kategorieë: InspirasieJou lewe

Hou meer van jouself

“Verbeel jou jy hou twee babas in jou arms. Hulle gaan eindelik verskillende tale praat en verskillend lyk, maar nou kyk hulle diep in jou oë en maak babageluidjies. Watter een verdien meer liefde, aandag en respek as die ander?”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Só skryf Fabienne Fredrickson in “Embrace your magnificence” (Hay House, 2014).

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Ons is nie meer babas nie, maar ons het steeds daardie ingebore waarde wat deur niemand betwis kan word nie. Ongelukkig leer ons op baie maniere ons is nie goed genoeg nie. Die kuns is om ons waarde te herontdek en te glo ons het ‘n doel om uit te leef. Hier is ‘n paar riglyne uit “Embrace your magnificence”:

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Ander kyk deur ’n bril

Van kleins af meet ons ons aan ander se oordele. Dis nie slim nie: ander se eie persepsies, vrese, vooroordele, en oortuigings is die filter waardeur hulle ons beskou. Selfs jou nabymense ken net ‘n deel van jou. Hulle opinie is nooit volkome objektief nie. As jy jou eiewaarde daarop basseer, grond jy dit op ‘n foutiewe waarneming. Die enigste mens wat 24 uur per dag met jou saamleef en jou hart en gedagtes ken, is jy. Jy is die een wat kan besluit jy is diep binne ‘n goeie mens wat die goeie verdien.

Jy kyk deur ’n bril

’n Spesifieke gebeurtenis kan nie van jou ’n slegte/onaanvaarbare mens maak nie. As ’n tiener het Fabienne van ‘n seun gehou en by ‘n skoolfunksie ’n paar keer met hom probeer gesels, maar hy het nie belang gestel nie. Sy het besluit sy is onaanvaarbaar en jare lank geglo as sy iemand nader, sal hulle haar verwerp – selfs in die werksopset. Later het sy besef sy het nie al die inligting oor die seun en sy optrede gehad nie. Dalk het hy reeds ’n meisie gehad; dalk was hy baie skaam; dalk was hy gay. Sy stel voor dat ons ’n situasie “reframe” of herdefinieer.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
  1. Wat het gebeur, wat is die feite?
  1. Hoe het ek dit interpreteer?
  1. Hoe het ek myself begin sien op grond van my aannames?
  1. Op watter ander maniere sou ek na die situasie kon kyk?
  1. Is die betekenis wat ek daaraan geheg het en my gevolglike oordele oor myself moontlik vals?
  1. Kan ‘n ander blik op die gebeure my selfsiening verander?

’n Spesifieke gebeurtenis kan nie van jou ’n slegte/onaanvaarbare mens maak nie

Vlug!

Let op hoe jy voel wanneer jy tyd by ander deurbring. Soms besluit ons vriende wat ons sleg behandel is beter as geen vriende nie. Natuurlik het elke verhouding sy uitdagings, maar wees eerlik oor hoe jy werklik by iemand voel en hoe dit jou eiewaarde raak. As jy goor voel na elke kuier, laat vaar die vriendskap.

Liefde is …

’n Swak selfbeeld lei baie keer tot liefdesverhoudings waar jy mishandel word – verbaal, fisiek, seksueel, ensovoorts. Ware liefde voel veilig en voedend. Dit word deur respek, sorg en teerheid gekenmerk. Geen mens verdien die “straf” van mishandeling nie.

Jy het ’n sê

Wanneer iemand jou sleg behandel, het jy ’n aandeel daaraan. As jy hulle gedrag aanvaar, gee jy hulle toestemming om daarmee voort te gaan – tot jy dit stopsit of die verhouding beëindig. Maak ’n lys van hoe jy hanteer wil word, soos: Dis nie aanvaarbaar om my te verkleineer nie. Dis nie aanvaarbaar om my elke keer te laat wag nie. Dis nie aanvaarbaar dat ek al die huiswerk moet doen nie. Sodra jy weet wat jou standaarde is, verstaan jy moeilike situasies beter en kan jy besluit hoe jy dit wil hanteer. Laai so ’n lys af by www.EmbraceYourMagnificence.com/resources

