Vir Zaahid (4) en Zahraa Swartland (5) van Kaapstad het Eau Thermale Avène groot verligting gebring. Beide het al vanaf 3 maande aan erge ekseem gely.
“Ons kon snags nie slaap nie omdat hulle velle gejeuk het en hulle heeltyd moes krap. Daar was selfs bloed op die lakens,” sê hul pa, Faahim.
Ekseem-sensitiewe velle is gewoonlik droog, dof en grof. Tydens erge aanvalle kan krisisareas op die vel uiters geïrriteerd raak met rooi vlokagtige kolle wat eers uitdroog en dan verdik en opdroog. By babas is hierdie krisisareas gewoonlik op die wange, voorkop, torso en ledemate. Wanneer kinders ’n bietjie ouer is, word hul groot velvoue soos binne-in die elmboë en knieë aangetas. Tydens aanvalle raak die vel ontsteek en jeuk dit baie. Dit tas elke deel van hul daaglikse lewe aan.
In September 2015 is Zaahid en Zahraa op aanbeveling van hul dermatoloog gekies om na die Avène-hidroterapiesentrum in die suide van Frankryk te reis, vergesel deur hul ouers, Tougeeda en Faahim. Hulle het gehoop om verligting te vind vir hul kinders se chroniese veltoestand.
Tydens hul drie weke lange verblyf by die sentrum het die kinders verskeie terapieë ondergaan, wat alles die Avène Thermal Spring Water ingesluit het. Laasgenoemde is bekend vir sy strelende, anti-irriterende en anti-inflammatoriese eienskappe (bewys deur meer as 150 kliniese studies).
“Na ’n dag of twee kon ons reeds resultate begin sien. Daar was minder rooi kolle en hulle het nie snags soveel gekrap nie. Hulle velle voel nou soos die van ’n pasgebore baba. Nadat hul velle verbeter het, het hulle beter geslaap en hulle was gelukkiger kinders. ”
Zahraa en Zaahid se ekseem-simptome het baie goed gereageer op die program, beide tydens die terapie en in die maande nadat hulle teruggekeer het na Suid-Afrika.
“Die meeste van die uitslag is heeltemal weg en hulle het geen aanvalle van irritasie meer nie,” sê Tougeeda. “Avène het ons hoop gegee. Hulle kan nou weer normale kinders wees.”
Dit is meer as ’n jaar gelede, en hul velle lyk beter as ooit.
Kyk na hul volle storie op die video
Om hul gesonde velle te handhaaf, gebruik die kinders daagliks produkte van Eau Thermale Avène. Hierdie gespesialiseerde produkte streel hul vel en verlig droogheid, ontsteking en jeukerigheid. Dit voorkom episodes waarin hul velle erg ontsteek en jeuk en herstel die vel se aangebore immuniteit.
Die kinders gebruik die volgende produkte:
- Avène XeraCalm A.D Lipid-Replenishing Cleansing Oil (R249,95 vir 400 ml): ’n sagte daaglikse reinigingsmiddel vir babas, kinders en volwassenes.
- Avène XeraCalm A.D Lipid-Replenishing Balm (R289,95 vir 200 ml): ’n gepatenteerde 100 % steriele voedende balsem, geformuleer om die vel se beskermende laag aan te vul en jeuk te verminder.
- Avène Thermal Spring Water Spray (R149,95 vir 150 ml): om die vel te kalmeer en inflammasie te verminder.
- Avène Cicalfate Cream (R149,95 vir 40 ml): wat gebruik word op droë letsels om genesing te bevorder en sekondêre infeksie te voorkom.
Kyk na hierdie video om die volledige sorg roetine vir ekseem te sien
Eau Thermale Avène se produkte is beskikbaar by Clicks en Dis-Chem-apteke. Vir meer inligting besoek www.avene.co.za of stuur ’n e-pos aan [email protected]
Vrywaring: QuintilesIMS – Pharmatrend International – Dermo-kosmetiese mark in apteek in Europa (insluitend Frankryk, Duitsland, Italië, Spanje, België, Oostenryk, Portugal, Switserland) – jaar 2016 – in volume
PFZA1706002