Johannesburg
Belle’s Patisserie in die BluBird-winkelsentrum in Birnam het die fraaiste, Franse fyngebak O11 440 4474 of gaan drink tee by die stylvolle Saxon-hotel. Hier is sommer twee gesertifiseerde teesommeliers wat jou tee-ervaring nog beter sal maak www.saxon.co.za, 011 292 6000.
Pretoria
Isabella’s bied ’n pragmooi en smullekker tee aan. Kyk by www.isabellas.co.za vir ’n winkel naby jou.
Wes–Kaap
Mount Nelson het ’n interessante verskeidenheid tee, asook die lekkerste happies. 021 483 1000. Lady Bonin’s Tea Parlour is in Woodstock, Kaapstad, en sy het ook ’n fraai teekaravaan in Woodstock www.ladybonin.com, 083 628 2504.