kategorieë: InspirasieJou lewe

Honde: ons beste vriende

Ons beste vriende

’n Hond word nie verniet die mens se beste vriend genoem nie. Honde is die eerste wilde dierspesie wat deur die mens mak gemaak is. Wetenskaplikes reken hierdie proses het tussen 15 000 en 20 000 jaar gelede begin toe wolwe om menslike nedersettings begin aas het. Vandag is daar tussen 350 en 400 verskillende honderasse.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Navorsingsresultate het nou bewys wat hondeliefhebbers lankal weet: honde kan empatie betoon, gesigsuitdrukkings lees, jaloesie kommunikeer én kyk selfs graag televisie. Honde het hierdie karaktertrekke, wat dikwels dié van mense weerspieël, aangeleer “deur ons dop te hou, met ons klaar te kom en ons te verdra”, sê Laurie Santos, die direkteur van die Yale Comparative Cognition Laboratory.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

‘As om ’n siel te hê beteken om liefde en lojaliteit en dankbaarheid te voel, is diere beter as party mense daaraan toe’ – James Herriot

’n Eksperiment waaraan 54 honde deelgeneem het, het bewys dat honde mense ignoreer wat hulle meen lelik met hul eienaars was. In nog ’n studie het navorsers aan die Institute of Cognitive Sciences and Technology in Rome bevind dat honde selfs gaap wanneer hul eienaars gaap. (En moenie dink ’n hond laat hom sommer flous met ’n nagemaakte gaap nie!)

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Ongelukkig (of gelukkig) het honde nie ’n noemenswaardige langtermyngeheue nie. Jou hond onthou nie spesifieke gebeurtenisse vir langer as twee tot vyf minute nie, maar danksy ’n sterk oorlewingsinstink, ontwikkel ’n assosiatiewe geheue. Dus, hy gaan weet waar is sy kosbak om te keer dat hy doodgaan van honger, en hy gaan weet dat hy nie in die huis moet mors nie, want anders gaan jy raas.

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

‘Kokkedoor Vuur & Vlam’: Kreatiewe verskille kelder een van die spanne

Daar het ook ’n spesiale gas opgedaag – dié keer was dit Jess van Dyk…

2 hours Gelede

Pampoenbredie

Genoeg vir 4 Bestanddele   15 ml (1 e) olyf- of avokado-olie 1,5 kg lamsvleis…

12 hours Gelede

Voltooi jou kuier in Kaapstad met ’n ete by Marble Cape Town

Die ergste toeriste-gedruis na al die langnaweke het effe bedaar, die kole suis gesellig en…

1 day Gelede

Darren Scott op ‘Laataand by Rian’: “As ek nie kan praat nie, kan ek nie werk nie”

Die emosie het met tye hoog geloop toe Rian van Heerden die radio-legende Darren Scott…

1 day Gelede

Lees saam met jou kind op Wêreld Boekedag

Onthou jy knus voorleestydjies op jou ma of ’n ander volwassene se skoot? Dis vandag…

1 day Gelede

Kleur in met strooikussings

Strooikussings helder ‘n leefvertrek op. Dit is ‘n nuttige en bekostigbare bykomstigheid vir enige vertrek,…

1 day Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.