kategorieë: TrendsMode

Hoogmode én volhoubaar

H&M

Hierdie jaar het H&M hul nuwe Conscious-reeks bekendgestel wat uit kuslynrommel en poliëster vervaardig is. Die fokusitem is die poeierpienk geplooide rok met behulp van BIONIC®. Boonop het aktrise Rooney Mara (van The Girl with the Dragon Tattoo-faam) een van hul ontwerpe by die Vanity Fair Oscar-aand gedra en soos ’n droom gelyk met silhoeëtlyne wat vly met dramaties gedraaide valle. Elke ontwerp herdenk herwinning wat die verskeie maniere van volhoubare materiaalgebruik vertoon.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

G-Star RAW-jeans

Die bekende sanger, Pharrel Williams, het in 2015 sy derde reeks in die G-Star RAW-klerereeks bekendgestel, naamlik The Ocean. Plastiekrommel vanuit die see word afgebreek tot ’n materiaal wat met ander geweef kan word. Pharrel se reeks bestaan uit “hoodies”, denimitems en die hoofitem, die bomberbaadjie Occotis HDD. Laasgenoemde sluit ’n kappie in wat jou gesig gedeeltelik bedek –  ’n kombinasie van ’n duikpak en militêre styl. Elke item van die The Ocean-reeks het ook ’n kenmerkende seekat-embleem. Die omgewingsbewustheidmaatskappy, Parley of the Oceans, in samewerking met Pharrel se reeks, het met vorige RAW-afdelings reeds 700 000 plastiekrommelprodukte vanuit die see herwin om hierdie klere te vervaardig!

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Billabong

Billabong het hierdie jaar ook die herwinbaadjie aangetrek. Hoewel hulle reeds ’n geslaagde herwinklerereeks vervaardig, stel hulle hierdie herfsseisoen ’n t-hempreeks bekend wat saam met Recover, ’n volhoubare mode-industrie, ontwerp is. Die reeks, The Billabong Surfplus Tees, word van Recover-gare vervaardig – Recover-klere bestaan uit 55% katoen wat van afvalmateriaal en ou klere afkomstig is. 45% van hierdie klere bestaan ook uit herwinbare bottels wat in gare omskep is. As jy een item uit hierdie klerereeks koop, spaar jy sowat 99% water en minimaliseer jy lugbesoedeling.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

New Balance

New Balance het reeds in 2011 hul tekkiereeks, New Balance newSKY™, bekendgestel. New Balance het in samewerking met DASANI ’n nasionale projek bekendgestel vir bewusmaking van die belangrikheid en die voordele van herwinning. Hul slagspreuke “Step Up and Recycle” en “A bottle today. A shoe tomorrow. Recycle” motiveer gebruikers om meer omgewingsvriendelik te wees. New Balance se newSKY™-reeks is beskikbaar vir mans en vroue en word vervaardig uit 95% herwinbare plastiek met ’n waterbasis-gom. Een paar van hierdie skoene gebruik sowat agt plastiekbottels. Hulle motiveer ook mense om ’n ou paar tekkies te skenk as dit soos ’n wit olifant in die kas lê.

Kyk uit vir …

As jy nog nie van Repurpose School Bags gehoor het nie, kyk uit vir hierdie handelsnaam wat al sedert 2013 harte steel. Repurpose-skooltasse is ’n handelsmerk gestig en vervaardig deur Rethaka (Edms) Bpk, ’n sosiale onderneming in Suid-Afrika. Die onderneming vervaardig 100% herwinbare plastiektasse vir kinders wat eens hul boeke in plastieksakke of selfs geen sakke gedra het nie. Wat hierdie sak egter besonders maak, is die sonpaneel op die flap van die rugsak wat saans as ’n lampie dien waarby die kinders kan huiswerk doen. Die onderneming se missie is om onderrig te vergemaklik vir diegene in informele nedersettings wat nie basiese toegang tot elektrisiteit of sosiale geleenthede het nie.

Deel
Gepubliseer deur
Bea Lingenfelder

Onlangse plasings

Geroosterde pampoenskywe met tiemie-en-parmesaan-granola

Granola is deesdae nie net meer vir ontbyt bedoel nie. Hierdie krakerige kombinasie van sade…

2 days Gelede

‘The Mommy Club: Van die Hoofstad’: Ontmoet die glansryke vroue van die splinternuwe werklikheidsreeks

Showmax het pas die amptelike lokprent vir The Mommy Club: Van die Hoofstad, vrygestel. Dis…

2 days Gelede

Appel-peer-en-karamel-tert

Genoeg vir 8       Bestanddele   Tertdeeg 375 g koekmeel  2,5 ml (½…

2 days Gelede

‘Kokkedoor Vuur & Vlam’: Klein vissies kelder een span en laat ’n ander span juig!

In die derde episode van kykNET se skitterende Kokkedoor Vuur & Vlam-reeks moes die deelnemers…

3 days Gelede

Suid-Afrika skitter by Louvre Abu Dhabi

Deur Maryke Roberts. Foto's: Maryke Roberst en verskaf/Departement Kultuur en Toerisme, Abu Dhabi    …

3 days Gelede

Hoe om brandrissie-olie te maak

Brandrissies is nie in almal se smaak nie en nie almal se palet hou van…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.