Verhoog jou lewenskwaliteit stap vir stap

Stel jou grense

Reëls op papier is nutteloos. Jou standaarde moet gekommunikeer word, byvoorbeeld: Ek sal nie meer toelaat dat iemand geld leen en dit nie terugbetaal nie (vriendin X). Kies ’n rustige tyd rig die versoek aan vriendin X op ’n respekvolle, hoflike maar ferm manier. Pleks van te kla dat julle altyd saans doen wat jou lewensmaat wil doen, sê; “Ek het ’n versoek. Kan ons beurte maak om te kies hoe ons ons aande deurbring? Kan ek een aand besluit en jy die volgende aand? Sou dit regverdig wees?”

Hou daarby

Volhoubare veranderinge verg herhaling en dat jy sterk staan. Wanneer mense in ou patrone terugval, sê kalm en hoflik: “Onthou jy ek het onlangs gevra dat jy nie jou vuil bekers voor die TV los nie? Sal jy asb. Onthou om hulle in die wasbak te sit? Dit sal baie vir my beteken.”

Wanneer ’n moeilike situasie opduik, kan jy dit kalm hanteer. Sê wat onaanvaarbaar is en heg ’n gevolg daaraan – maar nie ’n ultimatum nie: “As jy so met my praat, maak dit my seer. Dis nie aanvaarbaar nie. Tensy ons dit anders kan doen, gaan ek nie nou voort met die gesprek nie.” Jy sal net ernstig opgeneem word as jy kalm bly en hou by die reëls wat jy neerlê. Moet nooit leë beloftes maak of die ander persoon dreig nie. Vra vir samewerking en as dit nie werk nie, moet jy heroorweeg of die verhouding jou goed doen. Dis ’n kwessie van wedersydse respek.

Maak dit mooi en lekker

Indien jy grootgeword het met die gedagte dat jy jou sente moet omdraai, koop jy dalk altyd die goedkoper produk omdat dit die “regte ding” is om te doen. Neem jou voor om dit te verander en jouself te begin bederf. Dalk ’n bos blomme een keer per maand? Miskien die luukse seep wat soveel lekkerder ruik? Verhoog jou lewenskwaliteit stap vir stap. Kyk na jou omgewing en maak ’n lys van dinge wat jou energie steel; ’n verbleikte handdoek? ’n Deurmekaar kas? ’n Klaerige vriendin? Herstel elke week een ding. Vervang die handdoek, pak die kas reg, sê nee vir koffie met die vriendin. Met 52 verbeteringe per jaar sal jy hoër verwagtinge ontwikkel – en vind dat die lewe saamspeel!

“Embrace your magnificence” deur Fabienne Fredrickson (Hay House, 2014).

Lees ook: Kweek só respek

Deel
Gepubliseer deur
Mariette Snyman

Onlangse plasings

Hoe om ’n trae kind te motiveer

Menige ouer gooi hande in die lug oor ’n kind wat nie wil leer nie,…

3 days Gelede

8 maklike breinoefeninge wat vir almal werk

Breinoefeninge is net so deel van goeie gesondheid as om jou lyf te oefen. Gelukkig…

3 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Jana Kruger oor ‘Een keer om die son’ se komplekse Lani

Die aarde het ’n jaar nodig om een keer om die son te beweeg. In…

3 days Gelede

Karlien gaan saam met dogter terug in tyd in nuwe enkelsnit & musiekvideo

Karlien van Jaarsveld het pas haar nuwe enkelsnit, Katrientjie Katryn, uitgereik, waarin sy ’n diepgaande…

3 days Gelede

Winter is die beste tyd om te snoei!

Winter is die beste tyd om struike te snoei aangesien dit die russeisoen is, en…

4 days Gelede

Diepe Waters-akteurs bederf kinders op Mandela-dag

Op 18 Julie word daar regoor Suid-Afrika Mandela dag gevier, met Suid-Afrikaners wat 67-minute van…

4 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.