies is nie in almal se smaak nie en nie almal se palet hou van…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.