kategorieë: Inspirasie

Hondeliefde

1. Jy raak meer aktief

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Soms voel dit soos ’n hengse oorlas om woef vir ’n stappie om die blok te neem, tog hou dit eintlik ’n tweedelige voordeel vir beide jou en jou hond in. ’n Studie wat in Kanada geloods is, wys dat mense met honde meer geneig is om in matige fisiese aktiwiteite deel te neem as diegene wat nie honde het nie. Die studie het ook getoon dat hondeienaars ’n gemiddeld van 300 minute per week stap, waar ander mense slegs 168 minute per week stap.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

2. Jou kinders se kanse om ekseem te ontwikkel is minder

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

’n Studie wat in 2010 geloods is, het bewys dat kinders wat vir die eerste jaar van hul lewens met ten minste een hond in die huis grootgeword het, ’n kleiner kans gehad het om die kroniese velkondisie, ekseem, te ontwikkel.

3. Soene maak jou gesond

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Om jou hond te soen, betoon nie net jou liefde aan hom of haar nie, maar dit kan jou gesondheid ook ’n hupstoot gee! Dit kom van ’n studie wat deur die Universiteit van Arizona, soos berig deur die Independent, geloods is. Volgens hierdie studie kan gereelde soene tussen jou en jou hond tot ’n beter gesondheid lei. G’n wonder hondeienaars is so gelukkig nie!

4. ’n Lewendige stofsuier

Met kleingoed in die huis kan dit soms oorweldigend raak om alles skoon te hou. Met woef in die huis hoef jy egter nie oor die verlore krummel en spatsels koeldrank te bekommer nie. Wanneer daar ook al gemors word, sal daar altyd ’n honger magie wees wat dit met graagte sal oplek.

5. Daar is geen meer vervelige oomblikke of stres nie

Met ’n hond in die huis is daar altyd iets om te doen, hetsy dit ’n stappie om die blok, ’n paar gooie met die tennisbal of bloot net ’n lekker maag-vryf is, sal jy nooit verveeld wees nie. Nie net sal dit julle verhouding versterk nie, maar om tyd saam jou hond te spandeer is boonop ’n wonderlike stres verligter!



Ons eie klein rooi rose mascot, Zoe!
Foto’s: Instagram (@dogsofinstagram en @rooirose)
Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

‘The Mommy Club’ se Johandri: “As dit soos hoërskooldrama voel, hou ek my afstand”

Showmax se gewilde werklikheidsreeks, The Mommy Club: Van die Hoofstad bied ’n vars, maar soms…

3 days Gelede

Nuwe herfsspyskaart by Creation is meer as kos en wyn

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts     Creation het ook pas by die Eat…

3 days Gelede

Koek met sjokolade en souterige karamel

Lewer 1 groot koek   Bestanddele   Karamel met sout 200 g suiker 60 ml…

3 days Gelede

Vyf vrae aan Anna Davel oor Suidoosterfees se ‘Konsert van Hoop’

Die 22ste Suidoosterfees word ingelui deur ’n indrukwekkende konsert van populêre en klassieke musiek. Anna…

3 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Kristen Raath oor ‘Niggies’ en ma-wees op skerm

Hooffoto: Stavros Cassapis   Sedert die eerste episode van Niggies op kykNET uitgesaai is, het…

3 days Gelede

PAS BEKEND | Nuwe kykNET-reeks verken dramas en intriges van nuuskantoor

Adri Joubert was vir twee dekades die koel, kalm, gerusstellende gesig en stem van die…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.