kategorieë: Mode

Hoogtepunte van Kaapse Modeweek 2013

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Lara Klawikowski

Ons was bekoor deur Lara se interessante gebruik van deursigtige, vloeiende katoene en voiles wat hand aan hand met gedetailleerde borduursel en vlegwerk asook ander teksturele materiale vermeng was. Daar was peplums asook noupassende rompies en kort-lyf baadjies met unieke konstruksie asook grafiese lyne in helder kleure. Die gevlegde haarstyle was verseker een van my gunstelinge!

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Goat Clothing

In Goat Clothing se uitrustings was die skoon voorkoms van wit gekontrasteer met Afrika shwe-shwe materiale asook helder pienk en turkoois skakerings. Kort uitklok-rompies, gemaklike mans kortbroeke en die mees opvallende rugsakke het aandag getrek.

Shana

Die seisoen se moet-hê sonsondergang kleure, geel en oranje was opvallend in Shana se klerereeks. Elemente van kant, vloeibare sy, katoen en borduurwerk was hoogtepunte op die looplank en die finale twee rokkies in ‘n bekorende blinkertjie materiaal het die gehoor gaande gehad.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Adriaan Kuiters

Die oorgroot, lospassende trend was duidelike inspirasie in hierdie ontwerper se uitrustings. Minimalistiese snitte vermeng met unieke drukwerk (pels is gefotografeer en op een van die uitrustings digitaal gedruk) tikkies leer en pure wit katoen materiale het ‘n verassende element gebied. Die koddige sport hoedjies was ook opvallend en het ‘n tikkie pret verskaf. pels is gefotografeer en op een van die uitrustings digitaal gedruk in samewerking met Jody Paulsen.

Spilt Milk

“We lead strange lives chasing our dreams from place to place” was die gesegde uit die boek The Night Circus wat Spilt Milk se mode vertoning geopen het. Die uitrustings was ‘n skouspel van die gewilde strepe trend in swart en wit met tikkies vlam rooi deurgaans. Deursigtige rokke, gestruktureerde pakkies met flambojante onderbaadjies en verassende sirkus-geïnspireerde bykomstighede het gesorg vir hope pret. Die vertoning het die kykers laat regop sit, hul bekoor en die opgewondenheid wat met die sirkus geassosieer word lewe gegee!

Habits

By Habits was monokromatiese swart en wit op die voorgrond. Swart aandrokke met speelse elemente soos strikkies, kant insetsels en ‘tuxedo’bib-styl plooitjies is gekontrasteer met die skoonste klassieke wit, geassosieer met tennis uitrustings. Om die kykers se verwagtinge te oortref is die klassieke kleure en style verruil vir die somer se helder skakerings wat geassosieer word met die seisoen se optimisme en pret.

Rosenwerth

Rosenwerth is sinoniem met styl, elegansie en kwaliteit vakmanskap. Hulle bied vrouens van alle ouderdomme unieke ontwerpers uitsrustings wat hul individuele styl en persoonlikhede na vore bring. Op die looplank en as inspirasie was hul geïnspireer deur die nuuskierigheid wat klein dogtertjies met beelskone bruide, hul verfraaiings asook feëverhale het. Vyf muses is uitgebeeld op die loopplank met luukse materiale wat perfek om die kurwes gehang het. Daar was handgeverfte linne met katoen organza’s en maasstof asook digitaal gedrukte sy gekombineer met satyn, linne en blinkers. Tikkies leer, net en denim het die reeks perfek afgerond.

Stefanie Morland

Stefania het haar kenmerkende styl laat seëvier by hierdie jaar se modeweek. Sy het in samewerking met Walter Battiss haar uitrustings afgerond deur afdrukke van sy werke op die materiale te druk. ‘n Mengsel van luukse materiale soos sy, sy satyn, chiffon, linne, blinkertjies en kant is saam met subtiele drukwerk op hempies en rompe gekombineer. Die mees populêre kleure was geel, oranje asook kraakvars wit, tikkies swart en helder strik gordels wat op broeke en rompe te sien was. Die hoogtepunt van die reeks was voorwaar die asemrowende Afrika geïnspireerde trourok!


Klik hier vir ons top 5 trends wat ons
op die loopplank gesien het vir mans!

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Is jy dalk uitgebrand? Toets jouself

Toets 1 Ek voel emosioneel dood. Dit is asof ek my werk en my kollegas op…

13 hours Gelede

6 oefeninge wat snork stop sit

Ons snork omdat ons keelweefsel pap raak. Spiere wat nie gebruik word nie raak pap…

13 hours Gelede

5 dekorflaters om te vermy

Dit is nie altyd maklik om jou eie huis te versier nie. Ons het gaan…

14 hours Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met André de Villiers oor nuwe seisoen van ‘4×4 Met André’

Maak jou reg vir ’n onvergeetlike Namibiese 4x4-avontuur met die bekende 4x4-spesialis, André de Villiers.…

14 hours Gelede

Marciel groet vanjaar ‘Boer soek ’n vrou’

In ’n eksklusiewe onderhoud met Landbouweekblad het die Boer soek ’n vrou-aanbieder Marciel Hopkins onthul…

16 hours Gelede

6 maniere om griep te klop

Griep is winter se lewenslange vennoot. Sodra die koue tref, kan jy maar seker wees…

1 day Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.