Die somerseisoen is dikwels meer as net pret in die son. Dit is juis tydens die somer dat ‘n mens geneig is om meer gereeld na ‘n soetigheid soos roomys, ‘n skemerkelkie of yskastert uit te reik. Alhoewel dit die somer wonderlik maak, kan dit ‘n merk (of meer) op jou tande laat. En kom ons wees eerlik, in die gejaag van een geleentheid na ‘n ander, kan jou alledaagse selfsorgroetine, insluitend tandeborsel, soms afgeskeep word.
Volg hierdie wenke om jou somer met ‘n glinsterende glimlag te geniet:
Maak ‘n ‘verfrissende’ indruk
Om nuwe mense te ontmoet is ook dikwels deel van somerpret. ‘n Gesonde glimlag kan jou beste bykomstigheid wees. Dit gee jou selfvertroue daardie ekstra hupstoot om nuwe verbintenisse te maak. Dit gaan gepaard met ‘n vars asem.
Bly getrou tot jou tweemaal daaglikse tandeborselroetine en neem eienaarskap van jou gesondheid en selfvertroue. Doen dit eerste vir jouself. Dit sal vanselfsprekend ‘n goeie indruk op dié rondom jou maak.
Bevorder tandversorging met leefstylgesentreerde tegnologie
Stel jou voor ‘n tandeborsel wat ‘n doeltreffende skoonmaak met 15,000 soniese vibrasies per minuut bied! Pomadent is die vooruitstrewende handelsmerk agter Pomabrush en is onlangs in Suid-Afrika bekendgestel. Die Pomabrush kom saam met twee borselkoppe: die eerste is van ‘n medies gegradeerde silikon gemaak en die tweede is van houtskool-gebaseerde nylon en silikon gemaak. Die verskil? Die silikonborselkop maak saggies tog baie effektief skoon, perfek geskik vir die van ons met sensitiewe tandvleis. Die nylon- en silikonborselkop bied ‘n deeglike skoonmaak met ‘n rapsie meer intensiteit.
Hoe lank moet jy jou tande borsel?
Dit is ideaal om jou tande vir 4 minute daagliks te borsel – 2 minute in die oggend en 2 minute saans.
Wanneer dit by jou selfsorg se tydsberekeninge kom, hou die waterdigte Pomabrush jou oggend- en aandroetines op dreef met sy ingeboude tydhouer. Wanneer jy jou tande borsel, sal dié tydhouer se twee-minuut siklus elke 30 sekondes vlugtig stop om jou te herinner om borselareas te verander.
Nóg 4 wenke om jou glimlag helder en gesond tydens die somerseisoen hou:
1. Kies water. Dit is aanloklik om na ‘n soet ystee of kelkie uit te reik (méér as ander tye van die jaar!), maar water is jou tande se beste vriend. Dit help om suiker en suur weg te was, en dit hou jou mond gesond.
2. Moenie ophou borsel nie. Selfs nie op besige dae nie. Maak nie saak hoe lank die partytjie aanhou nie, maak ‘n belofte aan jouself om ten minste jou tande te borsel vóórdat jy jou kop neerlê.
3. Vermy die versoeking om aan ysblokkies te knaag: Ons weet dit is pret, maar om ysblokkies te kou kan egter jou tande beskadig.
4. Hou ‘n tandeborselstel byderhand as jy kan: ‘n Tandeborselstel soos Pomabrush en sy kabelvrye laaikissie is maklik om in jou sak rond te dra en kan ‘n lewensredder wees vir daardie onverwagse oorslaapgeleenthede of lang dae uit. Die Pomabrush se batterylewe hou tot 30 dae terwyl sy laaikissie tot vier maande sonder ‘n laaibeurt kan hou.
Maak ‘n punt daarvan om hierdie somerseisoen jou mond se gesondheid te prioritiseer. Al wat dit kan doen is om waarde tot jou selfsorg te voeg, jou selfvertroue te help bemagtig, en jou help om glimlaggend 2024 te verwelkom.
Staan ’n kans om ‘n Pomabrush ter waarde van R2 199 te WEN!
Bepalings en voorwaardes: Alle pryse in rooi rose is onderhewig aan beskikbaarheid en is nie oordraagbaar, herverkoopbaar of terugbetaalbaar vir kontant nie. Vir nog bepalings en voorwaardes, besoek www.rooirose.co.za
Om in te skryf, volg @rooirose op Instagram en voltooi die onderstaande vorm:
Sluitingsdatum: 11 Februarie 2024